EINDTYD BOODSKAPPE AAN DIE BRUID
WENDY MACFARLANE

Hoofstuk 59

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91.

Nr 59 - 09.04.2016 om 18h20 (aan Wendy)

"Skryf, My Dogter, My Bruid

Dit is voorwaar goed vir julle dat Ek julle nog nie aangeraak het nie, My Liefling, want Ek wil op ’n baie spesifieke manier tot elkeen van julle kom. Ek ken elkeen van julle, My Bruid en weet Ek wat elkeen nodig het. Jy is Myne, My Liefste en EK IS JOU MAN! Werk aan jou Geduld en leer die vaste wete dat Ek joune is soos jy Myne. Verkry My Rus in julle siele en WAG OP MY!

Intussen is daar werk genoeg in julself en tussen My kinders om julle mee besig te hou. Ek verlang nie 'n Bruid wat lui is en agteroor sit en lekkernye verorber nie. My Woord is vir julle tot Lewe, nie lekkernye om aan te smul en dan julself verder te verlustig in julle daaglikse genietinge nie. My Woord is om vir julle tot diepe inkeer te roep, anders is dit die saad soos die wat geval het langs die pad en wat opgepik is deur die voëls. Bewerk julle grond, My kinders en bid tot die Saaier om vir julle saad, Goeie Saad in julle harte uit te gee. Wees dan versigtig om geen onkruid toe te laat nie, maak ook seker dat die heining nie gate in het nie. Kom My kinders, My Woord vloei oorvloedig in hierdie laaste Dae vanuit baie oorde, en is ook soos Ek beloof het. Moenie word soos wat julle voorouers van gepraat het, "As die muis vol is, is die meel bitter." Indien dit met julle die geval is, is My Woord vir julle van geen nut nie. Die grond is te klipperig.

Aan julle, My Kinders, wie reikhalsend wag op My, weet dat Ek geen smagtende hart sal wegwys nie. Ek is die Beloner van elke getroue dienskneg en My Beloning is met My. Kyk uit vir My wanneer die son sak en die dagtaak mee klaar is. Ek betaal aan elkeen die regte loon, hulle wie laaste was sal eerste wees. Ek is die Meester van die Wingerd.

Verlaat julle geheel en al op My en Ek sal na elke klein faset van jou lewe omsien. Ek weet wat jy nodig het, die verlange van jou hart en sal vir jou voorsien. Ek hou My Beloftes aan jou gemaak. Wees stil IN MY en kyk hoe Ek vir jou veg, aan jou verlossing bring en jou uitred. Jy is kosbaar, My Liefling, jy is Myne! Ek kan en sal jou versorg en in algehele geluksaligheid hou. Leer om stil te wees . . .

So Lief het JaH die wêreld gehad dat Hy Sy eniggebore Seun die wêreld ingestuur het, nie om as Regter die wêreld te verdoem nie, maar om My kinders weer die Weg na die Huis te wys. Die wêreld het en wou Hom nie ken nie en het Hom gegesel en in die vreeslikste, afgryslikste manier gedood. Maar dit was slegs die begin van Die deel van My Verlossingsplan! Slegs as 'dooie' kon Hy die verlossing, die Pad terug na die Vaderhuis bewerkstellig vir hulle wie in die Doderyk vasgevang was. Daar soos hier bly die uitnodiging vars en helder. "KOM NA MY!". Sal julle die Roepstem hoor?  Die kronkeldraaie van kerk dogma het julle in doolhowe ingelei sodat julle nie een weet waar julle is nie en ook nie waar julle moet wees nie. Roep uit na My, My kinders, vanuit die diepte van julle harte en Ek sal jou daar kom haal waar jy vasgevang is. Waar EK is, is LIEFDE, LIG en LEWE. As jou lewe nie vol is van hierdie drie nie, is jy nog nie BY MY NIE! ROEP MY AAN!

Voeg die daad by die woord en kom na My, My kinders, daar is voorwaar nie eens meer die tussen-slag van 'n hartklop oor voordat die Golf julle gaan oorspoel nie! Kom, koop voortydig olie by My, sodat julle nie gevang word waar julle nie gereed is nie, want julle het gedink daar is nog tyd. Tyd het uitgeloop My Liefste kinders! Kom na My, kom gou!

Loof en aanbid My in die diepte van julle harte, sing Lofliedere vir My, laat julle hele wese die klank daarvan versterk, sodat die golwe daarvan My Skepping kan deurspoel. Moet julself in aanbidding nie as gering ag nie. Jul stemme bereik selfs die vêrste punte van My Heelal. Daarom roep Ek julle op tot Ware Aanbidding! Jul stemme lok My ander kinders uit om die Verlossingsweg te kom loop. Elkeen van My skepsels wie so gereinig word, is nog een wie in die Vaderhuis tuis kom. LOOF My, My Kinders, laat julle stemme weergalm!

Ek is julle Skepper, Jul Beminde, Jul Leidsman, Jul Voorsiener. EK IS!

Kom, wees My Kind, My Bruid!

Ek is HIER!

EK IS!" Amein


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205