EINDTYD BOODSKAPPE AAN DIE BRUID
WENDY MACFARLANE

Hoofstuk 84

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91.

Nr 84 10.06.2016 (aan Wendy)

"Skryf My Liefling, My Bruid

Ek wil dat julle dit wat julle vlees nog vashou aan hierdie wêreld van ganser harte agterlaat, weer praat Ek nie van jul geliefdes en die verantwoordelikhede wat julle voor My het om weg te gooi nie, maar dat julle die gewig daarvan sal agterlaat nadat julle dit vir My gegee het. Dit is net Ek wat daardie las vir julle kan dra, My Kind. Julle gaan ten gronde as gevolg van die gewig daarvan. Neem My juk op julle, dit is lig en sag. EK is jou Ouer Broer, jou Losser, jou Redder en jou Vader.

Daar is nog baie min te doen voordat Ek nou My Plan vir die aarde gaan begin. Dit is nie julle wie dit teëhou nie, maar My Barmhartigheid vir hulle wie nog in hierdie laaste snikke vir My sal kies, wie die onheil voel nader. Julle My Kinders, wie steeds poog om julself meer en meer te suiwer, sal nie beskaamd gelaat word nie. Daar is werk aan julself wat slegs Ek vir julle kan doen, en SAL doen wanneer die tyd daarvoor reg is. As julle alles self kon doen, waar sou dit julle los? In 'n plek waarin julle kan roem daaroor? Nee My Bruid, Ek sal julle nie so ’n geleentheid gee om van My te kan wegval nie. Nee, julle is Myne en gee Ek vir julle wat julle nodig het. EK is Jou Man!!

11.06.2016

Voorwaar Ek se vir julle, daar is nog baie werk wat voorlê voordat die Aarde haar Sabbatsrus sal kan ingaan. Julle My Bruid, sal dan reeds in My Rus wees en die moegheid sal julle nie oorval nie, moegheid van gees wat julle soms so afrem. Hou vas My Liefling en kom selfs nader aan My. Ek is jul Krag en sal julle versterk. Selfs daarin is daar vir julle voordeel, omdat julle in die kleiner dingetjies van jul lewens gewys word om nader aan My te kom.

My skryfkneg het hierdie week geleer wat dit is om deur My oorskadu te wees, word julle deur My oorskadu en julle sal baie van julle self-gesprekkies in jul gedagtes tot ruste lê. Verstaan mooi My Bruid, JULLE IS MYNE!

Daar is niks wat My kinders van My sal weghou nie; My Liefde oorwin alles en is die magtigste, die grootste Krag in die Hele Skepping. Kom, werp julle in My oseaan van Liefde en word uiteindelik versadig van daardie onlesbare dors wat in jou siel sit. Die dors na My Liefde. Kom, My kinders! Sal julle nie aan My Roepstem gehoor gee nie? Sal julle nie julle eie plannetjies laat vaar en julself oorgee aan My Reddende Hand, My Vertroostende Bors, My Liefdevolle Hart nie? O, hoe verlang Ek daarna om julle teen My Hart te kan vasdruk, julle daar te sien rus en weer My Hartklop te kan hoor. Kom My geliefdes, julle wie nog in die riete en klipskeure wegkruip, wie self probeer oorleef en in die proses al meer na wilde diere begin lyk en word. Van julle is al soveel keer ontnugter en verraai deur hulle wie trompetter dat hulle in My Naam spreek. Ek wil vir julle My Hand uitsteek en saggies tot julle roep: Kom uit, My kleintjie, hier is vir jou kos en water, hier is 'n vuur om jou by te verwarm en klere. Hulle het julle verniel en in hokke toegemaak. Ek breek hokke en verjaag hulle wie julle as prooi, as buit geneem het. Kom My kinders, hier by My is dit veilig!

Laat niemand julle van jul krone beroof nie, My Kinders. Daar is wolwe wie tussen julle beweeg en van hulle is nie eens meer mooi toegewikkel in hulle skaapvelle nie. Hulle het julle begogel, My Kinders en hulle het julle van My vervreem. As julle bang is dat jul hulle ten prooi geval het, bid tot My in julle innerlike en Ek sal julle daar antwoord. Ek verlaat julle nooit nie en wag Ek julle daar in waar julle van My af wegbeweeg het. Ek is 'n hartekreet vêr, en sal soos 'n hert oor die berge na julle kom, vlugvoetig en met verblindende spoed. Waar Ek is, is Duisternis nie.

My Liefling, My Bruid, al hoe meer word julle opgewek om nader aan My te kan kom, nader as wat julle beste handeling, werke kan bewerk. Ek is by julle. Julle My Liefling!

EK IS"

Amein


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205