EINDTYD BOODSKAPPE AAN DIE BRUID
WENDY MACFARLANE

Hoofstuk 32

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91.

Nr 32 - 24.01.2016 om 06:25

(aan Wendy)

Skryf My Geliefde, My Bruid

Sowaar EK LEEF kan en sal Ek My Verlossingsplan nie verander nie. Alles is GEES en SAL en MOET tot My terugkeer!

Oordink dit: Soos wat daar nie vir Adam 'n Hulpmaat was nie, iemand soos hy, het Ek vanuit hom vir Eva gehaal en haar as bruid na hom gebring. Net so is Jy, My Bruid vanuit My en is Jy My Hulpmaat. Ek kom binne kort, hou moed! Ek is LIEF vir jou!

Soos die Naboom se sade vêr skiet en opgroei tot in eie reg sal julle, My Bruid, ook sade skiet wat bome sal word. (Kandelaarboom). Neem kennis van die natuur, Ek werk nie teen My Orde in nie. Soos wat Ek die natuur ingerig het, sal dit ook so wees wanneer Ek My Aarde herskep het. Wonderbaar en nuut gaan dit wees en vir julle wie hierdie aarde sal onthou, gaan julle in verwondering staan oor My nuwe maaksels. Die 3 sal deurgaan : Geloof, Hoop en Liefde.

Neem die Goue Weg en kom na My! Ek wag vir julle soos die Vader die Verlore Seun inwag. Die vetgemaakte kalf is reg, die wyn en ander kosse voorberei. 'n Pragtige nuwe kleed lê reg vir jou en ’n ring vanaf My Hand wag op jou. Wil jy nie na My terugkeer nie? Wil jy nie jou hardkoppigheid en diknekkigheid laat staan en in ootmoed buig nie? Wil jy tussen die varke bly sit, verhonger en wees? Kom My Kind, Pappa verlang om jou in My Arms toe te vou, jou kop op My Bors te druk en in jou oor te fluister "Jy Is HIER! EK het jou!". My Kind, daar is 'n baie, baie groot vuur wat aangesteek is en dit verteer alles in sy pad! Die honende skree daarvan jaag vrees in. Die vuur is op pad na jou, My Kind! Wil jy nie kom, My Hand aangryp sodat Ek jou daarvan kan red nie?! Kan jy dit nie hoor nie? Kan jy nie ruik hoe alles om jou na brand begin stink nie, die smeuling sien van die stomp waarop jy sit nie?! WORD WAKKER! Help My om jou te red! Steek net jou hand uit!

Die Tyd het uitgeloop! Ek wens julle kon sien hoe donker dit al om julle geword het.

Lees die boekrol van Henog weer en Leer! My orde is nie soos aan julle vertel is nie. Laat los die fisiese en gryp My aan. EK IS Waarheid.

Daar is nie genoeg boeke, papier, skryfgereedskap om alles te kan neerpen oor wat in aantog is nie. Hierdie is die Einde van die 1ste Skeppingsweek. Baie, baie dinge gaan vorentoe verander, dinge wat julle as vanselfsprekend aanvaar. Begin met hemelse oë kyk, Ewigheidsoë, dan sal julle dalk glimpse begin sien van waar Ons nou in My Verlossingsplan staan. Dit is op 'n Mespunt.

Soos wat die geute aan 'n huis die reën opvang en met ’n afvoerpyp na die watertenk to lei, so moet julle My Reën opvang vir die dae wanneer julle die Water gaan nodig kry. Ek voorsien aan Myne, nooit sal julle sonder Water wees nie!

EK IS julle Voorsiening, EK IS julle Lig. Moenie bevrees word wanneer dit donker is nie. Ek is met julle, die Lig wie in julle skyn. Onthou jul take wat deur My aan julle gegee is. Waar Ek is, kan geen duisternis staan nie. Hoor My Stem, Skape van My Weide! Hoor My Stem, My Bruid! EK IS!"

Amein.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205