EINDTYD BOODSKAPPE AAN DIE BRUID
WENDY MACFARLANE

Hoofstuk 42

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91.

Nr 42 - 21.02.2016 om 05h20 aan Wendy

"Skryf my Dogter, My Bruid

Die orde en dissipline wat Ek nou by julle neerlê My kinders, is sodat julle die instruksie van My Mond sal hoor en uitvoer sonder redekawel, sonder huiwering. Ek het ook vir My ander knegte gesigte gewys wat in My Hemele gebeur, want Ek praat deur wie Ek wil en sal bruikbare instrumente gebruik vir die taak wat nodig is. Elkeen van julle is kosbaar, elkeen in My Hart verberg. Kom verberg julle ook in My en kyk nie links of regs na julle broers en susters nie, wie hierdie of daardie gawe ontvang het nie. Ek sien die krysing van jul harte, Ek het jul nie vergeet nie. Jul take is op hande en Ek gaan jul opwek. Hou geen voorbehoud in jul innerlike nie. Ek bemagtig soos wat Ek weet julle dit sal kan uitvoer.

Die Odes wat jul spys is in hierdie dae is vir julle om self elkeen tot My te nader vir verheldering. My Woord is ewig nuut en daar is oneindig nuwe openbaringe vir julle daarin. Neem die tyd, word stil en laat toe dat Ek jou die voeding kan gee wat jy nodig het. Julle sal nou nie eers alles besef wat Ek daardeur in julle gaan plaas nie; onthou, Ek onderrig deur die hart. Soos 'n spons wat nooit vol word nie moet julle harte wees. Ek is die Leermeester, die tyd is min. Kom nader aan My. Elkeen van julle kan getuig van die gewaarwording dat Tyd uitgeloop het. Moet geen vrees toelaat om nes te maak in julle nie. Hierdie is waarvoor julle, julleself so deeglik en nougeset voorberei het. Ons maak nou die laaste paar dingetjies vas. Dit is Ek en Jy, My Geliefde, My Bruid!

Jul Bruidskat is julle vooruit en word vir julle in skatkamers in My Hemele gehou. Niks op aarde kan begin om te vergelyk met wat op julle wag wanneer julle dit aanskou nie. Julle My Bruid, is MYNE!

My Kinders van My Huis, vir julle gaan Ek elkeen ook 'n taak gee en julle gaan dit ook met oorgawe en vreugde verrig, Ek sal jul beskerm. Wanneer julle die pyn en leed gaan aanskou, sal julle daar wees om verligting te bring. In hierdie "nagmerrie" waarin die slapendes wakker gaan word, sal julle vir hulle My Lied kan sing, die Weg na My kan wys. Ek sal elkeen na julle bring, wees gereed om te help, soos wat Ek jou sal wys. My Leërmag omsluit baie funksies, elke taak moet verrig word, elke instruksie uitgevoer word. Almal onder My bevel.

Basuine is geblaas, basuine word geblaas, basuine gaan geblaas word. Elke keer tot rede op die regte Tyd. My Geliefdes, My Hemele het lank op hierdie Tyd gewag, almal staan reg om take wat aan hulle gegee is, uit te voer. ALMAL in My Ryk wag, - wag julle ook dan met geduld. Die wie reeds uitgestuur is, het begin met hul take, so sal elkeen hul beurt kry. Net soos wat die individuele musikante hul beurt afwag in die uitvoer van 'n simfonie, net so is julle My Geliefdes, ingeoefen om die Komponis en Dirigent se instruksie en tydsberekening te volg. Kinders van My Huis is binne My Orde. Julle wie Ek as My Bruid gaan kies, het julle daarop voorberei. Versorg al My Kinders.

Kom na My vir versterking en verheldering daar waar julle nog sukkel. Sommige van julle voel nie My nabyheid nie, en julle is besig om te leer dat EK IS steeds met julle is, dat julle nie verskrik moet gaan le nie, maar moet uitstap in My, vol vertroue dat Ek die grond onder julle voete sal sit, die Pad gelyk gaan maak. Julle moet vertrou, vol Geloof wees.

My kinders, My kinders! Julle wie steeds hardhorend en siende blind is, voel aan dat die Winde verander het. Ontwaak uit jul doodslaap, staan op uit jul versteende stofhope. Die Storm is hier! Hardloop in na My. Ek is jul toevlug, jul veilige hawe. Die stormwinde bring nie net water en hael nie, maar ook gediertes wat soos stof maal in die wolke. Hierdie storm gaan nie lafenis bring nie, maar vernietiging. Hardloop my Lief-Kind, kom! Kom in!

My kinders, My Bruid neem julle plekke in.

EK IS"

Amein

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205