EINDTYD BOODSKAPPE AAN DIE BRUID
WENDY MACFARLANE

Hoofstuk 77

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91.

Nr 77 - 20.05.2016 om 16h20 (aan Wendy)

"Skryf My Liefling, My Bruid

Hoe heerlik is die gesig om julle in My Lig te sien dans, My Liefling! Die klanke by die kleure, versier met julle Liefde so skitterend! My Bruid is My Liefde waardig. Sal jy so gevind word? Kan jy met oop en blymoedige gemoed "JA" daarop antwoord? Moenie droewig raak as julle voel julle sal nooit daarby uitkom nie, jul innerlike kritiek is reeds die werking van My Geliefde Gees wie reeds in julle werksaam is. Die goeie werk wat Ek in julle begin het, sal Ek die voleinding van sien! EK IS JAHSHUA, Die Oorwinnaar. EK IS die Barmhartige, EK IS JOU Geliefde!

Onthou julle wat Ek gesê het wat die voorvereistes is vir Kindskap? Waaragtige gebed, Geloof en die Ontwaakte Siel. Kom tot My, My kinders, roep My aan vanuit die diepte van jou hart in geloof dat Ek en slegs Ek jou Redding is en Ek sal jou hoor en jou uitred! Daardie hulpkreet sny deur die vestings, mure waarin jy gekluister is. Daar waar jy jouself van My Liefde verskans het, daar kom haal Ek jou met die grootste gemak, want alle KRAG en MAG is Myne. Dit is jou wil wat Ek nie sal teëgaan nie.

Kom My Kinders, laat die voëls vir julle My Minnelied kom sing in jul tuine.

My Olie gee Ek sonder maat aan hulle wie My daarna vra, wie in gehoorsaamheid na My toe kom met hul lampe, hul kruike. Slegs in reinheid kan julle tot My nader hiervoor, My Suiwer Olie. Wees slegs gefokus op My, My Liefling en Ek sal jou gee die begeerte van jou hart.

Kom wees verlig in My Lig, sodat julle ook My Lig vir die wêreld kan wees. Maak seker daar is niks wat donker of dowwe kolle in My Lig na My kinders laat nie. Maak skoon, kom, sodat Ek jou witter as sneeu kan was in My Bloed, die "enigste van sy soort", daar is geen ander nie!

"Alles wat ek is, is net genade" lui 'n lied wat julle met passie sing. Julle, My Kinders is soveel meer! Ja, My Barmhartige Genade het in Liefde jul redding bewerk. EK IS ken jou deur en deur en weet wie jy is, beter as wat jy ooit sal kan. Ek is dan julle Pa. Hoe sal Ek nie My Kind ken nie! Moenie op die "Genade bakkie" steun om jou in My Koninkryk van Lig en Liefde te kry nie! Almal het 'n taak in My Huis. Kom in My Orde in, daar is geen plek vir leeglê nie! Kom, bedien jou broers en susters in nederige LIEFDE en hou jou oë op My, terwyl jy jou hart leerbaar maak om in My Liefdesleer onderrig te word. Ek sal jou ook begin vertel van jou siel, geheimenisse wat in hierdie laaste dae openbaar gemaak is, soos wat Ek aan julle beloof het.

Kom plaas al jul vertroue in My, My Kinders. Ek sal julle nooit verlaat nie, nooit verraai nie! Julle is Myne!

My Liefling, julle gaan sien hoe julle nuwe vaardighede gaan begin ontdek. Nuwe krag in jul hart, jul siel om sterk te kan staan teen die aanslae, die sypeling van die leuen, die verderwing wat die grond onder jul voete wil uitkalwe. Julle, My Kinders, MOET op die Rots van die Eeue staan, onaantasbaar!  My Liefling, julle is vas op My, vas in My! Hoe sien Ek uit om julle aan My Bors te kan druk! "Beeldskoon", sê julle vir 'n vrou wie daar geen fout te vinde is nie. Julle, My Bruid, is Beeldskoon! Rein, minsaam en van tere hart. Ek is SO Lief vir julle!

Julle is Myne! Dit is reeds aan die gebeur; My Hand op julle. My Liefling, My Bruid, Ek is HIER!

Kyk net vir My!

EK IS"

Amein


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205