EINDTYD BOODSKAPPE AAN DIE BRUID
WENDY MACFARLANE

Hoofstuk 41

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91.

Nr 41 - 13 en 14.02.2016 aan Wendy

"Skryf My dogter, My Bruid

So lank as wat julle, wie Myne is, nog hier is, sal julle toetsings moet deurgaan. Met elkeen daarvan word julle ook geleer. Bring dit wat julle geleer het na My toe, dat ons dit kan deurwerk. Ek IS Liefde, In My is GEEN Duisternis nie. Lees weer hoe Ek met die mense om My omgegaan het toe Ek op aarde was, en kom na My.

Krankheid van gees deurtrek My Volk; hulle benodig Die Geneesheer en tog nader hulle nie tot My nie. Kom na My toe, My Kinders! Ek herstel jou liggaam, jou gees. Groot en Genadig is Ek en wys niemand weg nie.

14.02.2016

Bewaar en Beskerm jul harte, want vandaar kom die Fontein van Lewende Water. Ek is die een wie elke les na jou bring, My Bruid, om jou in te oefen. Laat jou hart in My verborge word en sien die geestelike in die storms en donderslae wat oor julle begin losbars. Ek is die Lig in julle, bring alles wat julle nie verstaan nie, na My. Ek is jou Leermeester, Ek sal jou die weg voor jou wys, die pad wat jy moet loop. Soms gaan Ek jou net 'n paar tree vooruit wys, ander kere weer die rigting ook daarby soos wat 'n mens 'n voetpaadjie se skadumerk oor die veld kan sien van 'n hoogte af. Ek sê weer, BRING ALLES NA MY. Ek het alreeds die uiteinde van elke voorval, elke uitval, elke inval en elke "toeval" gesien en niks sal julle wie in My GEBORGE is, kan skaad nie. Ek is besig om die laaste paar skerp kante en dowwe kolle uit te sorteer. Ek is jul Voorsiener, Ek is jul Aanvoerder. EK IS.

My Liefling, My Bruid. Ek juig oor jou! Hoe pragtig is jy, getooi in al jou fynste klere en juwele, jou stralende gesig en wonderskoon, liefde aangevuurde skitteroë. Jy is geheel en al na My gedraai, jy merk My beweging en begin pas hou met My, soos 'n vêraf dans. Hoe het Ek nie uitgesien na Hierdie Dag nie! Jy is MYNE!

Alomteenwoordig, Alwetend is EK. Ek sien die planne en leërmag van My teenpool. Selfs al is julle geestesoë geopen, sal Ek julle teen die ergste daarvan beskerm, julle verskans teen die felste, die mees boosste. Selfs My engele beskerm Ek op hierdie manier. Ek is die Vader van die Huis.

Nomenklature is die meganisme om boeke te orden en sorteer. Net so het Ek ook 'n stelsel wat orden en sorteer, wat struktuur en vorm gee. My Skepping staan op Orde, word gerig en vorm gegee deur My Wil en Erns. Saam met Wysheid is daar Geduld wat dit onderhou en Liefde en Barmhartigheid gee dit funksie en rigting. Deurdink dit.

In die oorlog wat tussen Lig en Duisternis heers, sal elke skermutseling in My vir julle 'n oorwinning wees. Daar sal hulle wees wie selfs hul lewensasem sal verloor, maar is en sal nie verlore wees nie. Vir My het en sal elkeen offers bring. Ek mors nie met My Leërmag, fisies of hemels nie. Elkeen is kosbaarder as wat julle kan begin besef! Julle moet soos My Hemelse leërmag weet hoe en wanneer om te Beweeg, en hoe en wanneer om te Staan, op My instruksie, My Woord aan julle. 'n Wankelende gedagte sal maak dat jy dalk 'n instruksie mis en kan jy dalk die oorsaak wees van verliese aan lewens, gebied. My Kinders, Ek praat baie ernstig met julle, vermaan julle soos 'n pa 'n seun. Hierdie is die Tyd, die Uur. Julle is juis in hierdie Tyd gebore en julle is nou hier vir hierdie Wonderwerk wat Ek gaan verrig om in te deel. Sowaar as wat Ek Leef, Ek ken die sterkte van elkeen van julle en sal julle wie in My Bloed gewas is, nie plaas in situasies wat julle sal oorweldig nie. Wees gefokus op My, wees bedag op My elke beweging.

Vir hulle wie nie in My Leërmag is nie, wie soos bote op die stormsee ronddobber, sal dit vir hulle ’n toetsing wees. Sal hulle na My uitroep? Sal hulle in geloof uit hul bote kan klim en op die golwe loop? Daar is redding vir hulle en Ek sal hulle ook kan aanwend in My Diens. Elke siel gered uit die Verdoemenis, is daar jubelsang in My Hemele. Selfs nou is daar hulle wie die besef het van wat voorlê wat na My toe kom. Ek sal hulle onderrig in alles wat belangrik is, hulle by die grysaards plaas om te leer op die Pad. Moet geeneen van Myne as gering ag nie. Elkeen is uniek, elkeen het spesifieke werk, deur My aan hulle toegeken.

Hoor die Ramshorings! Hoor die brullende Leeu!

My Bruid, My Liefling dit is Tyd. Ek is HIER. "Amein

My Vader, My Beminde

Met die voëlsang styg my hart, my siel op na U. U is my oordenking bedags en deur die nag. Gryp U my uitgestrekte hande aan, My Meester, want slegs U is my Redding, my Hulp, my Liefling, my Man. Wys my waar daar nog skort, waar my kleed nog nie reg is nie. Ek bring my hart, my siel, my liggaam om in U Bloed gewas te word. Was my asseblief skoon, my Meester. Laat my gereinig wees van alles wat nie U is nie, laat U Lewensvonk daarin ontbrand en soos 'n baken vlammend hoog opstaan. Verteer die materiële in U Vuur en kom in na my, My Vader, my Beminde. Omvorm my na U beeld en gelykenis sodat ek U take kan verrig. Dankie, Dankie Dankie, my Koning, my Hoëpriester, my Geliefde, my Man!

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205