Van die Hel tot die Hemel - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 11

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151.

Verdere eerbiedige en verlangende gedagtes met betrekking tot Jesus. Die verligte omgewing kom nader

11 Robert sê verder: "Sou ook hy hom hier êrens bevind, net soos ek en soek hy nou op hierdie totaal onskuldige elektriese manier kontak met my, as so `n man ongeveer sy gelyke is? Ja, ja! Want hy moet spesiaal in die Egiptiese magie, vernaamlik deur die kennis van die verborge natuurkragte, een van die mees ervare manne gewees het. Daardeur sou sy sogenaamde wonderdade ook baie goed te verklaar wees, veral as die dom Osmane nie die grootste biblioteek van Alexandrië* verbrand het nie. (sien die Biblioteek opset en kode van Hammurabi in enige ensiklopedie of op Encarta – vertaler).

[2] Ja, ja, soos wat die wysheid van Hegel en Ronge my bygebly het, so het die groot skat van wysheid hom ook bygebly met welke onskatbare hulp hy my nou deur bliksems te kenne gee, dat hy hom nou in my nabyheid bevind en miskien ook die wens het om in hierdie leegte `n mens te ontmoet. Dit moet vir iemand, met die mees lewendigste gees ter wêreld, geen genoegdoening wees om 1800 jaar lank en nog so `n 40 jaar daarby hom alleen met sy eie geselskap tevrede te moet stel nie. O, edele, beste en grootste mensevriend! Weliswaar is ek, teenoor jou grootsheid, nie werd om jou skoenrieme los te maak nie, maar wat baat alle aardse grootsheid hier? Hier verdwyn alle glans en alle beroemdheid werklik!

[3] Jou naam en voortaan ook myne sal nog wel lank op aarde geroem en bewonder word, maar wat het ons beide daaraan? Ons kan hier in die eindelose ruimte enkel deur `n soort elektriese bliksemtelegraaf aangee dat ons mekaar beide hier, en miskien nie so ver van mekaar af bevind nie.

[4] Kon ons maar nader aan mekaar kom, dan sou ons vir ewig aan mekaar se geselskap genoeg hê! Twee edele, in hoë mate verwante siele sou wel ewig geen gebrek hê aan die heerlikste gesprekstof om die tyd en die ewigheid op die mees aantreklike manier te verkort en te veraangenaam nie! Maar wat het jy aan die beste wens? Wie sal of kan dit realiseer?

[5] Sekerlik swewe daar nog tallose ander wesens rond soos ons twee. Was die hemelliggame miskien ook dit, wat ons nou is? Na triljoen aardse jare het daar tallose atome rondom hulle opgehoop. So sou ten slotte hele hemelliggame uit hom ontstaan het, in die sentrum waarvan nog dieselfde geeste of siele woon waaromheen hele wêrelde deur opeenhoping gevorm is!

[6] Miskien het jy, my groot vriend, na byna 2000 jaar ook so `n klein komeetjie geword en kan jy al bliksems uit jou eie dampkring laat ontstaan? By my sal nog baie geduld nodig wees, voordat ek ook maar enkele meters dampkring om my heen sou versamel het. As jy `n ryp planeet sou wees, word ek miskien `n satelliet van jou? Of as jy na baie desiljoen aardse jare selfs `n son word, kan ek miskien soos Mercurius jou naaste planeet word!

[7] Dit is wel verwagtinge wat nog ver in die toekoms lê, maar wat kan jy anders doen? Niks as om dit geduldig af te wag nie. Hier in die ryk van die ewigheid moet jy jou ook met ewige verwagtinge troos, as jy nie van ontsettende verveling aan volkome wanhoop ten prooi wil val nie!

[8] Maar kyk daar! Die wasige, eienaardige landskap diep onder my word nou ietwat helderder en dit lyk vir my of dit naderkom. O, dit sal gaaf wees. Dit is soos wat ek dit vir my voorgestel het.

[9] My groot vriend Jesus…aha, daar bliksem dit weer. Wat wou ek weer sê? My groot vriend, wat waarskynlik tot `n klein komeet uitgegroei het, het my vurige wens gehoor en doen nou al die moontlike om na my toe te kom. Dan sal hy my seker na hom toe trek tot in die sentrum van sy jong wêreld en daardeur die aantrekkingskrag van die uitwendige eteratoom versterk en so des te vinniger en makliker aangroei tot `n volledige wêreld. Ja, miskien het hy ook `n groot menigte mense wat aan hom verwant is, om hom heen! Dit is baie goed moontlik, want mense soos ek was daar al baie gewees.

[10] As hy my nou kan aantrek, dan het hy ook al sy volgelinge, wat die egte kruisweg voor my gegaan het, op dieselfde wyse aangetrek! Dan sou ek `n heel groot geselskap rondom hom kan aantref. As dit so sou wees, sal dit vir my groot genoegdoening verskaf!

[11] Dit lyk wel of dit werklik tog iets gaan word. Die eienaardige landskap kom nog steeds nader en word ook steeds helderder en duideliker. Ek neem nou werklik iets waar wat so ongeveer soos `n kleinerige berg lyk, omgewe deur meer heuwels! God sy geloof, so beland ek, met die nodige geduld, miskien tog nog op meer vaster grond.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205