|
Van die Hel tot die Hemel - Boek 1 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 69
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151. |
|
|
Die Patetikus oor die wonderbare verandering van Helena. Verskil tussen droom en werklike lewe. Olaf se gelykenis van die werwing van die bruid.
69 Ook ons Patetikus en sy geselskap merk die verandering op. Iemand uit die geselskap sê vir hom: "Sê my, vriend, merk jy niks nie? Die Lerchfeldse, eers so `n slons vol ontug, roet en vuilheid het nou heeltemal verheerlik geword. Daardie bekoorlike ding is nou `n lus vir die oog. Sou die onbekende vriend van Blum dan tog so `n soort Egiptenaar towenaar wees?"
[2] Die Patetikus sê: "Ja, ek merk ook iets dergeliks. Maar weet jy, as so `n meisie erg verlief is en die liefde haar wange rooi kleur en haar boesem begin te swel, dan sien so `n figuurtjie meteens anders daaruit. O, ek het dikwels op aarde vrouens gesien, wat in hulle gewone klere vreeslik daaruit sien, maar as hulle Sondae met hulle minnaars gaan wandel na die Sperl, is hulle nie meer herkenbaar nie! Dit is maar alles die liefde, wat hier, net soos op aarde, dikwels sulke wonderlike verfraaiings van die vroulike geslag teweegbring. Neem haar liefde van haar af weg en sy sal dadelik weer `n heel ander aansien kry!"
[3] Die ander sê: "In `n sekere sin het jy wel gelyk, maar hier lyk dit of die saak heel anders lê. Want in die eerste plek het hierdie vrou in `n oogwink baie mooi geword, en bowendien praat sy nou `n baie suiwer en beskaafde Duits en is daar geen spoor van `n Weense dialek te bespeur nie. `n Gewone liefde kan dit nie bewerkstellig nie. Daar moet wel iets hoërs, vir ons onbegryplik, in die spel wees. Bekyk maar self goed na die oneindige tere tint, die sagtheid van haar arms en haar nek, haar pragtige blonde hare, die besondere interessante vorm van haar gesig en die egte rooi op haar wange. Dit kan nie ontken word nie, julle sal my in elke geval gelyk moet gee!"
[4] Die Patetikus is nou met stomheid geslaan, omdat hy met die opmerking van sy vriend eens is. Maar `n derde uit die geselskap staan op en sê: "Waarde vriende, julle al twee verstaan die saak heeltemal verkeerd. Kyk, hierdie verandering het in my oë `n heel natuurlike oorsaak. Ons is in die suiwer geesteswêreld. Ons lewe is niks anders as `n suiwer droom nie, en wat ons nou sien is `n spel van ons fantasie, waarin niks eg en waar is nie, behalwe jouself. Hierdie fantasie laat daar nou by ons allerlei taferele voor ons afspeel, wat hulle aan die droomsintuie van ons siel voordoen as objektiewe werklikhede. Hulle beteken egter ewe weinig as die beelde, wat ons op aarde deur middel van `n towerlantern tot stand bring. Kyk, so staan die saak hier! Begryp julle dit?"
[5] Die eerste sê: "Vriend, die uitleg dien kennelik nie, want as alles maar net `n droom sou gewees het, dan sal jou verklaring ook `n droom moet wees, waaraan mens ewemin waarde sou kon heg as aan al die ander verskynsels. Of sou jy wil beweer dat jou uitleg aan ons oor jou insigte daarop `n uitsondering is? Ek het op aarde baie dikwels en lewendig gedroom, maar wat `n verskil is daar nie tussen `n droom en die oortuigde, sonhelder werklikheid nie!
[6] In my droom gedra ek my volkome passief, hier is ek egter by my helderste bewussyn volkome aktief. In `n droom kon ek my nooit iets herinner nie. En wanneer iets vir my voorgekom het as `n herinnering, dan was dit steeds vaag en onvolledig. Hier is my herinneringe aan die verlede egter so duidelik, dat selfs die mees onbeduidende voorvalle uit my aardse lewenswandel vir my as volmaakte beelde van `n "camera obscura" ( soos `n rolprent) van A tot Z voor my oë staan. Sê eers vriend, kan `n mens dit `n droom noem?
[7] In `n droom het ek nooit pyn, honger of dors gevoel nie. Die gestaltes van hulle wat hulle in my droom as verskynende wesens voorgedoen het, was steeds vlugtig en veranderlik en hulle het mekaar teen `n hoë tempo verdring, en wel op so `n manier dat daar van die voorafgaande gestaltes niks meer aanwesig was, wanneer die volgende verskyn het nie. Van die een of ander logiese volgorde tussen die voorafgaande en die daaropvolgende was nooit `n spoor te ontdek nie. Hier, daarenteen, is alles, hoewel dit onloënbaar die stempel dra van die wonderbaarlike, en in so `n logiese konsekwensie geplaas, dat mens jou as stille toeskouer, nie genoeg daaroor kan verwonder nie.
[8] Wat se wyse logika spreek nie uit die woorde wat deur Blum of sy vriend tot iemand gerig word nie? Wat se reëlmatige vorm het hierdie saal nie en hoe is hy nie argitektonies perfek gebou nie. En hoe betekenisvol sien alles nie hier uit nie!
[9] En dat alles nou `n droom moet wees? Nee, vriende, dit is geen droom nie; dit is die grote, heilige werklikheid! En ons doen goed daaraan as ons al hierdie verskynsels ietwat meer gaan waardeer as tot nou toe. En daarom kry die verfraaiing van ons Lerchenfeldse nou ook veel meer betekenis vir my as voorheen. Wat dink julle nou van my beoordeling van die saak?"
[10] Die Patetikus sê: "Vriend, jy het gelyk. Ek is volkome eens met jou. Maar ek kan nie begryp hoe mens ook hier hartstogtelik vir of teen iets ingenome kan wees nie! Kyk, dit vererg my nog steeds hoe hierdie, nou so onbeskryflike mooi geworde Lerchenfeldse, my netnou vreeslik vir `n aap gehou het. En toe ek my daarna by haar vriend en geliefde wil regverdig, kry ek ook van hom `n antwoord, waarvoor ek sekerlik nie gevra het nie. Kort en goed, ek was tot in die diepste van my siel gekrenk, wat `n mens van onbesproke gedrag, hom nie sommer so kan laat welgeval nie. En kyk, juis die feit dat mens ook hier in die ryk van die geeste, in die ryk van die hoogste orde en konsekwensie, nog gekrenk en beledig, ja selfs behoorlik kwaad kan word, is vir my `n raaisel! Lê my net uit hoe dit moontlik is en ek wil my dan volkome by jou mening aansluit."
[11] Die aangesproke Max Olaf sê: "Vriend, hierdie saak is heel eenvoudig en baie duidelik. Wat is krenk en belediging? Niks anders as die afwys van ons natuurlike hoogmoed nie. Die hoogmoed op sigself lyk my `n gevoel van die siel te wees, waardeur sy haar hoë goddelike afkoms alleen maar op haar self betrek en so opneem as sou sy alleen maar die bevoorregte wees, al die ander sou veel minder, of selfs heeltemal niks wees nie! Word die gekoesterde idee gedwarsboom deur iets, wat op die minste op dieselfde waardigheid aanspraak maak, dan ondervind die siel hierdie teenstand as pynlik, beperkend en daardeur krenkend, en omdat sy daaruit uitmaak dat ander haar nie dieselfde beskou as waarvoor sy haar self hou nie. So `n dergelike toestand van die siel lyk vir my baie onlogies en inkonsekwent; daarom sal sy `n totaal ander rigting moet inslaan, as daar werklik vir die siel geluk gaan uitgroei.
[12] Op aarde het diegene wat dink om beter te wees as ander, allerlei middele om hierdie eiedunk te laat geld! Maar hier, waar nóg geld, nóg adel, nóg leërs, nóg bajonette en kanonne is, word hierdie onlogiese eiedunk van die siel beslis noodlottig vir haar. Want ten eerste is dit in wese nie reg wanneer `n skepsel homself, ten opsigte van `n ander volkome gelyke skepsel, wil verhef nie. En ten tweede is `n dergelike strewe selfs jou reinste dwaasheid.
[13] Want logika en ervaring leer ons, dat diegene wat die minste eise stel aan sy naaste, die gelukkigste is. Daarom is dit werklik `n dwaasheid om die geluk te bereik deur middel van dit waarmee dit nooit bereik kan word nie! Sê eers, wat lyk vir jou beter en doelmatiger: die strewe na die vervulling van tallose behoeftes, wat soos onkruid in jou siel woed, of `n wyse beperking van die behoeftes tot `n haalbare minimum?"
[14] Die Patetikus sê; "Kennelik die tweede. Want hoe minder mens nodig het om gelukkig te wees, des te makliker en ook waaragtiger word `n mens gelukkig!"
[15] Max Olaf sê: "Juis, so is dit en sal dit vir ewig bly!
[16] Laat ons nou ook daarvolgens handel en dan sal geen Lerchenfeldse ons meer hinder nie!?
|
|
|
|
|