EINDTYD BOODSKAPPE AAN DIE BRUID
WENDY MACFARLANE

Hoofstuk 12

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91.

Nr 12 - 26.12.2015 om 04h20

(aan Wendy)

"Skryf, My Liefling, My Bruid.

Daar is min tyd vir julle om finale voorbereidings te doen. Werk met erns en fokus op julle siele. Waar Lig is, is geen duisternis nie.

Ek is jou Vader, wees nie besorg oor die dag van more nie, want Ek weet wat julle nodig het. Kyk na die voëls en die lelies. Ek sal vir julle sorg. Voorwaar, as julle gaan dink, sal julle sien dat Ek nog deurgaans vir julle sorg. Julle is Myne, weet Ek nie hoe om te sorg vir Myne nie?

Soos 'n koringaar tussen woestynplante, so sal julle, My Kinders, gedy waar ander gaan sukkel om te oorleef.

Weet julle nie wie julle is nie? Kom vra My en Ek sal dit aan julle openbaar. Kom naby aan My, digby sodat Ek in jou hart kan fluister. Die Waarheid sal julle vry maak! Moenie moed opgee in julle soeke na My nie. Ek toets julle deursettingsvermoë, want net hulle wie na sal My soek soos 'n skat in 'n land, sal My vind. En wanneer julle My gevind het, sal julle alles verkoop om die Skat te kan kry.

Luister aandagtig na My Fluisterstem. Ek oordonder nie, oorweldig nie, want jou wil is deur My aan jou gegee. Buig jou wil voor My, en neem My Wil aan en die Skatte van Ewighede is joune!

Soos wat die vyeboom voorvye afgooi, so sal hulle wees wie nie in My geborge is nie.

Groot en Apartgestel is die Naam van YAHWEH! Sy Majesteit oneindig groot! Loof julle Hom in stille aanbidding, loof julle Hom in uitbundige gejubel! Die Koning van die Heelal, Yahshua is Sy Naam! Bring palmtakke, gooi julle kledingstukke neer voor die voete van julle Losser en Koning!

Dit is julle gewoonte om swart aan te trek vir 'n begrafnis, dus My kinders, trek julle swart aan en gaan staan julle by die graf van jul wil, julle eieliefde. Dis wat julle dink wat Ek van julle vra, julle dood sonder Lig. Julle sal verstok daar, verkrummel en wegwaai soos die wind. . . Nee, in My is Lewe in oorvloed en Lig. Jubel, o gees wat vrygemaak gaan word soos wat die son opkom en die wêreld in helder lig baai. So is jou opstanding in My. Julle fokus nog op die dood van julle nietige liggame, maar julle siele is Onsterflik!

Wees nie mismoedig as dit nie nou uitwerk soos wat jy beplan, beoog of verwag het nie. EK IS met jou en op die regte oomblik sal Ek alles verander. Hoor hoe rommel jou maag, jy was gehoorsaam en het My instruksie nagekom. Jy weet nog nie wat jy alles gewen het in jou gehoorsaamheid nie. Kom sit aan by die tafel wat Ek vir jou voorberei het en eet van My oorvloed!

Jy sal wees soos 'n boom geplant by 'n rivier, jou nageslag soos jong bome by waterstrome. Jou bene sal vet met murg wees en jy sal eet van die oorvloed van die land.

So het Ek jou beloof, sien dat Ek sal doen wat Ek gesê het. Jou take en dade is deur My opgelê. So spreek Ek, Yahweh van die leërskare "

Amein


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205