|
Van die Hel tot die Hemel - Boek 1 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 4
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151. |
|
|
Noodoproep tot God. Beroep op Jesus.
4 Na hierdie woorde hou hy hom vir `n taamlike lang tyd baie rustig en vryf slegs enkele kere in sy oë om die sogenaamde dofheid van die narkose kwyt te raak. Maar omdat dit, ondanks alle geduld, nie ligter word nie, begin hy te twyfel of hy ooit die lig in sy oë sal terugkry en hy word nog steeds kwater daaroor. Wanneer die lig egter ook, ondanks sy steeds stygende kwaadheid, nie terugkom nie, roep hy luidkeels:
[2] "Wat het daar dan tog met my gebeur? Wat se vervloekte toestand is dit nie? Is daar dan geen God meer, wat magtig is en regverdiger as die maghebbers wat deur Sy genade op aarde die mag besit nie?
[3] God! As U bestaan, strek dan U arm uit! Regverdig my, wat die goeie saak van U kinders na sy doel wou lei, wat eens die verhewe, onbegryplike volksleraar Jesus wou bereik. Maar ook Hy was deur gemene geregsdienaars aangevat, en as dank vir al Sy groot moeite en offers vir die welsyn van die hele mensdom, aan `n paal opgehang tot grootste smaad van die mensdom!
[4] Net soos Hy is ek ook `n seun van en uit U, as U ten minste bestaan! Of bestaan U enkel en alleen maar in die bewussyn van die mense self? Is U krag dan nie groter as waarvan die mens bewus is, dan spreek ek vergeefse woorde, dan is ek met my hele wese vir ewig bedrieg! Waarom moes ek `n lewende, selfbewuste wese word? Waarom moes `n willekeurige, nog ongevormde idee in die eindelose ruimte homself gaan realiseer en in my uitgroei tot `n duidelike bestaansvorm? Vervloek die toeval wat my ooit in so `n ellendige bestaan geplaas het. Wanneer daar slegte en kwaadaardige duiwels is, laat hulle dan die krag wat my laat ontstaan het, vir ewig vernietig.
[5] O, mensdom! Arme bedriegde mensdom, hou op om julle voort te plant! Julle mense wat nou nog lewe, vermoor julle kinders en julleself, sodat die vervloekte aarde kan leeg word! O, julle maghebbers, wurg alle mense maar en verdeel die vervloekte aarde onder mekaar, sodat julle genoeg aardse besit kan hê. Maar my ywer is vrugteloos, `n ewige slaaf is ek! Wat vermag `n druppel teen die almag van die golwende see? Hou daarom op met die sinlose gepraat! Alleen julle, hande, probeer aan die ellendige bestaan `n einde maak!"
[6] Na hierdie woorde wend hy `n poging aan om homself te wurg met enkele stewige grepe om sy keel, maar natuurlik sonder enige resultaat. Want hy gryp in `n sekere sin telkens deur homself heen, sonder om ook maar die geringste teken van verstikking te voel. Dit laat hom ontsteld staan en hy begryp steeds minder van sy toestand. Aangesien die verwurging nie slaag nie, besluit hy om reg voor hom uit te beweeg. "Want", sê hy, baie kwaad in homself, "duisterder en bodemloser as hier kan dit in die hele eindelose ruimte nêrens wees nie. Daarom het ek geen afgrond te vrees en nog minder een of ander verborge gevaar nie. Dus, voorwaarts maar! Miskien bereik ek tog nog êrens `n ligstraaltjie of die gewensde dood!
[7] O, hoe moet die toestand van volkome dood nie gelukkig wees nie! Hoe gelukkig moes ek gewees het, toe ek geen bestaan gevoel en geen vrye bewussyn gehad het nie! Kan ek maar volkome in die niet verdwyn! Maar dit mag wees soos wat dit wil, as die volkome dood `n lafenis vir my is, dan is daar niks waarvoor ek bang moet wees nie. Dus, vooruit maar!"
|
|
|
|
|