EINDTYD BOODSKAPPE AAN DIE BRUID
WENDY MACFARLANE

Hoofstuk 36

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91.

Nr 36 - 01.02.2016 om 12h00

(aan Wendy)

Skryf My Liefling, My Bruid

Neem julle kleding en kom was dit in My Bloed, My Kinders. Dit is al wat die vlekke kan uithaal. Julle loop die gevaar om self nie die Bruilof by te woon nie. Hoor My, voel die dringendheid van My versoek.

Ek wil julle iets vertel wat julle dalk nog nie weet nie. Daar kom 'n tyd wanneer dit net Ek en My Bruid sal wees, en dan gaan ons Kinders voortbring. As Moeder sal Sy skep en hoe wonderskoon gaan dit nie wees nie! My Liefling, My Vrou!

Maak werk van al die Woord wat julle reeds ontvang het. Werk elke stukkie Brood weer deur en maak seker dat julle by My kom hoor, daar waar julle nie seker is nie. Hierdie Venster in Ewighede is uniek en is amper toe. Dalk sal julle nog betyds julle Bruilofskleed kan kry voordat die Bruilof begin. Hulle wie nie die Stem van die Herder gehoor het nie en nie ag geslaan het op My Woorde nie, sal nie betyds deel van My Bruilof kan wees nie, behalwe deur uitermate deursettingsvermoë en doelgerigtheid en dalk, dalk sal hulle, as hul ore horend word, by die Bruilofsmaal kan wees. Dit is moontlik, maar baie onwaarskynlik omdat harde harte slegs meer verhard, dowe ore in klip verander, blinde oë swart gate word.

Neem die tyd, My Liefling, om die natuur in te neem. My Skepping werk in harmonie saam, so wil Ek hê dat julle, My Bruid, saam moet werk. Julle moet jul verskille tersyde stel en net op My fokus. Ja, My teenpool hou julle besig met allerlei beuselagtighede, dit is sy plan om julle van jul kroon te beroof. Waar julle geteister word, roep uit na My! Ek is binne 'n oomblik daar om jou saak te bevoordeel, mits jou wil met My Wil in lyn is. Moet nie dat julle verwar word, dinkend dat julle kleed skoon en heel is, en dit is nie. Asseblief, My Dogter, My Bruid, neem die tyd om baie duidelik te besin oor julle hart lewe, jul siele. My verlange na julle is onuitspreeklik!

Hoe verbaas gaan julle wees wanneer Ek met julle verenig het! Niks wat julle al aan kon dink of droom kan julle voorberei op dit wat om julle gaan ontvou nie en soos vuurwerke gaan julle julle verwonder. . . Ek is op "hete kole" soos julle sê, opgewonde om julle gesigte te sien wanneer dit gaan gebeur!

Sowaar as wat EK LEEF, julle moenie dink dat daar iewers 'n agterdeur na My Koninkryk is nie! Hulle wie nie op Die Weg is nie, sal nie by My uitkom nie! Daar is nie 'n "hack" wat gedoen kan word nie. Ek lees en eien elke hart wat aan My behoort. My Merk is 'n Waarmerk wat nie gedupliseer of nagemaak kan word nie, omdat My BLOED in julle die Waarmerk is! Niks anders nie!

Wees sigbaar vir My Volk. Hulle het julle in die verlede verniel en gaan nog meer te doen en te sê hê, maar as julle nie soos Bakens uitstaan nie, sal hulle nie weet waarheen om te gaan wanneer hulle tot hul sinne kom, wanneer hulle in nood na My wil uitroep nie. Ek sal hulle gebede hoor, hulle wie My vanuit hul harte aanroep. Hulle gaan hulp, julle hulp, nodig hê. Julle sal die antwoord op hul gebede wees. Julle sal hulle na My bring. Hulle wie in verlatenheid en dodelike nood verkeer en wat My sal aanroep, sal Ek ontruk en na My bring. Ek wil hê dat julle tot die besef kom dat alles binne 'n oogwink vir julle gaan verander. Moenie gesus word deur elke dag se "onveranderdheid" nie, daar is reeds groot dele van My Plan in werking. My teenpool was besig en het hard gewerk om sy planne in beweging te bring. Wat hy vergeet het of kies om nie te erken nie, is dat Ek ALLES voorsien het en het sy plan in Myne opgeneem, ten goede van hulle wie My aanroep en hulle wie aan My Huis deelagtig is. MY WIL SAL GESKIED!

Hoe Groot en Deurlig is U, My Beminde, My Meester! Daar is Niemand soos U! Wie kan U verhinder, van U rekenskap vra? Hoe uitermate Goed en Wonderlik is dit om U Bruid te kan wees, in helderwit kleed en skitter juwele, verglans en verlig! U in my die 7, My Beminde, My Hart!

Ek is jul oase in die wildernis, jul Tuiskoms en Rus. Dadelbome en helder water is hier, klein bokkies en voëls geniet die koel briesie, verkwikkend in die hitte van die dag. My Liefling, My Bruid, kom na My Tent. Ek het alles vir jou voorberei.

Ek IS julle Lig in die duisternis wat oor die wêreld toetrek. Julle sal deurgaans verlig wees, My Bruid, want EK sal IN JULLE wees! Julle, die Bakens van Lig vir My Verlore Skape. Julle sal soms voel dit word oorweldigend, die nood, die hartseer, die nadraai van wreedhede gesien, ervaar. Ek IS jul kalmte, jul stilpunt, jul verkwikking, jul LEWE. Ek sal julle té midde daarvan kom haal en na My rusplekke neem. Die verlorenes sal nie eens daarvan bewus wees nie, maar Jy, My Liefling, My Bruid, sal as My Vrou kan kom en gaan soos Ek, Yahshua gedoen het voordat Ek opgevaar het. Dink jou dit in en begin uitsien daarna, want EK is HIER!

Kom na My, My Liefling, My Bruid! Maak seker van jul voorbereiding. Ek SAL die res doen! Ek is LIEF vir jou! Jy is Myne! EK IS!"

Amein


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205