EINDTYD BOODSKAPPE AAN DIE BRUID
WENDY MACFARLANE

Hoofstuk 52

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91.

Nr 52 - 23.03.2016 om 06h00 aan Wendy

"Skryf My Dogter, My Bruid

Die omvang en waarde van jul gehoorsaamheid gaan julle nie nou kan bereken nie. Dit is waar dat Gehoorsaamheid = LIEFDE. Ek wil dat julle iets verstaan wat almal van julle dalk nog nie onder die knie het of gehoor het nie. In My Ryk is daar slegs Gehoorsaamheid. (Selah)

My Liefde vir julle, My Kinders, is so groot dat julle dit nie kan bereken nie, want julle het nie die regte definisies nie, nóg die maatstaf om dit te kan meet. Deur julle wil neer te lê en My Wil op te neem, kan Ek julle begin onderrig, hoewel julle nie in julle vleeslike liggame selfs die kleinste greintjie daarvan sal kan inneem nie, behalwe die mate wat julle julself al in Gehoorsaamheid geskool het. Net omdat julle nie nou kan verstaan nie, beteken nie dat My Reëls vir julle aangepas gaan word nie. Aanvaar dat, soos 'n kleinding nie mooi kan verstaan hoe lief pappa en mamma hom of haar het nie, en weet wanneer sekere handelinge met vertroeteling of tugtiging beantwoord sal word. So is dit ook met julle hier aan hierdie kant van die gordyn. Kies Lewe, Kies Liefde, Kies Lig! Deur julle wil neer te lê en Myne op te neem, begin die Gehoorsaamheidsonderrig. Omdat julle dan die keuse gemaak het om gehoorsaam te wees, sal julle dan die pad loop om daarin gesuiwer te word. Vra My vir krag om julle in hierdie taak te help. Ek sal julle duidelik wys waar ongehoorsaamheid nog vassteek. Dit is soos sade in 'n kombers. ’n Mens moet elkeen uithaal en dit neem tyd en deursettingsvermoë. Luister na My Stem in jul binneste. Ek sal julle uitwys waar julle nog werk het om te doen voordat julle vry daarvan is. Hou moed My Kinders, aan die "sade" kom daar ook 'n einde, want die sade is van oorsprong die vlees.

Welgeluksalig, Gelukkig is hulle wie reeds op hierdie pad van vrymaking is, want aan hulle kan Ek openbaringe begin gee. Soos die kindjie wie in gehoorsaamheid leef, nadergetrek word in vreugde van die ouers en geheimenisse vertel word, soos vooruitskouings van plekke waarheen hulle gaan, en heerlike kosse wat hulle daar gaan geniet. So sal Ek julle begin vertel van die heerlikhede wat Ek reeds Ewighede terug vir julle beplan en toeberei het! Ek wag self in opgewondenheid om al hierdie saam met julle mee te maak. My Bruid, jy en Ek, Ons gaan die wonderlikste dinge saam verrig en beleef! Kan julle dit al begin sien, die flitse van wat nog gaan kom? Die saligheid van saamwees? Hou uit en moenie moed opgee nie!

Die Tyd is NOU!

Geloofwaardig en Goed is My Woord wat na elkeen van julle uitgaan, wie die ore het om te hoor. Soos die son nodig is vir saad om te ontkiem, so is die ontkieming van My Woord in jou siel afhanklik van My Gees. Om 'n Waarheid te probeer verstaan in jou kop, gaan jy jou vasloop in onwaarhede wat deur die vyand van julle siele vir julle in gereedheid geplaas is. My Waarheid moet in en deur jou HART verstaan word, dit is daar waar jou siel uitroep na My en verhonger deur julle verbete vashou aan die wêreldse manier van onderrig. Laat My toe om jou siel te voed, jou te onderrig en julle sal verstom wees, verstom omdat julle sal besef al die woorde uit boeke en leraars stommiteite is. Slegs EK IS WAARHEID!

HALLELU-JAHH, HALLELU-JAHH! Aan Hom is alle Lofprysing, Aanbidding en Dank! Laat die Hemele uitbasuin Die Liefde, Die LIG, Die Lewe! Groot en Magtig is U, Onderdringbare en Nimmereindigende LIG! Onmeetbare en Ewighede Liefde! IN U IS LEWE!! HalleluJaHH, HalleluJaH!

Ek is jou antwoord op jou elke vraag. Word stil en onbevrees en jy sal My Stem, die fluistering in jou hart hoor. Net soos 'n Pa nie sy kind sal verbrysel as hy ongehoorsaam was nie, sal Ek jou ook nie verbrysel nie. Jy is dan My Kind. Jou keuses maak vir jou 'n toekoms waarvan Ek jou baie graag wil red. Dit is jou keuse om aan My gehoorsaam te word om die toekoms te begin verander. My Liefde vir jou het geen perke nie. Soos die Vader dag vir dag gewag het op die Verlore Seun, so sal Ek vir jou wag totdat jy na My sal terugkeer.

Ek is Liefde en in My is GEEN DUISTERNIS. Die uur is laat, dit is eintlik amper verby. Kom, wees soos die man wie langs My op die kruis was, wie My vanuit sy hart aangeroep het.

Ek is LIEF vir julle

Ek is HIER!

EK IS!!"

Amein


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205