|
Van die Hel tot die Hemel - Boek 1 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 80
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151. |
|
|
Helena se ongeduld tot ruste gebring. Moses en Dawid spreek. Helena se tussenspraak en Dawid se Narede.
80 Nou vra Helena My heimlik: "Maar Heer, my liefste Jesus, U het vir my gesê dat U eerste gaan praat. En nou praat al die ander en U sê eintlik niks van dit wat uit die niet moes verskyn het nie. Wat moet ek nou daarvan dink? Ek vra U, lê U dit tog net vir my uit!
[2] Ek sê: "Liewe Helena, wees nog `n bietjie geduldig, alles sal later vir jou duidelik word. As eerste gesprokene het Ek immers gespreek deur `n hoogs belangrike vraag voor te lê aan al diegene wat rondom die vergader tafel sit. Nou moet hulle hulle visie gee oor die gestelde vraag wat Ek hulle gevra het! En wanneer hulle almal klaar gepraat het, sal Ek begin om te praat!
[3] En sien, Ek kan begin om te praat wanneer ek maar wil, en tog is Ek die Eerste en My Woord is eweneens altyd die eerste, omdat Ekself die Eerste is! Begryp jy dit? Wees nou maar rustig en luister baie goed na wat Moses gaan sê. Die verskynsels sal naderhand soos wat Ek spreek, wel tevoorskyn kom. Kyk. Moses staan al op; dus luister na wat hy gaan sê!"
[4] Helena is nou weer rustig en Moses spreek met groot erns: "Heer, toe U volk versmag onder die Egiptiese tirannie, het U my geroep en het U my redder van U volk gemaak. Ek het aan die hof van Farao geleef en was ingewy in al die skandelike en verderflike planne wat hierdie woestelinge in pag gehad het vir U volk. Hulle boosaardigheid was met die verdrinking van alle eerstelinge van U volk nog nie bevredig nie. In stilte het ek ernstig gebid tot U, dat U, U volk tog uiteindelik vir eens en vir altyd sal verlos van die verskriklike juk. Maar U het toentertyd nog minder geluister as nou!
[5] Toe ek sien dat die woede van die koning van uur tot uur toeneem, en dit daar bykom dat `n howeling `n Israeliet erbarmlik slaan, kry ek die ellendeling verontwaardig beet, slaan hom dood en begrawe hom vinnig in die sand. Die Farao wat dit spoedig verneem het, laat my soek om my te vermoor. Maar ek vlug net betyds na Midian. Toe ek daar aankom, was dit by die priester Rehüel, wat sewe dogters gehad het, daar kry ek weldra een van hulle, wat as Sippora bekend was, as vrou en word daar die wagter oor die skape van Jetro, die broer van die priester!
[6] Eers toe ek Jetro se skape laat wei het aan die voet van die berg Horeb, kom `n engel van U na my toe en gebied my om saam te gaan na `n doringstruik wat hewig brand. Hier gebied U stem my om my skoene uit te trek, omdat die plek waarop ek gestaan het, heilig was. Toe gee U my die heilige opdrag om na Egipte te trek en U volk te bevry. U het my `n staf gegee om die Farao sewevoudig daarmee te slaan, wie se hart so verhard is, omdat hy U nie wou erken nie.
[7] Sien, o Heer, nou het daar meer as Farao se hardheid in die harte van die baie groot en kleinere maghebbers gekom. Hulle offer nie meer slegs hulle eerstelinge van die volk ter wille van die eer van hulle troon nie, maar stuur baie duisende van hulle seuns na die slagvelde en laat hulle veg en mekaar vermoor, erger as wat die geval vroeër was by die mees duistere heidene. Hulle is almal gedoop met U woord in U Naam en het U wet, "Julle mag nie doodslaan nie". Maar nogtans moor hulle steeds maar aanmekaar, en hulle het doof, stom en blind geword. Hulle hoor die stem van hulle arme broers nie meer nie, en sien nie meer die groot ellende van die ongelukkiges nie.
[8] O Heer, hoe lank nog sal U sulke gruwels van verwoesting bly aansien? O Heer, verhef U tog eens weer, soos U beloof het. Gee my weer die staf, waarmee U via my hand die hardvogtige Farao geslag het en so U volk gered het! Ek, U troue ou Moses, is nou weer bereid om op U wenk na die aarde af te daal en daar alle verharde en verstardes te slaan en U kinders te red uit hulle groot nood! O Heer, verhoor U ou kneg Moses en verhoor die gebede van U bloeiende kinders. U Naam word geheilig en U heilige wil alleen geskied nou, soos altyd en ewig op aarde asook in die hemele.
[9] Na Moses staan Dawid dadelik op en sê: "Heer, eens het U gees tot my, U kneg, gespreek en gesê; "Gaan sit aan My regterkant, totdat Ek al U vyande aan U voete sal neerlê!" Heer, alles wat U gees aan my openbaar het, het stiptelik in vervulling gegaan. Slegs die volledige bestryding van U vyande, die uiteindelike vernietiging van die hoogmoed met almal wat dit veroorsaak, wat U gees my eweneens geopenbaar het, wil maar nie in vervulling gaan nie. Die mense is nog steeds soos hulle was: Nege tiende deel sleg en nouliks een tiende deel halfpad goed!
[10] In U toorn, Heer, het U vir U volk `n koning gegee, toe die sonde op sonde opstapel en hulle bowendien nog `n koning wou gehad het. En daardie toorn van U duur nog steeds voort en daar wil geen einde daaraan kom nie. Want alle volkere het nou konings en selfs volgens heidense gebruik, keisers, wat die volkere nog steeds tot voorbeeld dien van die hoogste trots en onversadigbare hoogmoed!
[11] O Heer, wanneer sal U eindelik die grootste plaag van U mense op aarde wegneem en weer U ou bekende, heilige, patriargale grondwet instel? U sien immers, dat lafhartige en gewetenlose kruipers hulle nou rondom die konings skaar en hulle uit eiebelang vleiend ophemel; en ook dat hulle iedere eerlike mens tot die dood veroordeel wanneer hulle sou waag om die koning die waarheid te vertel, wat tog noodsaaklikergewys voor hom moet wees soos die lig van sy oë. Elke, tot die koning gerigte, goed bedoelde waarheid word as hoogverraad bestempel en haar verkondiger word smadelik uit die wêreld gehelp.
[12] O Heer, tydens my regering was die dinge ook nie heeltemal reg nie, maar so erg was dit nog nooit gewees nie. Want ek het iedereen geprys wat my die waarheid vertel het. Nou egter, is alles omgekeerd. Die wyse word vervolg soos `n verskeurende dier, maar die leuenaar en huigelaar word met onderskeiding getooi!
[13] Heer, so kan dit nie langer aangaan nie! Die hel moet maar hel wees, en bly waaruit haar oorsprong is. Maar dit moet nooit toegestaan word om haar heerskappy so volledig op die aarde te vestig nie. Heer, daarom vra ek U alleen, dat U uiteindelik vir altyd `n einde moet maak aan die heerskappy van die hel op aarde. Laat daar maar konings wees, maar laat hulle wees soos wat ek was, sodat die mense nie duiwels word en U Naam nie geheel ontheilig sal word nie! Want wie sal U prys in die hel en welke duiwel sal U loof? Daarom, staan op Heer, en maak ons teenstanders tot skande! U wil geskied! Amein."
[14] Geheel instemmend met die rede van Dawid, kan ons Helena haar nie meer langer inhou nie, en sy rig haar vergenoegd op en sê vir die spreker: "Bravo, bravo, meneer Dawid. U was werklik `n goeie koning vir die aarde. As daar sulke konings sou wees, dan was dit `n ware saligheid om hulle onderdanig te wees. Maar ons teenswoordige konings, wat gladnie meer weet wat `n mens is nie, en wat se waarde hy het nie, en daarnaas nog die hoë belastings afdwing, en dan word daar werklik verlang om aanbid te word, en in hulle wandel en handel is hulle soos wilde diere wat hulle gewoonlik as uithangborde in hulle wapenskilde invoer. Hoe het dit met die onderdane van sulke heersers gegaan? – dit kan u self, my heer Dawid, wel maklik voorstel. Ek is van ganser harte `n voorstander daarvan, dat sulke heersers wat slegs hulleself hoog ag en hulle volkere minag, deur ons liewe, goeie en almagtige Heer en Vader op `n egte nadruklike manier getoon word, dat dit nou die hoogste tyd is om te besef wat hulle en hulle volkere werd is! Het ek gelyk of nie?
[15] Dawid sê baie vriendelik: "Liewe Helena, jong nakomeling van my volk, jy het volkome gelyk. Ek moet jou wysheid prys, want jy verlang wat regverdig en billik is."
[16] Daar mag konings oorbly, maar hulle moet van hulle hoë opgestelde trone na hulle volk afdaal en saam met hulle mens wees en aan hulle verskaf wat goed en billik is! Maar eweneens moet die volkere ook aan hulle koning slegs eise stel, wat redelik en uitvoerbaar is. Maar nou word die snare aan beide kante te sterk gespan en daarom sal dit stellig nie beter gaan, as wanneer die snare heeltemal spring nie. Die konings sal hulle volkere en daarom die volkere hulle konings slaan!!
[17] Maar desondanks staan tussen koning en volk ons Jehova-Zebaoth, wat alles, maar vir ons onbekende wyse, in die beste orde kan bring. Die groot werk behoort aan die Heer alleen. So, my beste, staan dit met hierdie saak!"
[18] Helena sê: "Ja, ja, u was `n egte wyse koning, u het gelyk!"
|
|
|
|
|