|
Van die Hel tot die Hemel - Boek 1 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 51
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151. |
|
|
Drie strydmakkers van Robert by die Heer. Ook hulle moet beter gemaak word. Die dankbare danseresse as werktuie
51 Ek sê verder: "Daar was al vroeër sprake van jou drie vriende, Messenhauser, Jellinek en Becker. Jou vriende het hulle gladnie `n goeie getuienis gegee nie. Hoe plomp en grof die getuienis op sigself ook was, tog sit daar iets waar daarin. Want al drie was heimlik deur `n baie ander soort gees aangedrywe as jy. Jy het volgens jou verstand en insig na aardse begrippe `n goeie doel voor oë gehad, wat jy probeer bereik het. Maar jou vriende het nie na so `n agtenswaardige doel op aarde gestreef nie. Terwyl jy as `n egte mensevriend besig was, het die drie manne, met geringe verskille, alleen vir die bereik van `n bose alleenheerskappy van die volk gewerk. Of, as dit sou misluk, dan tog vir `n goed gevulde beurs, waarmee hulle dan by `n gunstige geleentheid met die noordeson kon vertrek.
[2] Maar die glibberige geluk was hulle nie goedgesind nie. Jou eerste vriend het nie gemerk dat, onder Fortuna* se horing van oorvloed, die fatale koeël homself bevind nie, wat so treffend herinner aan die onbestendigheid van al die aardse geluk. En so geskied dit dan ook, dat aan die aardse geluk van Messenhauser maar al te gou `n einde gekom het. (*geluksgodin.)
[3] Hierdie Fortuna was die tweede een ook nie so gunstig gesind nie, alhoewel hy alles moontlik gedoen het om in die guns van hierdie godin te kom. Hy veg met die wapens van die gansveer en bewerk daarmee vir `n tydlank dapper en kry verskoning vir die hoofde van die sogenaamde reaksionêre burgers. Maar niemand het gesterf aan die verwonding, waarmee hulle hulle vyande met die skerpte van die pen toegebring het nie. En Fortuna was eiesinnig en wou hulle geen vriendelike gesig laat sien nie. Dit vererg hulle so verskriklik dat hulle daarna baie gou met die eerste wapensoort lostrek en by Mars `n ander leen. Maar toe gaan dit nog slegter met die twee. Fortuna word kwaad en werp soveel koeëls onder hulle voete, dat dit vir hulle onmoontlik word om nog verder staande te bly. En hulle ode aan Fortuna was ook daarmee volledig ten einde.
[4] Met hulle val, verlaat die drie helde ook die toneel- en die beproewingsplek van die sigbare wêreld. Nou het hulle, net soos jy, in hierdie ewigdurende, nuwe wêreld beland, natuurlik onder die uiting van talryke verwensinge aan die maghebbers, wat hulle per spoedpos hierheen gestuur het. Hulle is dus sonder enige twyfel hier in die geesteswêreld en sekerlik nie te ver hier vandaan nie!
[5] Jy sê by jouself: "Dit sal verseker wel waar wees. Maar swewe hulle miskien nog êrens tussen hemel en aarde in die eter? Of sit hulle miskien selfs hier in die omgewing van die huis êrens verborge?"
[6] Ek sê vir jou: "Nie in die eter en nie in `n skuilplek êrens in die omgewing van jou huis nie, wat gelyk is met die innerlike van jou hart. Maar soos wat hulle in jou hart, deur jou liefdevolle herinnering aan hulle, aanwesig is, so is hulle ook werklik in die huis aanwesig! `n Enkele deur skei hulle nog van jou en my! Wanneer ons die deur oopmaak, sal jy hulle nog presies so aantref, soos wat hulle die aarde verlaat het.
[7] Maar wanneer Ek die deur open, mag jy hulle nie dadelik aanspreek nie, maar jy moet `n tydlank aan my sy luister na wat hulle onder mekaar sal besluit. Eers as hulle tot `n vaste besluit gekom het, sal dit die regte oomblik wees om hulle aan te spreek en om ons te laat sien. Nou weet jy waaraan jy jou moet hou.
[8] Veral wil ek nog `n paar woorde wissel met ons danseresse en hulle ietwat voorberei op die maatreëls wat ons geneem het. Want jy kan jou nog nie heeltemal voorstel hoe goed ons hierdie danseresse in die vervolg sal gebruik nie."
[9] Na die kort onderrig begewe ons onsself dadelik na die danseresse, wat ons twee allervriendelik ontvang en van harte dank; in die eerste plek vir die goeie onthaal en ook nog vir die kragdadige beskerming teen diegene wat sulke slegte bedoelinge gehad het met hulle, wat tog al so gelukkig was. Ook vra hulle Robert duisend keer om vergewing, omdat hulle hom eers as `n hardvogtige mens beskou het, terwyl hy tog daadwerklik bewys het dat hy `n liefdevolle en opregte man was.
[10] Hoewel Robert so `n lofbetuiging nie ongevoelig aanhoor nie, vermaan hy hom dadelik en sê op sy gewone ietwat ru-ernstige toon; "My arme susters, wees nie te voorbarig met julle lof en dank nie! Want julle weet tog immers lank nie wie hier die goeie gewer van alle goeie gawes is nie!
[11] Julle kan my op my woord glo, dat ek in ieder geval nie die gewer is nie, maar iemand anders. Ek is hier, by wyse van spreke, slegs `n gewone huiskneg, maar goddank, doodeerlik. Maar dit is nou om`t ewe of julle my of die eintlike gewer van die huis bedank. Want wat my nie toekom nie, dit neem ek ook nie aan nie, maar gee dit getrou deur aan my enigste Heer.
[12] Maar nou ietwat anders: Sê eers vir ons twee of julle nog daarop staan om `n dansopvoering in die huis te gee? En of julle dalk van die dwase idee afgesien het?
[13] Die danseresse sê: "O, allerbeste vriende van die arme mensdom, van ons kant sal so `n verlange nou werklik die grootste dwaasheid wees! Want ons wou ons armsalige kuns maar net uitgeoefen het om daarmee so veel te verdien, dat ons ons knaende honger kon stil. Omdat ons nou, danksy U twee, ook, sonder ons optrede, baie hartlik opgeneem is, sal dit dan `n groot dwaasheid wees as ons nog aan so-iets sou dink. Des te meer omdat ons nou regtig daarvan oortuig is, dat ons armsalige aardse kuns `n gruwel in U hemelse oë is! As U twee nou maar steeds so genadig vir ons sal bly as tot nou toe, wil ons van ons kant nooit meer iets hoor of weet nie. Daarvan kan U volledig seker wees."
[14] Robert sê: "Dit verheug ons, dit is goed en mooi van julle! Maar as ons straks, ter wille van `n goeie doel, julle sou vra om by `n komende geleentheid tog `n dansie ten beste te gee, sou julle dan ook trou bly aan julle loflike besluit?"
[15] Die danseresse sê: "O, vriend, wat julle ook maar wil, sal ons ook doen, omdat ons maar al te goed weet, dat julle alleen maar iets goeds wil doen. En dus sal ons ook dans, as julle dit vra. Want julle wil sal voortaan ook ons wil wees!"
[16] Robert sê: "Goed dan, hou julle gereed! Want baie gou sal die geleentheid hom voordoen."
|
|
|
|
|