EINDTYD BOODSKAPPE AAN DIE BRUID
WENDY MACFARLANE

Hoofstuk 1

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91.

Nr 1 - 09.12.2015 om 10h30

(Aan Wendy gedikteer)

“Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, die wie nie na My gaan kom voor die Tye van Toetsing gaan begin nie, sal swaar gebuk gaan en verward en alleen voel. Die tye vir verfrissing is amper verby. Kom na My toe, Ek wil julle juk op My neem. Die dae gaan kom waar alles donker gaan wees, die Lig in julle sal die pad aanwys. Helder Reën sal val op hulle wie naby aan My is. Verward sal hulle wees wat vêr van My af is.

Konstantinopel (Istanbul) sal val, kyk uit! Die vlae sal daaroor heengaan; geweld, storms van woede. Deur hierdie daling gaan julle weet dat die tyd aangebreek het. Moenie skrik of bekommerd wees nie, My kleintjies. Dit is tyd vir die Lig om te begin skyn, die duisternis sal julle nie oorwin nie!

Die wawiel het begin draai. Die vorme van beskadiging sal uitbrei, moet nie beklemd voel nie, dit is hoe dit moet wees. Die winter is verby. Hou vas aan My, jy sal nie beskaamd staan nie. Hoe heerlik gaan dit wees om julle te sien, van aangesig tot aangesig. Groot is die gejuig, want die tyd het aangebreek!”

Amein


 
 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205