EINDTYD BOODSKAPPE AAN DIE BRUID
WENDY MACFARLANE

Hoofstuk 31

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91.

Nr 31 - 23.01.2016 om 05h20

(aan Wendy)                                               

My Yahshua, mag ons almal in U Sabbatsrus ingaan. Mag ons die werk doen sodat ons U sal sien. Mag U ons getrou vind op die dag van ons besoeking.

"Skryf My Liefling, My Bruid

My Wil SAL geskied, My Woord SAL bewaarheid word. Ek IS GEES, wie sal My keer?

In gedaante het Ek as mens gekom, My Skepping besoek om die Kinders die pad terug te wys na die Vaderhuis. Nou kom Ek terug as GEES om My Bruid, wie haarself gereed gemaak het en die vlees afgelê het na My te neem, Haar met My te verenig. Hoe soet sal die weersien wees! Soos die oggend verglans voor die son opkom, so verglans Ek Jou, My Bruid voordat Ek na Jou kom!!

Hoor die koor van voëls, hulle kondig My koms aan. Hulle kan nie anders om My aan te kondig nie, EK IS hul Meester. Hulle doen My Wil. Ek versorg hulle. Ek weet van elkeen van hulle wat val. Is julle nie meer werd as hulle nie? Doen My Wil, Ek sal vir jou sorg, kondig My koms aan, verfraai die wêreld met julle lofsange aan My.

Elke oggend word julle wakker in 'n wêreld wat vir julle oë nie verander het nie, tog is die ratte aan die draai en sal niks kan keer wat nou binnekort op hierdie aarde gaan afspeel nie. Dit is Tyd, en soos tyd vir julle altyd vorentoe beweeg, gaan My Verlossingsplan ook vorentoe. Dit is die einde van die Skeppingsweek en tyd vir Sabbat, rus van My teenpool se werke. Hy sal van alle mag onthef word wat deur die mens aan hom gegee is. Magteloos sal hy en sy gesante, en die wie hom gevolg het vir ’n Duisend jaar My Goedheid en Liefde moet aanskou vanuit hul kluistering. EK IS SKEPPER, My SKEPSELS SAL MY ONDERDANIG WEES. Ek en My Bruid sal in LIEFDE die skepping na Lig begelei, verharde materie na geestelike verlossing lei, na LIG, na LIEFDE. Wie kan My Wil teenstaan. EK IS!

Enige kunstenaar sal vir jou sê dat as jy die 7 kleure meng jy slegs bruin sal kry, en hulle is reg. Kunstenaars se medium en fokus is materie, om kleur en vorm weer te gee vir ander se genot. Bruin is nog altoos die kleur van My Boervolk. Meng jy dan die kleure IN LIG is die resultaat WIT! Die kleure lig moet gefokus word anders bly dit net individuele kleure, EK IS jul fokuspunt! Ek maak van die 7 Deugde WIT LIG, in jou moet ook die WIT LIG opgaan. Dit straal uit na elke uithoek van My Skepping. Weet julle nie? Strewe, strewe hard om die 7 in julle te ontwikkel sodat Ek julle kan fokus tot WIT LIG!

Salig is hulle wie hul rug op die wêreld gedraai het en My volg. Ek bedoel nie dat julle huis en haard moet opgee en in 'n grot gaan bly nie, nee, Ek het jou immers in familie geplaas, met verantwoordelikhede. In jou hart, in jou gees het jy die wêreld se verloklikhede en hartstogte afgelê en volg julle My nougeset in My Weë. Julle hou My twee gebooie met vreugde, en bedien die honger en dorstige wêreld met hemelse Spyse, hulle wie genoegsaam ontwaak het om daarna te soek. Daar is hulle wie soos 'n hondsdol hond langs die waterbak gaan lê, maar nie drink nie. Vir hulle kan julle niks doen nie, bid tot My vir Genade vir hulle.

Weerwraak is iets wat aan die opborrel is tussen My Volk en is NIE uit My uit nie. Ja, daar is teen julle oortree, ja daar is regstelling wat gedoen moet word, maar EERS moet julle My kom vra hoekom dit oor julle gekom het. My knegte het julle al male sonder tal geroep tot ootmoed oor dit wat julle teen My oortree het. Kom wraak My toe? Beloftes wat verbreek is, in My gesig gespuug is, My Liefde versmaai is? Kom wraak My toe? Julle saak is My saak, maar kom ons maak eers die saak tussen ons reg. Verstaan mooi, julle weerwraak kom NIE van My nie en alvorens julle nie die knie voor My buig nie, SAL Ek toelaat dat die hooi-vurk julle deurwerk om die kaf van die koring te skei. Ja "die Volk moet saamstaan", ja "die Volk moet verootmoedig" MAAR dit begin by JOU! 'n Volk is 'n groep mense. Mense, mens, jy!  Daar kan nie "Volk" wees as daar nie 'n "jy" is wat met My die saak kom uitklaar nie. Julle weet wat "die saak" is, die Regter in julle kla julle aan wanneer julle lank genoeg stilbly en nie julle vingers wys na ander nie. Dit gaan oor JOU! Ek sal sorg vir elke "ander". Hulle sal, soos jy, ook elkeen voor My "die saak" moet kom uitklaar. Ek het met My Hooivurk deur Israel gewerk in die jare in die wildernis. Sal Ek dit dan nie ook nou, in hierdie tyd ook doen nie? Hou op om na ander te kyk as die skuldenaars en kom maak eers REG met My. Daarsonder kan en SAL Ek jou nie gebruik in My Verlossingsplan nie. Ek het gepraat.

Wees getrou aan die taak waarvoor Ek jou gekies het. Moenie daaraan dink dat jy nie bevoeg is nie, jy is nie. Maar My Salwing op jou is al wat jy nodig het.

Wees getrou aan My en julle sal nie faal in julle take nie. My Bruid is Myne en Ek is Hare! My banier oor Haar is LIEFDE!!

Seën mekaar in My, Bid vir mekaar vir Lig en Liefde. Dra mekaar op aan My en julle sal My Eensgesindheid begin ervaar.

My Bruid, My Bruid! Hoe verlang Ek nie om julle in My Arms te hou nie. Werk hard, leer vlytig en Ek SAL julle die begeerte van julle harte gee, Eenwording met My!"

Amein!

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205