EINDTYD BOODSKAPPE AAN DIE BRUID
WENDY MACFARLANE

Hoofstuk 73

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91.

Nr 73 - 11 + 12.05.2016 (aan Wendy)

11.05.2016 om 17h00

"Skryf My Liefling, My Bruid

Julle sien nog steeds hier en daar plekkies waaraan julle wil verbeter. Het Ek nie gesê dit sal so wees tot Ek met julle verenig het nie? Jul verskeurde harte vertel My dat julle erns het met jul reinheid. Ek sien dit. Jul doelgerigtheid hierin skitter! Jy, My Bruid is My Liefling, en die Tyd is verby, jul wag op My en Ek het reeds begin waarvoor julle so lank wag. Ek neem die regte weg met elkeen van julle en julle gaan sien hoe heerlik spesifiek Ek elkeen se verlede en toekoms gaan aanspreek en openbaar. Julle is elkeen uniek en so waardevol! Gee jouself die tyd om hierdie proses te geniet, die genieting van Die Beminde wie Die Geliefde mee intiem word. Daar is en sal nie woorde wees om jul ervarings te begin beskryf nie en dit is reg so! Ek sal julle die Woorde gee om neer te skryf.  

Laat My HalaluJaH's uitgebasuin word, My Lofprysing, My Eer! EK IS JaHwêshua, Skepper en Elohim bo alle ander! EK IS die Meester van alles, sigbaar en onsigbaar! EK IS! EK IS jou Man, My Geliefde!

12.05.2016 om 12h20

My Liefling, hoe heerlik is die tyd wat Ons saam spandeer, die verligte landskappe wat Ek saam met julle bewandel. Sien julle hoe jul verlede in elke deel daarvan weerspieël word, die lesse wat julle geleer het, die draaipunte, die pieke, die valleie, die stroompies met varings en fyn blommetjies versier, die donderende watervalle waar julle gereinig en jul dors geles het. . My Liefling, EK IS die Bereider van julle elke oomblik.

Soos 'n gematigde gordyn wuif die herinneringe deur julle gedagtes. Ek sê gematig, want Ek het reeds die pyn weggeneem, ook die aardse plesier getemper, sodat julle perspektief kan begin kry oor dit wat julle reeds hier deurgemaak het. Soos die hekelpen werk om die randjie om die werkstuk te vorm, so maak Ek jul oë op 'n nuwe manier oop om te sien hoe julle werkstuk van jul lewe hier op die toetsgrond, My Aarde begin afrond. Daar is geen deel van jou lewe wat buite My berekening was nie, niks wat My onverwags sou kon vang nie. My Geliefde, My Beminde, begin nou SIEN hoe Ek jou lewe ken en gebruik om jou die ontvouende lied van jou lewe vir jou te begin speel. My Liefling, Jy IS MYNE! Elke sub-onderdeel van 'n atoom en ook dit waaraan julle tot nou nog nie eens aan kon dink nie. Ja, elke moontlike mikrodeeltjie van Jou is MYNE!

Daar is niks wat julle van My sal weghou nie, julle het reeds jul besluite vasgemaak en julle het in die pieke begin opstyg. Vandaar is daar nie meer ’n terugkeer na die laer ryke nie. Adem My in en voel hoe Ek julle omvorm na My, want My DNA het in julle begin vloei. Julle is Bloed van My Bloed, Been van My Been, My Eggenoot wie Ek kom haal . . .

My Kinders, julle lees hierdie woorde en wonder hoe dit moontlik kan wees. Gaan in julle harte in, na daar waar Ek met julle praat en Ek sal elkeen aan julle verduidelik, sodat julle kan verstaan. Moenie vooroordeel in jul harte hou nie, want dan het julle doof geword vir My Stem. Het Ek al ooit vir jou 'n leuen vertel, jou verkeerd gerig? Nee, My Kind, EK IS Waarheid, EK IS Lig, EK IS Lewe! Kom was die wêreldse denkwyses uit jou hart, jou siel, jou gees en word weer die Kind wie My verwonderd aankyk. EK IS jou Skepper, My Liefste Kind. Hoe sal Ek jou dan verkeerd kan lei?

My Liefde trek julle nader en en bind julle aan My Hart soos wat Ek aan julle harte gebind word. Die geborgenheid wat julle begin ervaar het, gaan net dieper word en julle gaan in verwondering terugstaan van jul lewens en sien wat 'n wonderlike gesig dit is! Ek is die Rots van Ewigheid. Hou aan My vas en sien hoe Ek jul vyande voor julle wegneem. Julle sal hulle nooit weer sien nie. Julle My Kinders, sal droogvoets deur die see stap en die golwe sien oorspoel oor hulle wie deur My Teenpool beheer word. Hou moed, My Kleintjies, Ek sal vir julle veg!

My Liefling, voel My aanraking!

EK IS!" Amein.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205