EINDTYD BOODSKAPPE AAN DIE BRUID
WENDY MACFARLANE

Hoofstuk 35

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91.

Nr 35 - 29 en 30.01.2016

(aan Wendy)                                                     

Skryf My Dogter, My Bruid

Ek wil dat julle vir My gaan kyk na julle geestelike voorbereiding, daar skort die een of ander en Ek wil hê dat alles in plek moet wees. Dit is soos 'n bergklimmer, wie die aand voor sy laaste klim na die kruin, sy toerusting weer en weer nagaan. Nie omdat hy aan die kwaliteit twyfel nie, maar net om seker te maak dat alles daar is wat hy nodig mag kry, op die regte plek, geen skaafmerke of krake nie, koorde is reg opgerol sodat dit nie op ’n kritieke tyd sal knoop nie. So wil Ek hê moet julle weer deur julle geestelike voorbereiding gaan. Waar iets aandag nodig het, bring dit na My. Ek het dalk vir jou 'n ander stuk toerusting wat een of meer van joune sal vervang. Dit sal ook ligter en sterker as joune wees. Die ander is dalk so eenvoudig soos 'n ritssluiter wat nie mooi toe is of 'n klappie wat nie toegeknoop is nie. Gaan kyk sorgvuldig. Jou "klimvaardigheid" is wat Ek jou gaan gee. Jy het nie op eie krag of wysheid gekom tot waar jy nou is nie. Vertrou op My om jou tot bo, tot by die bergpiek te bring.

Soos die weer- en terreinomstandighede onherbergsaam is daar aan die onderkant van die piek, wind, sneeu, klip, geen plantegroei om te sien nie, so sal en moet dit om julle wees. Daar is nie baie wie die durf en moed het om die Bergpiek uit te klim nie. Kom, ontmoet My DAAR!

Ek sing vir Jou 'n Lied, My Liefling, van Trou en Liefde, van Geborgenheid en Vreugde. Laat jou hart toe om dit te hoor! Te lank was jy daarbuite in die wind en weer, EK IS jou Herberg, Jou Vesting. Nooit ooit sal Ek Jou kan laat gaan nie. Jy is bloed van My Bloed, vlees van My Vlees. Jy is My Bestemde Vrou. Rus daarin!

Alles sal wees soos wat EK die bestem het. Ek weet immers alles en het van die begin geweet wat sal gebeur. Ek het ook My Kinders vertel wat sal gebeur, daar is niks om te vrees nie. Die Weg lê helder en reguit. Niks sal of kan gebeur wat Ek nie reeds gesien en beplan het nie. Rus in My Voorsiening.

Kom, neem die beker op van die tye wat voorlê, daarin gaan wees die hartseer van mense, die skok, vrees, benoudheid, siekte en ellende. Ook die woede en ontnugtering van hulle wie in die strikke van My teenpool beland het en dan tot 'n mate van Waarheid sal kom. Ek sê dit is 'n beker wat Ek aan elk van julle gee, want dit wat daarin gaan sal Ek verlos, heelmaak, verkwik en tot Lewe bring soos wat julle die beker ledig. Nooit sal julle self daarvan siek of geteister word nie, Nee. EK IN Julle sal dit vermag. EK IN JULLE bring Hemel tot by aarde en Ek sal hulle ontruk wie na My uitroep, My aangryp. Julle moet gaan dink, nie met julle harsings nie, hoe Ek dit deur julle gaan doen. Wanneer Ons EEN is, My Vrou sal Jy en Ek die brandende klere van die vlugtendes doof, die vodde verwyder, skoon maak, heel maak. Saam, ONS IS ’n SPAN, Ons is EEN. Hoor My Lied in jul are, My Bloed, My Lewe.

Kom almal na My toe wie moeg en oorlaai is, EK GEE RUS!

Kan julle die vroeë môre Verglansing keer? Kan julle die koor van voëls beheer? Ek is Skepper, Ek is Redder en SAL My Kinders na My Huis bring. Ek is Beminde en Man en SAL My Bruid, wie haarself nougeset voorberei het, kom haal, by haar ingaan en EEN WORD. Wie kan My keer?

Sewe dae in 'n week, 4 weke in 'n maand, 12 maande in 'n jaar, 100 jaar in 'n eeu. Hierdie is die einde van week 1 se skeppingsdae. Eeue en Ewighede lê voor wat Ons SAAM gaan deurbring, skep en ons verlustig in Mekaar. Ek wag kreunend van verlange om Jou in My arms te omvou.

Begin julle die prentjie kry van "Huwelik"?

My Bruid se smagtende hart gaan soos die geur van wierook op en verbly My, dit trek My aan. My Beminde is Lieflik, haar verblindende helder glimlag en skitter oë het My Hart aangegryp. O, My Liefling, My Bruid! Ek sien Jou in elke doudruppel, in elke sonstraal, elke blaar, elke korrel sand. Jy is die rede vir die Verlossingsplan. Alles net vir Jou! In Jou kom al die res saam.

Laat alle gedagtes van onwaardigheid soos mis voor die Son verdwyn. Ek ken die einde van die begin. Ek ken jou, JY IS MYNE!

Maak seker van julle toerusting, jul voorbereiding, vertrou die res aan MY. Ek wag vir JOU! EK IS!"

Amein


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205