EINDTYD BOODSKAPPE AAN DIE BRUID
WENDY MACFARLANE

Hoofstuk 89

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91.

Nr 89 - 14 & 15.08.2016 (aan Wendy)

"Skryf my Liefling, My Bruid

Die boeg van 'n skip is gemaak om water soos 'n lem te deurklief. Hoe is dit dan dat sommige van julle, My Kinders met die stern na voor op die see van jul lewens wil vaar? Dan wonder julle hoekom die golwe julle so maklik verswelg en dat julle nie vooruit kan kom op julle lewenspad nie. Die boot plan is so opgestel dat die skipper die seile kan dophou, die see in die oog kan hou en die boot daarvolgens stuur. Julle is verkeerd geleer. Kom na My en kry die hartskennis om jul bote reg te rig om op die vleuels van die winde oor die see te kan dans!

My kinders, daar is nie meer tyd oor vir die ronddraai en wonder oor hoe My Koninkryk na julle sal kom nie. Julle wil nie 'n besluit neem en julle harte op My vertrou nie. Julle lyk soos skape wat voor 'n drukgang maal. Te laat sal julle dalk wees om gelaai te word, wanneer die Kudde geskuif word na nuwe weivelde. Elke skaap in My Kudde word eers gereinig en dan spesiaal gevoer uit My Hand. Julle wie nie deur die drukgang wil kom na My toesig nie, sal nie reg wees om saam te kan gaan nie. My skape ken My Stem. Hoor My Roepstem en kom na My, jul Herder.

My Bruid, het My Liefde vir My Kinders al in julle ontbrand? Kan hulle die gloed daarvan in julle waarneem en kom hulle na jou soos motte na 'n vlam, nie tot uitwissing nie, maar tot Lewe? Neem julle lewens in oënskou en kyk nugter na dit wat binne julle is of nie is nie, en kom na My vir dit wat julle nog kortkom. Daar is nie disfunksie in My Familie nie, slegs LIEFDE.

Soos koraal oor jare aanpak en die buitelyne van 'n voorwerp verdoesel totdat daar geen beduidenis van die oorspronklike is nie, so, My Kinders, word julle toegemaak en aangepak deur die duisende gedagtes en besluite wat julle maak wat nie op My gerig is nie. Neem erns met jou lewe in die Ewigheid in en moenie deur die klots en wieg van die alledaagse aan die slaap gesus word nie. Julle toekoms hang daarvan af!

Kom naby My en Ek sal naby jou kom. Bring nederigheid saam in jou hart en Ek sal jou aanhoor. Geen ruilhandel transaksies, geen geloftes is nodig nie. Ek wil dat julle slegs soos kindertjies tot My, jul Ewige, Liefdevolle Vader nader. My Arms en My Hart is altyd oop vir jou. My kind, KOM HUIS TOE!

My Bruid, kom ontmoet My in die Lig. EK IS Hier!"

Amein 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205