|
Van die Hel tot die Hemel - Boek 1 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 49
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151. |
|
|
`n Groep voormalige ballet danseresse tree die huis binne. Hulle ly baie gebrek in die geesteswêreld. Ootmoedige bede om brood en onderdak
49 Nouliks het Robert hom uitgespreek of hierdie twee dosyn vroulike skoonhede kom één vir één by ons die kamer binne, en maak `n sierlike buiging voor ons. Hulle vra of daar ook `n teater in hierdie pragtige huis was, waar hulle `n reeks choreografiese voorstellinge sou kan gee.
[2] Robert sê: "Hier naas my staan die eintlike Heer van die huis, vra dit maar vir Hom! Ek het maar eers enkele oomblikke gelede die bewoner van die huis geword en ken nog geen vertrek daarin nie, behalwe hierdie ene. Dit kom my trouens tog vreemd voor dat julle hier in die geesteswêreld, waar `n mens om `n volmaakte gees te word, slegs vir God, die Heer moet soek en homself moet oefen in die liefde tot Hom, julle nog besig kan hou met sulke wêreldse danskunste. Maar as die heer van die huis dit aangenaam en doelmatig sal vind, doen dan maar wat julle wil. Maar hier naas my, soos wat ek al vir julle gesê het, staan die heer van die huis self!"
[3] Die eerste drie sê: "Hoe is dit nou? Buite sê iemand ons dat jy die eienaar van die paleis is, en jy sê nou, dat jou vriend dit is!"
[4] Robert sê: "Ja, en nogeens ja, my vriend hier is die eintlike heer van die huis. En wie vir julle gesê het dat dit ek is, die was `n dom en blinde mens! Vra dit dus aan Hom, of sorg dat julle baie gou weer buite kom!"
[5] Daarom rig die drie hulle tot My en vra My of Ek die heer van die paleis was.
[6] Ek sê: "In die wêreld van die geeste is elkeen sy eie heer, naamlik van dit wat van homself is. En as hierdie man My vriend en broer is, dan besit Ek hom ook as dit wat hy vir My is. En sodoende is ek ook sy Heer, en ook die Heer wat van Hom is, waar teenoor staan dat ook hy teenoor julle van My dieselfde kan sê!
[7] Dat Ek egter die huis, soos wat dit ingedeel is, beter ken as hy, het sy goeie redes, omdat Ek My al baie jare langer hier in die wêreld van die geeste bevind as hierdie vriend hier.
[8] Ek kan julle dus nou verseker, dat daar in die huis volstrek geen teater en ewemin `n danssaal is nie. Behalwe dan aan die uiterste noordelike sy van die huis, waar `n soort sprekerskamer is met `n podium wat mens kan laat sak, deur middel waarvan onsuiwer geeste, wat God se orde gladnie vir hulleself wil laat welgeval nie, geheel ongedeerd in die hel neergelaat kan word. As julle daar julle voorstelling ten beste wil gee vir die gaste daar buite, dan kan die redenaars-, of beter gesê, twissoekers kamer, vir julle ter beskikking gestel word. Maar julle moet baie goed oppas dat julle nie met julle choreografie in die diepte afstort nie. Want as julle daarin beland, sal julle die weg hierheen baie moeilik terugvind. Het julle dit begryp?"
[9] Die eerste drie dansers sê: "Hoor hier, beste vriend, dit is al te gevaarlik! So `n lokaal wil ons nie hê nie. Kan jy ons nie toestaan om ons hoogstaande kuns in die tuin ten uitvoer te bring nie?"
[10] Ek sê: "Ja, buite kan julle dans en spring soveel as wat julle wil, daarteen het ons voorlopig niks nie. Gaan dus nou maar weer na buite en doen daar wat julle wil! Hier in dié huis is daar met julle kuns geen eer te behaal nie!"
[11] Een van die drie sê: "Beste vriend, toe ons nog op die aarde was, het dit nog baie goed gegaan met ons. Want ons was in die groot stede verafgod. Iedereen wat die geleentheid gehad het om na ons te kom kyk, was verruk. Ons het, naas die guns van die hoogste gekroonde hoofde, ook baie geld en ander kosbaarhede verdien. Maar toe word ons liggame plotseling deur `n fatale siekte aangetas; en ons teer weg en sterf.
[12] Nou is ons so `n dertig jaar in hierdie armsalige geesteswêreld, en dit gaan erbarmlik sleg met ons. Nêrens is daar iets vir ons om te verdien nie. Waar ons ookal aanklop, kry ons dieselfde behandeling as hier. En ons ly ontsettend honger! Ons wil ons brood nie op `n minderwaardige manier verdien nie; daarvoor voel ons tog te goed. Veral wil ons nie met die lae gespuis, soos daar buite, iets te doen hê nie, omdat ons op aarde dikwels prinse dit geweier het wat hulle dikwels by ons gesoek het. En verder gee geen mens of gees ons ook maar één druppel water hier nie. Jy sien dus dat ons hier ellendig en ontsettend arm daaraan toe is!
[13] Sou jy ons nie, vir welke diens dan ook, in die huis onderdak en ook soveel brood wil gee, dat ons ons knaende honger tenminste vir één keer sou kon stil nie? O, ek vra jou dit dringend namens ons almal.
[14] Ek sê: "Ja, My liewe danseresse, dit hang hier nie van My af nie. Want die eintlike eienaar van die huis, en ook van hierdie hele uitgestrekte omgewing, is tog hierdie vriend en broer van My. As hy vir julle gee wat julle wens, dan het Ek niks daarteen nie, inteendeel, dit sal vir My `n groot genoegdoening verskaf. Maar om hom daartoe oor te haal, sal Ek nie doen nie. Wend julle daarom tot hom."
[15] Die spreekster wil haar tot Robert wend.
[16] Maar Robert is haar voor en sê: "My liewe danseres, en ook julle almal met dieselfde beroep! Ek weet tot nou toe maar net dat julle voete baie meer elastieser is as die van ander mense. Dat julle ook sulke fyn neuse sou hê, het ek nie geweet nie. As ek net met julle te make sou gehad het, sou ek julle dadelik die deur gewys het. Maar omdat dit my vriend genoeë sal verskaf as ek tot julle versoek inwillig, sal ek julle ook in God se naam opneem! Bly dus maar hier. Daar in die een hoek van die vertrek staan `n tafeltjie met ietwat brood en wyn. Gaan daarheen en sorg dat julle julle kragte terugkry. Kom dan weer terug, dan sal ek julle ander pligte gee, wat julle vlytig moet volbring. Gaan nou maar, en doen wat ek vir julle gesê het!" Die danseresse volg die bevel dadelik op.
|
|
|
|
|