EINDTYD BOODSKAPPE AAN DIE BRUID
WENDY MACFARLANE

Hoofstuk 33

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91.

Nr 33 - 26.01.2016 om 05h00

(aan Wendy)                                                     

Skryf My Liefling, My Bruid

Duur gekoop is julle, My Hartklop, My Weide!

Ek wil dat julle vir julle 'n paar Waarhede in julleself ets, wat nie sal verdof of verweer gedurende die Tyd wat aangebreek het nie.

1 - EK IS jou Skepper en EK is LIEF vir Jou met Ewige Liefde

2 - EK IS Getrou en SAL Jou nooit verlaat nie

3 - EK IS Jou Voorsiening, Jy SAL niks ontbreek nie

4 - Jy IS deur My geroep, My Salwing is op Jou en Jy het niks meer nodig nie

5 - EK het hierdie Tyd verkort, Jy SAL Jou take volbring

6 - JY het vanuit My gekom, Jy sal na My terugkeer, niks kan jou uit My ontruk nie

Hierdie is net 'n oomblik tussen twee hartkloppe, dan is dit verby en lê die Ewighede voor Ons uit, My Liefling! Hou goeie moed, Julle SAL My Stem in julle oor hoor, die leiding van My Gees van Waarheid hê. Ek sal My Geliefde nooit sonder verweer laat nie. SY IS 'n magtige Leër met vaandels wapperende, SY IS in beweging en wie sal teen Haar kan staan? Sidder, o magte van My teenpool! My Geliefde het opgestaan, geklee in reinste, wit linne, versier met Haar juwele! Krag, Liefde, Waarheid en Wysheid is IN Haar. O, My Beminde! Hoe LIEF het EK Jou!

My Geliefde is Myne, en EK IS Hare. My Banier van LIEFDE is oor Haar!

Gaan en oorweeg weer die aspekte van julle lewe, weeg dit en heg 'n waarde daaraan, 'n Ewigheidswaarde. My Gees van Waarheid sal julle daarmee help. Wanneer julle klaar is, besluit wat julle wil behou en wat julle gaan los om soos kaf in die wind weg te waai. Ek sal julle nie verkeerd lei nie, wees net seker dit is My Stem waarna julle luister.

Niks is ooit verlore nie, wanneer julle vlees geknyp raak, dat julle daaruit verlos wil word, het julle tot die besef gekom van My Hand op julle. Kies MY! Ek Is julle Verlossing en Ek SAL julle verlos van julle materiële liggame. Eenwording met My!

EK IS. Dink diep hieraan. Nie met julle harsings nie, maar met julle harte. EK IS. My Bruid, wanneer Ek by Jou ingegaan het, is dit "ONS IS". Dink diep daaroor!

Ek sal vir Jou, My Geliefde, kom haal in die Tye wat kom om saam met My te gaan wandel langs waterstrome. Ek sal Jou verfris en versterk, jou kos met My Hand voer, terwyl Jy met jou kop op teen My Bors lê. Wees gerus, EK IS met Jou!

Laat My Liefde vir My Lammers in julle opwel. Ek sal vir hulle voorsien soos wat Ek vir Jou gewys het. Wees elke oomblik IN MY! JY IS toeberei, JY sal nie faal nie! Wees sterk en versterk! Ek is jul Rusplek, Ek is die Boom langs die Weg waarop julle loop. BLY IN MY!

Laat hulle wie nog na My soek in hierdie tyd, na My toe kom, soos Kindertjies sal hulle in My Koninkryk inkom. Hierdie Tyd is juis om hulle, wie deur die benoudheid van gees, hulleself tot My sal wend, te red, soos om rokende stompe uit die vuur te ruk. Slegs Ek kan hulle tot Lewe wek, slegs Ek kan en sal hulle red! Kom ALMAL wie moeg en oorlaai is, Ek gee RUS!

Sowaar as wat EK LEEF, Ek sal My Plan uitvoer op My Tydlyn. Die mens het My Tye verander en verdraai en daar is onwaarheid aan My Volk gevoer. Groot wins word gemaak uit die mens se tydlyn en harte en gees word opgejaag soos wat voëls deur jakkalse verjaag word. Kyk mooi, sien en eien die leuen van die Waarheid. My Gees lei hulle wie aan Haar voete sit. My Kinders, moenie glo wat julle in wêreldnuus sien of hoor nie. Dis is alles ’n marionettespel. Moenie glo wanneer julle hoor Ek het gekom, hier of daar, nie. My Bruid, Julle ken die Waarheid, gee dit deur aan die Kinders.

Ek het so baie om te vertel, so baie om aan julle deur te gee! Kom, bring julle harte nader aan My, sodat Ek julle kan onderrig! Die tyd is hier vir julle om soos Een My Stem te hoor, My Instruksies te Volg en te Doen. Die wie ore het om te hoor, laat hulle HOOR!

Kom na MY, My Geliefde! EK WAG!"

Amein

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205