EINDTYD BOODSKAPPE AAN DIE BRUID
WENDY MACFARLANE

Hoofstuk 25

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91.

Nr 25 - 14.01.2016 om 12h12 (aan Wendy)

Hoe Groot en Lieflik is U, my Beminde, Sterk en Magtig om te Red wie U Wil, hulle wie U NAAM aanroep! Dankie YAHSHUA!!

"Skryf vir My, My Liefling, My Bruid

Dit is waar dat niemand hier alles in plek het nie. Vanoggend se praatjie oor die speelduiwels en kinders se opvoeding is nodig gewees. Dit het jou geskok en jy het voor My kom buig in ootmoed. Ek neem jou aan, staan op, My Bruid! Niks is ooit verlore nie, niks is nie omkeerbaar nie. Die gebede van ouers vir hulle kinders en kleinkinders sal Ek verhoor en Ek sal werk maak daarvan om die kinders te help vry word daarvan. Sit maar die skropborsel eers aan jouself en maak seker om al die spatsels van jou eie kleintyd weg te kry, voor jy jou kinders om verskoning gaan vra. Ja, julle het nie geweet nie, maar die afwentelende spiraal stop by jou. Jy is die een wie hulle kan help deurbreek na vryheid wanneer jy self daaruit vrygekom het. . . Laat My Gees van Waarheid toe om Haar soeklig oral in jou te skyn en eien die kolle en strepe vir wat dit is. Nou is die tyd om hierdie deel skoon te maak. Vir julle wat reeds bewus was en nie heeltemal geslaag het in die oordra daarvan aan julle kinders en kleinkinders nie, julle vyand, My teenpool werk hard om nie sy gesante, sy oorwinde siele te verloor nie en sal doen wat hy kan om jou te keer. In Die Lig kan hy jou niks maak nie, die dat Ek sê; maak eers jou saak reg voor My.

Daar gaan tye in die toekoms kom waar julle gaan wens dat julle die tyd spandeer het om deur die boeke, My Openbaringe aan My knegte gegee oor die baie jare, deur gewerk het. Maak so, Ek sal vir jou tyd uitkoop. Kom vra My net. Dit is baie belangrik om julself so goed as moontlik op hoogte te kry. Ek sal julle op die regte tyd herinner aan wat julle gelees het. Wees getrou in julle werk daaraan.

Ek ken die toekoms van elk een van My skepsels, ook die ware diensbaarheid van elkeen van My Kinders. Daar kan geen skyn voor My wees nie. Bly nederig, bly diensbaar. Laat My Liefde en Barmhartigheid oorvloei na My Skepping, My Skepsels ingesluit. Moenie meegesleur word met die drifte en emosie van dit wat nou in julle land, My Suid Afrika aangaan nie. Alles lê oop voor My Oë en niks sal by My verbykom nie. EK IS Alomteenwoordig en Ek slaap nie. Wee hulle wie veroorsaak dat My Kindertjies struikel!

Neem die Weg van Geregtigheid. Ek is die Regter. Ek sal die vonnisse uitgee en dit Sal uitgedien word. O, My Kinders, My Kinders! As julle maar kon sien wat Ek sien! Ek sien ’n wonderbaarlike toekoms vir hulle wie IN My is! Ek sien pyn en hartseer en verlatenheid, Duisternis vir hulle wie gekies het om My af te wys . . . Die pyn hou nie op nie, die verlatenheid algeheel . . . Daar is niks, niks van My daar nie en tog is dit net Ek wat jou daar sal kan help. Ek sal wag totdat jy, soos die verlore seun na My sal uitroep. Wees verseker, EK SAL JOU HELP! Onthou hierdie woorde, sou jy jou daar bevind.

Salig is hulle wie rein van hart is, want hulle SAL My SIEN!

Neem julle werktuie op, moenie terugkyk nie, want dan kan Ek julle onwaardig ag om in My Lande te gaan oes. Wees gefokus, en vas in julle besluit om in My Diens te wees. Ek sien om na hulle in My Diens en Ek sal almal hul loon betaal. Almal is broers en susters, nie een word meer geag as 'n ander nie, almal diensbaar aan My. EK IS die Koning!

Neem tyd om in My Skepping deur te bring, sit en Luister. Ek SAL met jou praat. Gee ag aan wat Ek vir jou influister. Probeer om dit deel te maak van julle daaglikse roetine. Douvoordag het My Boere nog altyd uitgekom om My te kom ontmoet. . . Julle slaap laat, het nie almal beeste om te melk of diere om uit te laat nie . . . Kom ontmoet My met die môredou, Ek SAL jou versterk, jou verkwik en oplossings gee vir die probleme wat jy na My toe bring. EK IS jou Pa, jy is nooit lastig nie, EK IS nooit besig met ander dinge nie. Jy is My Oogappel, My Liefkind en met die geringste aanduiding van jou buig Ek My Oor af na jou. JY IS KOSBAAR!

Kom My Bruid! Kom staan in Jou plek by My en begin om Jou take te doen. Wees Moeder vir die Kinders, Leer die Kinders, Versorg die Kinders, BEMIN MY!

EK IS JOU MAN, EK IS LIEF VIR JOU!

EK IS" Amein!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205