EINDTYD BOODSKAPPE AAN DIE BRUID
WENDY MACFARLANE

Hoofstuk 81

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91.

Nr 81 - 02.06.2016 om 11h05 (aan Wendy)

"Skryf My Lief-Dogter, My Bruid

Ek wil dat julle na My sal draai vir ALLES in jul lewens. Ja, sê julle, ons doen so, maar Ek sê vir julle daar is nog baie wat julle in eie besluit moet doen. Ek MOET julle ALLES wees, anders kan Ek nie met julle deel word en julle met My nie. "Een vlees" word, is klaarblyklik nog nie mooi deurdink by sommige van julle nie, My Liefling. Wanneer daar 'n skaap geslag word vir julle tot voeding, gaan julle nie dele van 'n bok of vis daarin kry nie, Nee! Een skaap! So ook moet julle strewe om een vlees te wees met My. Vlees van My Vlees en Bloed van My Bloed. My Liefling, kom selfs nader aan My, in die afsondering sal julle jul beloning kry. Julle sal My daar kry! Hoe soet gaan die tye saam nie wees nie! Kom My Bruid, kom selfs verder weg van die wêreld en verdiep julself in My! Ek is Die Beloning van jul soeke, Ek is Die Skat waarna julle so lank al soek.

Daar is min wat vir julle onmoontlik sal wees in die tye wat kom. Soos julle leer om My Krag deur julle te laat vloei, sal julle selfs meer in My verdiep. Ons sal saam Ons Kinders versorg, My Bruid. Daar is van julle wie reeds begin ervaar hoe My Krag julle begin deurvloei. Kom na My en vra My om julle meer attent te maak op julle elke oomblik. Daar is soveel leidrade wat in die verlede aan julle gegee is en nou ook oor julle spoel. Onthou, Ek is die Een wie jou lewe berei, jou elke oomblik. Jul gebede dra meer gewig, kragtig is elke woord. Leer om selfs fyner te let op die woorde wat uit jul monde kom My Liefling, kragtig is elke woord. Bly in My en julle sal nie hierin tot die diens van jul vyand wees nie. Ek sê tot sy diens want waarlik, in die tong is krag tot Lewe of tot Dood. Jul dink nou verskrik aan die gesprekke wat deur die dag plaasgevind het, - gister, verlede week en daar slaan 'n gloed van skaamte in jul gesigte op, jul harte klop dawerend in jul bors. Daarom My waarskuwing aan julle, My Liefling. Kom verder weg van die wêreld, verdiep julle in My en jul elke gedagte, elke woord sal getemper, gesuiwer wees deur My Liefde. My Lig, My Lewensdraers is julle, My Bruid. Kom reinig jul hande, jul voete. Ek sal die roetkolle van jul kleed skoonmaak.

Verruklik mooi is Jy, My Bruid!

Ek wag julle op die hoogtes in, kom op na My!

My Liefling, My Bruid, EK IS"

Amein!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205