EINDTYD BOODSKAPPE AAN DIE BRUID
WENDY MACFARLANE

Hoofstuk 53

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91.

Nr 53 - 24.03.2016 om 03h15 aan Wendy

"Skryf My Liefling, My Bruid

Ek wil dat julle weer die toegeneentheid van jul harte ondersoek. Daardie "outomatiese" keuses wat julle maak in jul alledaagse lewens. Dit wat diep in jul harte gewortel is, word sigbaar in daardie keuses wat julle maak, oppervlakkig kan dit so "elke dag" wees as watter keuse jy maak van kos om te eet of te drinke. Afhangende van die sake wat julle nog nie voor My kom uitsorteer het nie, kan dit wissel van trooskos tot die besluit tussen koeldrank of water. Kos en drank is tot Lewe, daarenteen bring die hart se keuses wat nie voor My gesuiwer is nie, die Dood.

Waaragtig en Getrou is Ek en My Woord wat tot jou hart spreek. Ek ken elkeen van julle en weet waar jul geheime toegeneentheid lê. Kom voor My met alles wat julle is en vra My om jou te help om die Goeie van die kwade te onderskei. Jul gebrokenheid veroorsaak dat die Vyand van julle siele op julle kan inwerk en kan selfs, met julle toestemming, julle soos marionette laat ronddans. Kom My Kinders, sodat Ek julle kan heelmaak. Kom drink van My Helende Waters en elke krakie en gaatjie in jou kruik sal heelgemaak word. Die ewigdurende pyn wat julle ervaar in jul skeiding van My kan en sal Ek van julle wegneem. Kom net na MY!

Geseënd is hulle wie reeds My Water van Rus geproe het. Vir Ewig is hul lewens verander, hul enigste toegeneentheid is My Teenwoordigheid, My Aanraking, My Liefde. Om diens te verrig vir My, hul hoogste en mees gesogte opdrag! Elke keuse word ondersoek om te sien of dit hul nader aan My sal bring. Ek sien elke keuse en die rede agter elkeen daarvan. Soos 'n kamera flits is elke keuse nader aan My, want elke keuse na My is 'n tree nader aan My; Die Weg van Selfverloëning.

Voorwaar, daar is min wat julle nodig het om die vleeslike liggaam in stand te hou. My Teenpool het julle op elke moontlike manier wysgemaak dat julle meer, beter, nuwer, groter, duurder nodig het om aanvaarbaar te wees. Omdat julle in die materie vasgevang is, glo julle elke woord, elke suggestie en giet julle julself daarvoor uit op die altaar van selfbevrediging. Julle skroom nie om ook jul families daarop te plaas nie en alles word gebrand, vernietig in die helse vuur. Alles wat goed en kosbaar is, word geoffer. Dan wonder julle hoekom julle families, die boustene van jul samelewing, aan flarde is. Maak oop julle oë, laat die skille daarvan afval en sien wat aan die gebeur is! Hoe wend julle julself na My? My kinders, My Oor is altyd oop vir die hartekreet om hulp na My. Ek is Getrou en Ek sal elkeen van julle uitred! Jul gebede vir jul geliefdes sal dan gehoor word, maar kom EERS NA MY!

Julle vra My hoe julle veilig gehou gaan word in die dae wat kom. Ek wil julle herinner aan My Kinders wie Ek uit Egipte uitgebring het en wat gebeur het toe hulle onreinheid in die kamp ingebring het. Ek is dieselfde Gister, Vandag en Elke Môre. Daar SAL GEEN ONREINHEID in My Kamp wees nie! Maak seker van jul hartsaak voor My en kry elke moontlike deeltjie daarvan uit. Ek is nie sonder Genade nie, kom vra My en Ek sal jou daarmee help. Weet net dat julle keuses naaste se lewens mag kos, en Ek laat geen druppel bloed onvergeld nie. Hierdie is groot en ernstige sake, en Ek praat duidelik hieroor, want Ek wil dat julle almal Rein sal wees, dat My Lig in en deur julle die Duisternis in sal skyn en dit verdryf. Dowwe kolle aan jul lampe se skerms sal die Lig verflou. Kom, maak skoon voor My! My Stem sal julle rig en lei, My Kinders. Ek sal julle nie onbeskermd los nie. Glo in My, Vertrou op My Woord!

My Engeleskaar en hulle wie julle vooruitgegaan het na My Ryk, gaan hier by julle wees om te veg, te bemoedig, te rig en te lei. My Bruid gaan hier wees en sal haar soos 'n Moeder ontferm oor haar kinders, om hulle veilig te hou, hulle te vertroos en hul honger en dors te stil. My Bruid, My Liefling! Hoe naby is die tyd nie totdat ons Mekaar sal sien nie, wanneer julle My Liefdeskus sal ontvang. My Kinders sal dan waarlik Ons Kinders wees. ’n Moeder se veggees vir haar kinders het Ek as voorbeeld gegee van hoe My Bruid vir julle, My Kinders gaan veg. Wees geensins bevrees nie! Julle sal nie wees gelaat word nie!

Kom nader aan My, My Kinders en laat ons jou sake uitsorteer. Wit soos wol sal Ek jou maak, skarlakenrooi sondes weggewas. Ek sal jou hart besny, My Wet op jou hart skryf, jou siel vrymaak om in My Weë te kan wandel. Jou verlede is verby en jy kan niks daaraan verander nie. Slegs Ek kan jou toekoms verander, jou vrymaak van die kettings wat jou vasgeboei hou, vasgeanker aan die pyn, die vernietiging van jou verlede. Kom kry jou voete op die Regte Pad, Die Weg van Verlossing. EK IS DIE WEG, DIE WAARHEID en DIE LEWE!

Juig My Kinders, My Bruid! Die Tye is hier en is Ek hier om jul Verlossing aan die wêreld te bewys. Julle is Myne, Ek sal nie My Kinders en My Bruid verlaat in hul tyd van nood nie. Hierdie is die Dae wat My Profete gesien het. Hierdie is die dae waarin EK, Majesteit Skepper en Heerser van die Heelal in hierdie wêreld gaan ingryp!

EK IS HIER!

EK IS!"

Amein


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205