EINDTYD BOODSKAPPE AAN DIE BRUID
WENDY MACFARLANE

Hoofstuk 8

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91.

Nr 8 - 15,12,2015 om 23h20

(aan Wendy)

"My Kinders, soveel as wat die stryd julle vandag aangegryp het op die dag voor die 16de Desember, waarin julle jul die Gelofte gaan betaal, weet dit, die vyand van julle siele val hulle nie aan wie nie tot My nader nie. In elkeen is daar 'n les. Toetsings, praktiese toetsing. Hoe leef jy in tye van toetsing? Hoe gaan jy My Lammers versorg wanneer dit moeilik gaan? Sal jy My nog blymoedig vereer? Wat kom uit jou hart wanneer dit in die parskuip ingaan? Kom daar olie uit, of iets anders? En as dit olie is, is dit die suiwer soort wat in My Kandelaar gebruik kan word?

Kom voor My, kom betaal My Gelofte. Kyk en sien wat Ek vir julle gaan doen as antwoord op jul verootmoedigde harte.

Israel het in Obadja die weg ...

(16.12.2015 om 04:20)

gevind. Min is daar wie hulle baadjie sal uittrek. Groot en Heilsaam is My Leer. Kom neem besit. Waardig sal julle bevind word, wie soos die druif die parskuip ingaan om deel te hê aan die Drankoffer. O My Kinders, My Kinders, wees sterk en vol moed! Julle Dag van Verlossing het gekom! Deurstaan die toets! Ek is met Julle!"

Amein

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205