EINDTYD BOODSKAPPE AAN DIE BRUID
WENDY MACFARLANE

Hoofstuk 19

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91.

Nr 19 - 03.01.2016 om 16h30

(aan Wendy)

"Skryf My Dogter, My Bruid

My Kinders Ek wil hê dat julle die woord Diepte oordink. Daar is baie wat daaroor gaan en waaraan julle vinnig kan dink. Spesifiek wil Ek hê dat julle aan Geloof, Hoop en Liefde moet dink en dan weer aan Diepte. Diepte in My is onpeilbaar. In terme van die Geloof is daar by julle amper nie eers aan die oppervlak geraak nie. Waar is julle met Hoop en Liefde?

My Lieflinge, Ek wil vir julle 'n Lied sing, van Toekoms en Lewe, van Nuwe Begin en Ewighede. Reik julle arms omhoog en gryp My AAN! Kan julle My verlange hoor, My deuntjies van Toekoms-Onthou wat julle nog nie eens van kan droom nie.

Ek daag julle uit om julle op die deinende golwe uit te werp en saam met My te kom. Neem niks saam met julle, Ek is jul voorsiening.

Ek weet jy wag reikhalsend na My, My Dogter! Dit verswelg jou gedagte, jou hart wel op daarvan en dit is reg! Met uitermate hunkering wag Ek ook op jou, maak klaar met julle voorbereidings. My Hand is aan die Deur!

Kom na My, My Liefling, hier is koel skadu in die snikheet dag. Kom lê jou kop op My been en laat Ek jou druiwekorrels voer van My suiwerste Wingerde, Vye van die beste Boom, die een wat weer gespruit het. Ek wil jou troetel en bemin, jou hart vir ewig Myne.

Kyk, laat niks julle verhinder om na My te kom om daagliks julle denke na My te rig nie. Ek wil hê dat julle My leer ken. Werk daaraan as julle nog nie My Stem vir julle self kan hoor nie. Die dag gaan kom wanneer Ek gaan praat en julle Nie sal hoor nie, en dit tot julle uiterste nadeel. My Kindertjies, dit is nie so moeilik nie. Maak julle harte rein, laat julle Liefde vir My gedy en julle sal My Stem begin hoor. Maar eers moet jy jou wil daaraan vasmaak. Waar julle kortkom, vra van My.

Hoe nietig en klein is die begin van 'n mosterdsaadjie. Hoe magtig 'n boom word dit nie!

Deurdink My Liefling, My Bruid. EK wag vir JOU! "

Amein


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205