Van die Hel tot die Hemel - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 73

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151.

Vervolg van die huweliksverhaal. Emma se senuwee krisis en ommekeer.

73 Die Patetikus: "Goed so, baie goed het jy dit gedoen" Die kamerdienaar sê: "My heer sal `n egte plesier hê aan die woning. Dit lê weliswaar nie in die stad nie, maar in een van die voorstede; dit is egter `n pragtige woning, van alle gemakke voorsien en dit kos maar baie min."

[2] Die generaal sê: "In watter voorstad is dit, en op watter verdieping"? Die kamerdienaar sê: "Die voorstad noem ek om goeie redes (daarby op my vrou verwysend) nie. Dit is egter op die tweede verdieping. Want as mens jou voor die vyand terugtrek, moet mens hom nie aan sy neus laat lei waarheen nie!" Die generaal sê: "Het u ook eens gevlug voor `n vyand, dat u dit so goed weet?" Die kamerdienaar sê: "Op twee maniere, meneer! Een keer as wagmeester vir `n egte vyand, wat die bomme, granate en kartetse laat reën het, en kort daarna vir `n onegte, naamlik, my vrou. Toe het dit wel geen bomme, granate en kartetse gereën nie, maar wel sprinkaanplae van lasterpraatjies! Vyf jaar het ek uitgehou met alle geduld en liefde. Maar dit was onmoontlik om dit langer by haar uit te hou. Ek het my daarom van die tweede vyand teruggetrek, `n loopbaan gesoek en het spoedig een gevind, naamlik hier! Wanneer miskien, edele heer, u gemalin vir hierdie saak by my beminlike eggenote in die leer wil gaan, kan ek haar geen geskikter persoon aanbeveel nie!"

[3] My Emma, wat uit woede by `n venster wat verderop in die kamer was, gaan staan het, loop daarop verbete op my kamerdienaar en steek haar liewe handjie uit om hom `n stewige oorveeg te gee. Maar die kamerdienaar weer haar af en sê: "Hoho! So `n aanranding kan ek self wel buite by `n markvrou gaan haal! My gesig is nie so edel dat dit vir `n klap deur so `n hoogadellike handjie sou moet laat welgeval nie. Bly asseblief drie tree van my eerlike sersant-majoor se lyf af, anders sal ek op die idee kan kom om met mevrou die barones `n hoogs merkwaardige dans uit te voer, begryp!?" Emma ontplof byna uitmekaar van woede en skreeu: "Verdwyn uit my oë, gemene volk, gaan uit my oë, dier! Jy, gemene ellendeling, hoe durf jy sulke dwaashede na my hoof slinger, ek, `n barones van die hoogste adel! Verwyder jou oombliklik hiervandaan weg, anders laat ek jou deur die polisie haal!"

[4] Die kamerdienaar sê: "Dit is nie nodig nie, mevrou die barones. Binne `n halfuur, danksy God, sal ons buite die bereik van u gesigsveld wees. Maak u nie kwaad nie, want dit sou `n baie slegte invloed wees op u tere senuwees!" Swyg, onbeskofte lummel, anders sal ek jou dadelik laat voel om `n barones so te beledig! Ek is in staat om alles wat voor my hande kom, na jou afskuwelike aapkop te smyt!" `n Ander huiskneg sê vir die kamerdienaar: "Nou word dit tyd dat jy jou mond hou, anders belewe ons hier `n voorproef van die laaste oordeel! Laat ons sien dat ons verder kom." Ek sê: "Ja, ja, haas julle nou, want nou sou ek self liewer wil vlieg as om te loop!"

[5] Nouliks was ek uitgespreek of Emma spring op my af en roep: "Nee, nee! Het ek dit van jou verdien dat jy my werklik wil verlaat en my bowendien prysgee aan die gespot van jou brutale bediende? Begryp tog, dat ek in `n slegte humeur geraak het, hoe en waarom, dit weet God alleen. Om kort te wees, ek het weer siek geword en jy het my in my lyding beslis rou en verbitterd tegemoet gekom. Ek het so `n vae gevoel dat ek jou en die generaal deeglik beledig het. En jy het nie ingesien dat dit alleen jou arme siek Emma is wat dit gedoen het en wat nie meester was oor haar gesonde verstand nie. O, liefste eggenoot! Doen met my wat jy wil; bestraf my, as ek dit verdien het, maar verlaat my asseblief nie!"

[6] Met hierdie woorde val sy my snikkend om die hals en klou my vas. Die bediende se oë rek en vra my nou wat om te doen, of hy verder moet gaan met inpak of alles weer moet uitpak. Emma sê: "Alles moet oombliklik herroep word en die huur moet van die woning moet vir `n halfjaar op my rekening betaal word."

[7] Die generaal sê daarop: "Ja, as die saak so staan, dan het ek medelye met jou en ook met jou vrou, wat inderdaad siek skyn te wees. Natuurlik kan jy onder sulke omstandighede as heer, mens en eggenoot jou Emma in geen geval verlaat nie. Ek moet julle nou vir dringende sake verlaat, maar sal oor `n paar uur weer by julle terug wees. Maak vir my `n kamer gereed want ek sal `n paar dae by julle deurbring." Die generaal gaan nou weg. Die bediendes begin nou alles weer terug te plaas. En my Emma lyk asof sy totaal verander het en weet nouliks meer iets om haar te herinner van wat vroeër tussen ons voorgeval het nie. Ek was heimlik verbaas, Emma, netnou nog `n duiwelin, was nou soos `n engel.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205