EINDTYD BOODSKAPPE AAN DIE BRUID
WENDY MACFARLANE

Hoofstuk 50

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91.

Nr 50 - 19.03.16 om 19h05 (aan Wendy)

"Skryf My Dogter, My Bruid!

Ek wil dat julle weer na die hegtings gaan kyk aan julle kleed, daar waar die dele oormekaar vou. Die voue is nie suiwer nie en daar sit miskien iets daarin vas wat nie daar hoort nie. Die sigbare kolle en skeure aan julle klere is meestal skoon en reg, My Dogter. Maak net seker daar het nie 'n onsuiwerheid tussen die voue bly sit nie. Dit is nie opsigtelik nie en daarom het julle dit dalk gemis. Ek sien dit, daarom herinner Ek julle om weer te kyk en dit reg te stel. So mooi, so skitterend is julle, net die laaste, laaste dingetjies . . .

My kinders, waar daar nog gate in jul geboue is, moet julle werk maak daarvan om dit toe te kry, want die Winter is op hande en die koue gaan julle oorval. Winter kom gouer as wat julle dink.

Daar is 'n meer tussen klowe waarheen Ek julle sal neem, My Kinders, om te rus wanneer die stryd vir julle erg gaan wees. Dit sal vir julle stilte te midde van die storm wees en julle gaan versterk daarvan terugkeer na jul take. Vertrou My! Ek is Liefde, Ek is Lief vir julle!

Daar kom dae wanneer julle nie die einde van een dag sal sien uitloop sonder die begin van die volgende nie. Raak minder geheg aan slaap en meer so aan My, want Ek sal jul krag gee. Ek is Krag en sal julle bekragtig.

Daar is van julle wie die donker vrees en bevange daarin staan, My Kinders. Ek is LIG, nooit sal jy in die donker, duister wees nie, want Duisternis vlug van My. Ek in jou verlig jou en skyn vir hulle om jou wie nog beangs die Donker instaar. Kom na My!

"Selah" se julle wanneer julle saamstem en niks by te las het nie. Julle My Kinders, hoort by die plek te kom waar "Selah" jul elke antwoord is, want dan is Ek in My Regmatige Plek in julle en julle in jul regmatige plek, aan My Voete in nederigheid.

Waardig en aanvaar is julle wie doelmatig julleself aan My Wy, julself in ootmoed voor My buig en uitroep to My, Vader en Man. Ontbrand in My Liefde en word opgeneem in My.

Selah

Tot in ewighede sal My Liefde vir julle, My Skepsels, My Maaksels, My Kinders, My Bruid nooit ooit met die kleinste moontlike maat kan verminder nie. Dit kan nie, want EK IS LIEFDE en is Sonder Begin of Einde. Julle wie deur die wêreld geskaaf, gekraak en gebreek is, kan nie begin verstaan hoe Groot, hoe Hoog, hoe Diep, hoe Ver, hoe Lank my Liefde vir julle al was, nog is en nog sal wees nie. Ek verander nooit nie, EK IS Dieselfde GISTER, VANDAG en ELKE MORE. Kom plaas julle vertroue in My en Ek sal julle nie teleurstel nie. Hou julle harte en oë gevestig op My alleen! Ek sal jou rig, Ek sal jou leer, Ek sal jou lei. Kyk of Ek dit nie sal doen nie. My Beloftes is Waar en Seker!

Daar is gevra oor die bevestiging van die versameling van My Dogter van Sion, hulle is Hebreërs en raseg! Gebede gaan op om Wysheid om te verstaan wat in lesse en klasse verduidelik word. Afhangende van die studiemateriaal gaan dit julle niks in die sak bring nie. My Leer is LIEFDE en Ek sal jou siel onderrig as jy My net sal vra. Alles wat jy nodig sal kry sal Ek aan jou gee wanneer jy dit nodig het. Ek breek My Brood, My Woord in jul harte en sal julle met My Wyn, My Bloed, My Liefde daarin omvorm word. Kom verstaan hierdie Waarheid en wees onderrigbaar.

Ek is jul Voorsiening, Ek is jul Bevestiging van Waarheid. Ek is jul Beskerming.

Neem sorg oor die instruksies wat Ek reeds aan julle uitgegee het en wees seker om elke deel daarvan te doen en af te handel soos Ek jou aangedui het.

Vir My kinders het Ek die water opeen laat staan en het hulle deurgeloop. Toe my kinders oor die Jordaan trek het My Leviete in die rivier gaan staan met My Verbondsark. Vir hulle wie ore het laat hulle hoor, sien die Verlossing en Magtige Date wat Ek gedoen het in die oe van die wêreld en in die harts-oe van My Kinders.

20.03.16 om 03h15

My Liefling, My Liefde vir jou is onvergaanbaar en is daar niks wat kan gebeur wat Ek nie reeds weet nie. Neem waar en sien hoe Ek seëninge oor jou vermenigvuldig en My Liefde tasbaar om en oor jou word. Jy is Myne, My Liefling, Myne!

Die Dae is Hier, kom neem skuiling in My en bly in My verborge. Ek is Lief vir julle!

EK IS"

Amein


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205