EINDTYD BOODSKAPPE AAN DIE BRUID
WENDY MACFARLANE

Hoofstuk 87

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91.

Nr 87 - 9& 10.08.2016 (aan Wendy)

"Skryf My Liefkind, My Bruid

Daar is min wat vir die smagtende, soekende hart verborge sal bly. Julle moet My soek met alles wat in julle is en die wêreldse aflê om die Skat te kan bekom. Moenie pas verloor en moed verloor omdat die tyd vir julle verbygaan nie. Dit is My vergunning om kans te gee dat hulle wie nog nie daar is waar die wêreld niks meer inhou nie, kan uitkom en vry kan wees van dit wat hulle verstrik.

Kom ontmoet My op die Berg, Ek wag julle daar in met 'n ryk gedekte tafel vol heerlike en voedsame kos. Kom drink van My Wyn en word deur en deur versadig.

Soos die lelies in die velde opkom sonder dat iemand hulle daar geplant het, bemes of water gee, so is My Ryk binne julle want dit is Ek wat plant, dit is Ek wat vir julle voeding bring en dit is Ek wat water oor julle uitgooi. Ek sien die blommeprag, die tere blomknoppe en die ryk loof. Wie sal My verhinder om tussen die lelies te wandel? Ek is jul Beminde en ken elke hoek en draai van jul wese. Moenie verbaas wees wanneer Ek vir julle die versteekte blommeprag in julself aan julle openbaar nie. Julle mag dink daar is net distels en doringbosse, Ek ken die Waarheid en Ek herinner julle dat My Saad in julle voorbereide grond tot 1000 voudig sal vrug dra. Ja, selfs lelies.

Hoe hoog aangeskrewe dink julle nog is hulle wie "goeie geleerdheid" in die wêreldse skole bekom het?  My Kinders, daar is soveel vervat wat teen My Orde is in die lering dat dit slegs vir julle struikelblokke kan wees.

Vir julle wie hardnekkig volhard in die handelinge wat My Teenpool verheerlik en dink dat julle op My Weg is, wil en moet Ek julle tot stilstand skok. My Weg is LIEFDE en LIG en daar KAN GEEN sweempie van duisternis wees nie. Julle weet reeds waarna Ek in elkeen van julle verwys, want Ek het dit al male sonder tal voor julle gebring om af te lê, om vergifnis te vra, om vir My Krag te vra om dit te oorkom. My Dierbare Kinders, die tyd is uit, daar is nie meer spasie vir julle om nog die kant toe of daardie kant toe te skram nie. Ek sê weer, Kom binne My Orde, kom onder die vleuels van die Liefde in en word vry van dit wat julle nog aan hierdie aarde bind. Kom uit, My Bruid vanuit die skaduwee van die las van My Teenpool en kom dans in die helder sonlig van My Teenwoordigheid.

Ek het julle so onbeskryflik LIEF, kom wees by My. "

Amein


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205