|
Van die Hel tot die Hemel - Boek 1 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 136
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151. |
|
|
Gesprekke oor Jesus. Die godsdienstige ervaringe van die Fransiskaan. Die graaf as Bybelkenner. Die eindvoorstel van die Fransiskaan.
136 Die graaf sê: "Ja, wie en wat is u Heer Jesus dan eintlik? Miskien dieselfde as wat die Roomse fabel sê, dat Hy `n seun van God sou wees, en van wie u tog self vroeër gesê het dat u nooit in Hom en Sy Rooms-kerklike poppekas geglo het nie? Of bestaan daar êrens `n ander Jesus?"
[2] Die Fransiskaan sê: "Ja, dieselfde Jesus van wie die evangeliese tradisie sê, dat Hy God se Seun is, en bly vir ewig `n Heer van hemel en aarde! Tydens my lewe op aarde het ek weliswaar nie in hierdie tradisie geglo nie, omdat dit te veel deur Rome misbruik was. Daaruit moes ek die volgende gevolgtrekking maak: As dit nie louter die werk van die vroeëre heerssugtige hiërargieë was nie, dan sou dit tog onmoontlik gewees het om so skandelik van so `n Godsleer gebruik te maak. Want daar het in die Roomse hiërargie in nouliks 1200 jaar dinge gebeur, waarvoor die hele hel diep respek moet hê! Sou Hy, wat Hom vaag op die agtergrond hou, as stigter van so `n leer, dalk `n Seun van die Allerhoogste wees? Werklik, heer graaf, dit sou vir my gees geen geringe opgawe gewees het om so-iets te glo nie.
[3] Toe ek egter die hele volledige Bybel later van `n Protestantse priester in die hande gekry het, het daar vir my `n heel ander lig opgegaan. Ek probeer toe om teen elke prys te ontsnap uit die Roomse geestelike moordkuil en het daarna eerder `n gewone soldaat geword, as om ooit weer `n Rooms-Katolieke handlanger te wees wat jou gees gedood het. Ek het naamlik by myself gedink: Dit is altyd nog beter om `n vlees- as `n geesdoder te wees.
[4] Daarom kan die reeds genoemde Jesus sekerlik wel God se Seun wees en die mag hê om ons te help, ook al word Hy nog so deur die skandalige Roomse kerk verloën. Hy het tog ook, ondanks die verraad van Judas Iskariot, op die derde dag uit eie krag uit die dood opgestaan en het al die mag van die dood ontneem. Juis deur hierdie Jesus word ons deur `n onsigbare mond hulp aangebied. Ons het al die kosbare woorde gehoor en aarsel nog of ons daaraan gehoor sal gee of nie! Veral u, heer graaf, is die hardnekkigste en is nie daartoe bereid, asof u in hierdie ellendige toestand God wil laat weet wat se verlies u sou hê. Ek raai u nou vir die laaste keer aan om die aangebode hulp aan te neem, so nie, om ons nie meer verder daaroor te hinder nie!"
[5] Die graaf sê: "Wat julle nie skaad nie, sal ook nie my lewe kos nie. Ook ek sal nou die hulp aanneem. Maar enkele voorwaardes kan ons tog ook daarby stel, anders kan dit met ons hier gaan soos op aarde, waar ons ook op genade of ongenade onsself oorgegee het en toe slegs ongenade geoes het. So sou byvoorbeeld `n vinnige wraakoefening op ons aardse vyande, een van die eerste voorwaardes wees, en vir ons `n volledige skadeloosstelling beteken vir alles, wat ons op aarde verloor het!"
[6] Die Fransiskaan sê: "Wat se onsin haal u uit u kop uit? Veronderstel dat u op aarde in die hande van rowers sou val en `n sterk persoon sou u wil help, maar u stel aan hom voorwaardes, waaronder u sy hulp sal aanneem…sou die ysbere u nie uitlag nie? Het `n mens ooit gehoor, dat `n bedelaar sy weldoener voorwaardes stel? Ag, heer graaf, daaroor is nie meer te praat nie! Ons aardse oorgawe was tog iets heel anders. Daar het niemand ons hulp aangebied nie, maar daar het dit gelui: "Genade en ongenade onder beloofde voorspraak." Hier egter, word ons tog uitdruklik volledige hulp aangebied. Dit kan mens in die verste verte nie vergelyk met die aardse situasie, wat ons die liggaamlike dood gebring het nie. Ek vra u, heer graaf, wees tog nie so traag van begrip nie!"
[7] Die graaf sê: "Ja, u het alweer gelyk! Ek is wel ietwat dom, maar `n kind wat hom verbrand het, is bang vir vuur! Hier sal wel baie ander lewensomstandighede wees as wat op die aarde gebruiklik was, maar droewige ervaringe bly die siel ongelukkig so sterk by, dat sy haar nie van vandag tot môre vanself kan vergeet nie. Dit kan my tog nie kwalik geneem word, dat ek ietwat geaarsel het met die aanneem van die aangebode hulp nie!"
[8] Mense het ons ook amnestie belowe, maar toe ons uitgelewer word aan die Oostenrykers, was daar geen sprake meer van amnestie nie. Deur sulke treurige aardse ervaringe, wat mens lewendig hierheen saamgebring het, moet `n mens of gees wel ietwat wantrouig word en by alles uiters versigtig te werk gaan!
[9] Ek erken wel dat daar `n God moet bestaan, waarsonder ons sekerlik heeltemal ten gronde sou gegaan het en ons bestaan nie kon bestendig het nie, maar hierdie God is almagtig en teen Sy oordeel kan mens nie `n beroep doen nie. Daarin skuil meer as voldoende rede om ook met die aanneem van die aangebode hulp bedagsaam te wees en alle omstandighede vooraf presies te oorweeg. Ek kan my uit my jeug nog noukeurig herinner, dat ek eens `n evangelie gelees het waarin sprake was van `n groot gastemaal. Toe die genooides nie wou kom nie, word al die aanwesige proletariërs (gepeupel) vanaf die strate en pleine deur die dienare van die magtige gasheer eintlik aan hulle hare nader gesleep! Toe die groot eetsaal uiteindelik op die manier gevul was, kom die gasheer binne, bekyk die gaste gepeupel en tref een daar aan, wat geen sogenaamde bruilofskleed aangehad het nie. Die een het hy laat gryp en hom in die gevangenis gewerp! Die dienare het hom, net soos al die ander, wat toevallig bietjie beter geklee was, van die straat af gebring na die gastemaal en het geen aanstoot geneem aan sy kleding nie. Wanneer die meester dan egter kom, veroordeel hy die arme drommel, wat tog buite sy eie skuld in die eetsaal ingekom het!
[10] Wanneer `n mens die verhaal, waarin die Godheid kennelik in Sy willekeurige handeling voorgestel word, beter bedink, kan niemand `n mens kwalik neem, dat `n mens, selfs by die aanvaarding van aangebode hulp van bo, baie behoedsaam te werk moet gaan. Judas was ook `n stuk brood aangebied, maar daarna word hy toe eers regtig `n duiwel! Sê u my eers, of u, na hierdie gegronde motivering, my vanweë my aarseling nog as netso dom beskou as daarvoor?"
[11] Die Fransiskaan sê: "Nou, heer graaf, u was wel besonder goed tuis in die Bybel! Dit gee my des te meer plesier, omdat u juis een teks aangehaal het, wat ook vir my in `n hoë mate onregverdig voorkom. Daar is ook enkele ander tekste waardeur die, andersins goeie Heer Jesus, waarlik `n onverbiddelike en volgens aardse begrippe, onregverdig blyk te wees! Daarteenoor staan dat daar ook weer `n hele spul tekste wat baie troosvol is. Vanuit die standpunt gesien, is u bedenkinge wel te blyk, want die mag het steeds die voordeel, dat hy ewig kan doen wat hy wil! Die goeie daarvan is egter, dat mens hom geen werklike mag kan indink, sonder volmaakte wysheid nie: Bowendien kan mens met `n baie wyse persoon hom altyd beter vind as iemand wat dom is. Daarom dink ek dat ons dit tog kan waag om die aangebode hulp aan te neem.
[12] Laat ons onsself dan in ons harte tot Jesus, die Gekruisigde, wend en geduldig afwag wat daar verder sal gebeur. Kom iets goeds daaruit voort, dan het ons geen slegte keuse gemaak nie. Sou daar egter uit hierdie keuse, iets boos vir ons tevoorskyn kom, wel, dan keer ons terug na ons vorige situasie."
[13] Die graaf sê: "Alles goed en wel, maar van die allerhoogste Wysheid kan mens nimmer iets beding nie. Wat Sy eenmaal uitgespreek het, is uitgesproke vir die ewigheid! Dit het Jesus ook duidelik aangetoon waar Hy gesê het: "Hemel en aarde sal vergaan, maar My woorde in alle ewigheid nooit!" Wanneer ons onsself dus tot Hom wend, soos wat ons in ons hart is, en sou hoor: "Weg met julle, boosdoeners!", wat dan, vriende? Solank ons niks van Hom verlang nie, hoef Hy ons, dink ek, ook niks te gee nie, nóg iets goeds, nóg iets slegs. Verlang ons eenmaal iets, dan het ons die poort vir Hom geopen, sodat hy maar met ons kan doen wat Hy in Sy onveranderlike wysheid wil.
[13] Daar skiet my weer `n teks ter verduideliking te binne, waarin tien maagde voorkom, waarvan die helfte wys en die helfte dwaas was. Almal het die bruidegom verwag. Die helfte voorsien hulle lampe van olie, die dwase helfte egter nie. Toe die berig in die nag kom dat die bruidegom sou kom, waarskynlik al binne `n uur, vra die dwase aan die wyse om olie in leë lampe te gooi, maar die onverskrokke wyses weier dit; waarskynlik uit suiwer Christelike naasteliefde? Die dwase was daardeur genoodsaak om na `n koopman te gaan en daar hulle lampe vir geld met olie te laat vul. Hulle keer daarop vol goeie moed terug na die huis, waar die bruidegom verwag word, maar die huisdeur was al gesluit. Die bruidegom het baie gou gekom en selfs vroeër as wat hulle kon terugkom met hulle gevulde olielampe. Toe die armes geheel argeloos teen die deur klop en vra om binnegelaat te word, donder die stem van die bruidegom hulle rou tegemoet: "Weg met julle! Ek het julle nog nooit erken nie, ek ken julle nie!"
[15] Menslik bekyk is dit brutaal grof, onregverdig en streng genome ook onwaar, as die Godheid onder die bruidegom verstaan moet word, want hoe kan die Godheid aan iemand sê: "Ek ken u nie!", waar Hy andersyds leer dat Hy selfs alle hare van `n mens se hoof getel het. Maar wie kan die almagtige Godheid ongelyk gee? Hy laat dit hopeloos koud word, ook as daar duisende bevries word. Self wanneer miljoene arme drommels vir warmte vra, bly dit tog koud, solank die Godheid dit volgens Sy wysheid koud wil hê. So laat hy sonder genade die mooiste saaigoed deur ryp en hael verniel en niemand kan Hom dit belet nie. Ek sê vir jou, wie hom van die Godheid afhanklik maak, het die ellende in sy huis genooi! Wat kon die vyf dwase maagde oorgekom het as hulle nie na die huis van die bruidegom teruggekeer het nie? Die grofheid sou hulle ten minste gespaar gewees het, omdat hulle die besonder growwe bruidegom geen geleentheid sou gee om die deur voor hulle neuse toe te grendel nie. Daarom is ek van mening dat ons dan eers aan die stem van God volkome gehoor moet gee, wanneer ons oortuig is van Sy welwillendheid ten opsigte van ons. Anders bly ons maar waar ons is, want ek vertrou nie die almagtige Godheid nie!"
[16] Die Fransiskaan: Heer graaf, u benader hierdie kwessie te behoedsaam. Ek sê vir u, `n mens moet die woorde van God nie so letterlik neem nie, aangesien die hele Skrif tog net `n sinnebeeldige voorstelling is van die hoër moraal, soos wat `n volmaakte mens dit sou moet hê. Onder die lampolie word hoofsaaklik die ware liefde tot God verstaan en onder die lig van die lamp, die wysheid wat uit die liefde voortvloei. Die dwase maagde het egter geen liefde gehad nie en wou ook die ander hulle liefde ontneem, maar hulle was verstandiger en het hulleself nie laat mislei nie. Hulle gelas die liefdeloses om die wêreld in te gaan omdat hulle daar die liedeloses sou kan gaan haal. Die liefdeloses gaan en vul hulle lampe, of beter gesê, hulle harte, vol wêreldse liefde(olie). Toe hulle met hulle wêreldse liefde na die huis van die bruidegom terugkeer (waarin ons onsself hier, soos ek my nie sonder rede kan voorstel nie, reeds geruime tyd bevind). Of beter gesê: Toe hulle sonder ware liefde by God aankom en toegang tot die hemelryk verlang, kon die Godheid tog nouliks iets anders aan hulle sê as: “Ek ken julle nie met die liefde van julle, wat Ek nie vir Myne voorbestem het nie! Gaan dus daarheen, waar julle liefde van afkomstig is!" Sien u, heer graaf, so begryp ek dit en nog baie ander tekste, en so is dit ook bedoel. Daarom meen ek dan ook, dat u die Godheid van te veel hardheid beskuldig. Laat ons ons almal beywer om die aangebode hulp aan te gryp! Werklik, dit sal nie so sleg gaan nie, dit sê my hart vir my!"
[17] `n Ander een uit die geselskap, wat daarby staan, sê: "Dit glo ek tog ook! Die evangelie is absoluut metafories en moet goed begryp word, omdat alles metafories is!" Die graaf sê: "Ek versoek u, wees so goed om u tong te bedwing, anders word ons almal mislik! Was ons teregstelling op aarde ook metafories? Of is Jesus dalk ook metafories aan die kruis genael? Die tereggewysde sê: "O, nee, dit was nie metafories nie, dit was `n werklikheid, anders sou ons nie verlos kon geword het nie!" Die graaf sê: "`n Mooi verlossing is dit, tot nou toe het daar vir my nog niks daarvan geblyk nie. Veral hierdie Egiptiese duisternis en ons absolute leë mae is die mees sprekende bewys van die verlossing. Werklik, hierdie verlossing doen sy naam eer aan! Op aarde: Dood aan die galg, en hier: Die ewige duisternis. Dit is werklik tasbare bewyse van die groot verlossing wat ons te beurt geval het! Beval dit julle, beste vriende?"
[18] `n Ander een sê: "Tot nou toe het dit met die verlossing sleg gegaan. Andersyds moet ek egter beken, dat ons eintlik nog nooit iets gedoen het, waardeur ons kan deel in die verlossing nie. As die galg nie `n groot deel van doodsonde uitgewis het nie, dan sien dit, as mens hier werklik volgens die tien gebooie te werk gaan, met ons verlossing baie sleg daaruit. Van een of ander Christelike deug was by ons almal nouliks sprake. Ek sou daarom `n sterk voorstander wees om die aangebode hulp te aanvaar, anders kan dit baie sleg met ons gaan. Ons het absoluut niks waarop ons onsself kan beroep nie; hoogstens op ons grenslose domheid en in die beste geval op die genade en erbarming van Jesus Christus!"
[19] Die Fransiskaan sê: "Reg uit my hart gespreek! So is dit! Die genade en erbarming van God, Jesus Christus… of ons word aan die duiwel oorgegee! Dit was ons immers al op aarde, veral in die laaste tyd, ons het bitter min medelye met die honderdvoudige ellende van ons medemense gehad. Ons het hulle soos beeste voor ons uitgedryf en het hulle in die slagveld ingeprop. Ons vyande het jammerlik vergaan wanneer hulle deur ons gevange geneem was. Kortliks, as ons nog wraakgevoelens koester, ten opsigte van diegene deur wie se hande ons geval het, hoe groot sal dan die wraak te wagte wees van die baie duisende, wat deur ons hande geval het, en die ewe goeie, sommiges miskien wel honderd keer beter mense as ons!
[20] Daarom meen ek: Laat ons almal van ganser harte vergewe, wat ons moreel en fisiek mishandel het en ten slotte gekruisig het, want ook ons het die lewe van duisende aan die kruis vasgeslaan. Wat dink u, heer graaf, het ek gelyk of nie?"
[21] Die graaf sê: "Ja, helaas! Maar dit maak my helaas bevrees, dat ons ten slotte sal vergaan soos die vyf dwase maagde. Sodra ons aanklop, sal ons dadelik die uitspraak van die vonnis verneem, en dan…vir ewig goeie nag!"
|
|
|
|
|