|
Van die Hel tot die Hemel - Boek 1 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 36
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151. |
|
|
Robert se wrewel by die herinnering aan aardse swakhede. Hy versoek ander gesprekke
36 Robert sê: "Waarde vriend! Ek merk dat jy `n bietjie skerp word en soms ook ietwat beledigend! Dit is so `n eienskap wat by byna alle lerare eie is, of hulle nou groot of klein is. Want deur die bank geneem, word hulle by bepaalde geleenthede ietwat grof en wys hulle pupille daar dalk fyntjies op dat hulle behoort aan die soort geduldige diere, dat wat betref sagmoedigheid en geduld baie ooreenkomste het met die groot wysgere! Na bloed smag hierdie diere nooit, egter wel na hooi en strooi. Hierdie maer kosse lewer natuurlik vir die opbou van die harsings slegs `n geringe bydrae. Vandaar dat hierdie diere gewoonlik weinig van die grys, breinagtige massa in hulle koppe het, waarvan Sokrates `n oorvloedige rykdom moes gehad het.
[2] Jy het aan my sonder veel moeite bekend gemaak, dat dit daar om my, net soos in my, in `n sekere sin so leeg is soos in die kop van `n viervoeter wat sy lewenseter uit hooi en strooi uittrek. Daarom kan ek dit werklik nie nalaat om jou te vra om in die vervolg, as ek dan volstrek `n esel is, my dit sonder omhaal ronduit sê nie! Want as jy werklik niks in my vind wat deug vir die verdere ontwikkeling van my insigte, as in my geen ander materie aanwesig is as wat daar moontlikerwys in die kop van `n esel sit, sê dit dan maar ronduit, dan sal ek gladnie daaroor gekrenk voel nie. Want waar niks is nie, is daar nou eenmaal niks!
[3] Ek sien wel in dat die deur jou toegeligte innerlike geloof nooit in my aanwesig was nie. Maar wat kan ek daaraan doen, as die kern van die geloof tot nou toe nie deur iemand aan my verduidelik en uitgelê is nie? Sou daar iemand anders in plaas van Hegel gewees het wat my op jou manier sou onderrig het, dan sou ek seker geen Hegeliaan geword het nie, maar sou ek gelyk aan Paulus voor jou gestaan het.
[4] Maar omdat dit nie die geval was en na my wete sekerlik niemand ooit op die gedagte gekom het dat die mens ook in sy hart, ja miskien selfs ook in sy knieë en hakke sou kan dink, moes ek wel my gedrag vorm waar ons liewe moeder natuur dit in my gelê het. Op die aarde het ek aldus so in my hoof gedink: Alle ledemate en elke deel van die menslike wese het sy eie bestemming en doelmatige werking. Die voete kan die hande nie vervang nie, die agterwêreld nie die hoof nie, die inhoud van die maag nie die van die hoof nie, die oor nie die funksie van die oog nie, en die hart nie die van die tong nie. Daarom dink ek slegs net met my hoof en laat daarby die hart ongestoord sy werk verrig. As ek daardeur leeg hier aangekom het, kan ek niks daaraan doen nie?
[5] As jy nou egter dinge van my verlang wat my op die aarde nooit ten deel geval het nie, dan is jy klaarblyklik, ondanks al jou wysheid, nog duisendmaal dommer as ek, en sal jy my in die vervolg weinig, of nie kan help nie!
[6] Dit is ook flou van jou om my hier my aardse, maar werklik selde voorkomende braspartye en venusdienste voor te hou, en so tewens voor te hou as die oorsaak van die feit dat ek hier so leeg voor jou staan. Wanneer sulke genoegdoeninge, wat in die natuur van die mens gelê is, soos die kiem van `n saadkorrel, vir jou sonde is, waarom is dit dan in die mens gelê?
[7] Mense praat tog van `n leeu wat geen muggie vang nie. As jy nie een van die grootste wysgere is nie, maar selfs die almagtige Godheid self, soos jy my gedurende die verloop van ons samesyn reeds enkele kere nie onduidelik laat verstaan het nie, dan is dit vir my onbegryplik dat jy sulke kleinighede aanhaal! Sake wat ek as mens, selfs wanneer ek my enkele oomblikke aan ellendige genot oorgegee het, nouliks die moeite werd vind om oor na te dink!
[8] Die mens is, wat sy liggaam betref, `n dier en het daaroor jammer genoeg, ook dierlike behoeftes, en die bevrediging daarvan word vir hom met `n ysterhand deur sy natuur gedikteer. Voel hy in homself `n onweerstaanbare drang waarteen alle geestelike besware nie bestand is nie, dan is dit die noodsaaklike plig van die gees, om die vlees sy natuurlike drifte te laat bevredig om hom daarna in die eie geestelike sfeer weer vryer te kan laat beweeg.
[9] Wanneer die gees dus die dwang van sy vlees tegemoetkom, en wel in periodes van aandrang, wanneer hy derms en blaas ontlas, wanneer hy spys en drank tot hom neem wat vir hom goed smaak, wanneer hy verder die lastige geslagsdrif, wanneer dit sy offer vra, ook volgens moontlikheid bevredig om daarna vir enkele ure met rus gelaat te word, sê eers of dit wel ooit as sonde aangereken kan word? En veral hier waar ons beide hopelik vir ewig van sulke growwe natuurdrifte verskoon bly. Want sonder liggaam, sou ons deur die liggaam te dien, tog seer sekerlik met `n verdraaide slegte saak besig wees.?
[10] Laat ons dus maar oor iets anders praat en al die verbygaande natuurlike dinge laat vir wat dit is! Laat ons dit byvoorbeeld eens hê oor die sterrehemel! Dit sal my meer ophef as die oprakel van al my voormalige natuurlike uitspattighede!
[11] Kyk, seer gewaardeerde vriend, en God in alles wat jy ten opsigte van my wil wees: Ek kan my weliswaar nie oor my teenswoordige toestand bekla nie. Ek is nie dorstig of hongerig nie; my hele wese word deur geen pyn gepla nie en aan jou geselskap het ek genoeg vir die hele ewigheid. Maar as ons vir ons wedersydse debatte `n beter plekkie sou kon vind, sou dit werklik nie sleg wees nie. Want hier sien dit `n bietjie te yl uit, ja, jy sou self kan sê dat dit op heeltemal niks lyk nie. Behalwe die klein bergie waarop ons nou al `n geruime tyd saam op staan, is daar geen enkele wese te sien nie. Kon ons maar êrens `n grasveldjie, met byvoorbeeld `n eenvoudige landshuisie ontdek en in besit neem, dan sou ons uiters interessante debatte in `n veel beter sfeer kon vervolg!
[12] Belangrike inligting oor die sonne en verskillende ander hemelliggame sou besonder interessant wees! Maar veral niks oor aardse lewensomstandighede wat gelukkig verby is nie! Want dit sou my met die grootste teensin vervul, sodat ek ten slotte gladnie in staat sou wees om, selfs met jou, oor iets te spreek nie. As jy dan ook moontlik vir ons beide so `n plekkie kan opspoor, sal ek jou dan dringend versoek om sorg en wysheid daarvoor aan te wend!"
|
|
|
|
|