EINDTYD BOODSKAPPE AAN DIE BRUID
WENDY MACFARLANE

Hoofstuk 60

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91.

Nr 60 - 11.04.2016 Om 20h40 (aan Wendy)

"Skryf My Lief-Kind, My Bruid

Kom, My Kinders, daar is nog ietwat wat Ek met julle oor wil gesels. Julle slaan julself toe in boksies, angsbevange dat julle dalk iets verkeerd gaan doen, dat julle voor My verkeerd sal handel en wandel. My Liefste kind, is Ek dan so 'n tiran? Ek is LIEFDE en waar Ek is, kan geen vrees wees nie. Moenie die leuen van die vyand van julle siele glo nie. Jy is My KIND en Ek is ONEINDIG LIEF vir JOU! Miskien is dit dat julle in hierdie lewe nie veel van My soort Liefde ervaar het nie en weet julle nie hoe om te maak daarin, of daarmee nie. My Liefling, EK sien julle as die Kinders wie julle gaan word. Ontspan, haal diep asem en ontspan jou hande wat krampagtig gryp na dit wat om jou is. Maak toe jou oë en laat toe dat My Gees van Waarheid jou met Waarheid bedien.

Neem kennis dat daar nog van julle is wie nie heelhartig in My Voetspore volg nie. Ek sien hoe julle hierheen en daarheen beweeg, besig met hulle eie sake. Luister na My, kom in My Orde in en kom doen My Take, - dit waaroor Ek reeds met julle in julle harte gepraat het. Ek ken elkeen van julle so goed, Ek weet watter een van julle sal na regs of links sal spring wanneer die rotsblokke om julle ore gaan begin val. 

Onthou om steeds daagliks goeie en liefdevolle gedagtes aan te stuur na die van julle geliefdes wie nie meer met julle in die Lewe is nie! Onthou, elkeen wat uit die Duister ryke is, kan jou gedagtes hoor, indien jy Liefde en Moeder se sagte waarhede na hulle aanstuur. Daar is nog geleentheid vir hulle om in My Ligryke te kan ingaan voor die Kluistering aanbreek.

Kom neem julle plekke in en laat ons nou weereens bespreek waaroor julle nou binne My Orde moet kom. Duidelik weet julle waarna Ek verwys, want Ek het baie spesifiek gepraat met hulle wie nog nie op die plek is waar hulle nodig sal wees nie. Laat gaan dit wat julle nog aan vaskleef en kleef My aan!  Ek is LIEFDE en niks sal julle ontbreek nie. Julle moet net luister en Gehoorsaam wees aan My Stem wat op julle harte aanspraak maak.

My Kinders, die tsunamigolf van My vergelding gaan oor julle toeslaan en sal dalk van julle onverwags oorval. Weet dat EK IS ook Koning is van Elke Storm.

Kom, kom uit na My, want Ek wil dat ons onder die groot ou vyeboom gaan sit, daar onder by die rivier, daar waar die waters koel en stadig loop waarin ons kan gaan swem. Dit is voordelig vir julle om saam met My daarheen te gaan, want Ek sal julle daar verfris en vir julle 'n maaltyd van vars gebraaide vis en brood bedien. Die kooltjies sal die vis net reg gaargemaak hê en die brood sal heerlik warm, bros korsies, die sagte binnedeel as geskenkie vir julle uitgehou word. Kom, eet julle versadig en swem saam met My.  Ek sal julle vernuwe! Moenie sorg dra oor wat julle sal eet, of drink, wat julle sal aantrek nie of waar julle julle kop sal neerlê nie. Waar is julle Geloof!!  (Ek het gevoel ek moet 'n maaltyd van tuisgebakte brood, botter en heuning met 'n klein glasie melk geniet, - vir myself en ook vir my broers en susters, Kinders van die Vaderhuis.)

Gaan neem weer inventaris van wat in julle rugsak is. Dit is amper oggend en van julle het nie die werk gedoen om seker te wees alles is gereed vir die laaste klim nie. Vir julle wie die voorbereiding gedoen het en in julle harte elke gedagte weeg, elke keuse, - meet dit aan wat Ek julle reeds gegee het om aan te meet, dit is goed so, My Kind! Kom op! Die son is aan die opkom en dit is amper lig. Kom sien My. Ek wag op JOU! 

Hallelu-JAH, in aanbidding buig ons voor U Voete neer, JAHASHUA, ons Beminde!

Kom NA MY, My Beminde! Kom!

EK IS!" Amein


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205