Van die Hel tot die Hemel - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 30

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151.

Oor die ryk swelger en die arm Lasarus in die hiernamaals. Wie het die hel gemaak? Slegs die boosaardigheid van die geeste

30 Ek sê verder: "Jy sê nou vir jouself: "Ja, dit is alles waar, wanneer die Godheid so spreek tot diegene, wat hulle as gevolg van hulle volslae vryheid, heeltemal van Hom losgemaak het, ooreenkomstig hulle eie innerlike geaardheid. Sodoende kan die skynbaar skrikbarende oordeel onmoontlik so huiweringwekkend wees, soos wat `n mens dit met die eerste oogopslag vermoed het. Maar hoe is dit dan met die verhaal van die arm Lasarus en die ryk swelger wat hom sonder enige genade in die vuur van die hel bevind het? Wat daar smeek en wie se smekinge nie verhoor word nie? Tussen hom en God se genade word daar `n nie-oorbrugbare kloof beskrywe, waaroor geen brug in alle ewigheid lei nie. Wat sê die Goddelike liefde, wysheid en erbarming dan daarop?

[2] Beste vriend, ek het goed geweet dat jy met hierdie vraag sou kom. Nou vra ek jou of jy my kan sê wie het hierdie swelger eintlik in die hel gewerp? Die Godheid miskien. Aan my is iets dergeliks nie bekend nie.

[3] Het hy in sy onvermydelike kwelling homself dalk tot die goddelike liefde en genade gewend om daarvan verlos te word? Ek weet slegs dat hy hom tot die gees van Abraham gewend het en nie tot die Godheid nie! Die gees van Abraham is egter, hoewel hy as geskape gees uiters volmaak is, tog nooit die Godheid self, wat alleen kan help nie. Ook in sulke gevalle is die Godheid die nie-oorbrugbare kloof, waar oorheen die geeste van die mees verskillende soorte, mekaar nooit die hand mag reik nie, want daar werk alleen God se geheimste en diepste wysheid en liefde.

[4] Noudat hierdie swelger homself egter in die grootste ellende bevind, kan die Godheid dan iets daaraan doen wanneer hierdie man homself radikaal daar ingestort het? Kan iemand met `n vrye wil onreg oorkom, as hy oorkom waarvoor hy self gekies het? Gee my nou weer jou mening!"

[5] Robert sê: "Ja, dit is weer volkome korrek. Maar as die Godheid vol hoogste liefde is, wat ook so sal wees, soos ek nou steeds meer begin in te sien, dan volg die vraag vanself: Hoe kan hierdie Godheid dan vir so `n plek of toestand vol foltering sorg, waarin `n gees eers onbeskryflike pyne moet deurstaan vóór hy moontlikerwys aan alle eise voldoen en daardeur in `n meer gematigde toestand oorgaan? Moet daar dan `n hel bestaan? En moet sulke geeste pyn kan voel? Sou dit nie alles op `n minder wrede manier gereël kon geword het nie?

[6] Ek sê: "Luister, beste vriend, meen jy dan dat die Godheid die hel so ingerig het? O, dan het jy dit heeltemal mis! Sien, dit is sedert die oertyd deur die bose geeste self gedoen. Die Godheid het dit slegs toegelaat om hulle nie in die minste in hulle vryheid te belemmer nie. Maar dat Sy ook `n hel geskape het, dit kan ook geen wese in alle hemele maar in die verste verte dink nie. Want as die Godheid `n hel sou kon skep, dan moes ook sonde en dus kwaad in Haar aanwesig gewees het, wat vir die Godheid onmoontlik is. Want dit is nie moontlik dat die Godheid teen Haar eie ewige orde sou kon handel nie. En dus is dit onmoontlik om te dink, dat die Godheid uit Haarself, in die waarste sin van die woord, `n hel sou kon skep. Maar jy kan en moet dit aan die volkome vrye geeste toedig, wat hulleself vanuit hulle totaal verkeerde oorspronklike orde (die wêreld) in omstandighede gebring het wat werklik baie bar en boos is!

[7] In die hele oneindigheid sal jy nêrens `n plek aantref wat deur die Godheid as hel geskape sou gewees het nie. Want daar bestaan nêrens `n hel nie, behalwe in die mens self. As die mens egter vrywillig, deur die totale negeer van God se woord, in homself `n hel opbou, en nooit die eenvoudige gebooie van God opvolg en in ag neem nie, wat kan die Godheid daaraan doen, wanneer `n gees Hom vrywillig ontvlug, bespot en belaster?

[8] Aangesien alleen die Godheid die ware lewe en ook die lig van al die lig is, en sodoende ook die enigste volste saligheid van alle wesens, is dit ook begryplik dat `n goddelose toestand op sigself geen aangename effek kan hê nie, dat daar sonder God geen lewe, geen lig, geen waarheid en niks goeds kan bestaan nie.

[9] As `n mens egter die Godheid verlaat, en die verbinding nie meer uit homself wil aanneem nie, moet `n ware hel wel in homself opbou, wat op alle gebiede bar en boos sal wees. As dit daar met so `n goddelose mensegees sleg gaan, en hoe langer hy in hierdie goddelose toestand volhard, hoe slegter dit gaan, dan kan die Godheid niks daaraan doen nie. Want sou die Godheid Haar deur Haar almag tog heer maak van so `n wese, hoewel die wese uit eie vrye wil Haar so hardnekkig moontlik teenstaan, dat sou so `n wese oombliklik totaal vernietig word, iets wat teen elke Goddelike orde sou ingaan.

[10] Want sou die Godheid ook maar die kleinste wese wil vernietig wat eens uit Haarself vrygestel is, dan sou dit die begin wees van die totale vernietiging van alle wesens. As die Godheid egter Haar orde vir ewig onveranderlik so ingestel het dat geen enkele wese, hoe hy ookal in die toekoms mag ontwikkel, ooit vernietig kan word, dan is die ewige voortbestaan van alle wesens daardeur verseker. En tegelykertyd is die vrye moontlikheid ook vir iedere wese aanwesig om uiters gelukkig te kan word of om so lank ongelukkig te bly soos wat hy wil!

[11] As iemand `n wingerd besit waarin slegs edel wynstokke geplant is, en die eienaar dit uitroei om dorings en distels in die plek daarvan te plant, omdat hy meer plesier het in `n dergelike wilde groei as in die eenvoudige wynstok, sê dan nou net, is dit nou ook die skuld van die Godheid as die dom eienaar geen wyn oes nie en dientengevolge `n arm, beklaenswaardige mens word?

[12] Kyk, dit is ook die geval met alle geeste wat hulle nie wil steur aan God se orde en God se heerlike wingerd wat hulle nie wil versorg nie. Wanneer hulle dan dorings en distels oes in plaas van heerlike druiwe, kan die Godheid van die skepping van so `n onheil beskuldig word? Sê my nou eers wat jy daarvan dink."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205