EINDTYD BOODSKAPPE AAN DIE BRUID
WENDY MACFARLANE

Hoofstuk 10

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91.

Nr 10 - 19.12.2015 om 21h30

(aan Wendy)

Waardig is julle geag wie IN My is! Kom, neem die Weë op waarvan Jeremia gepraat het, die Ou Weë. Ek sê vir julle dat die dae van jul Groot Teleurstelling op hande is. Die van julle wie My nie uitgesoek het nie, wie nie werk gemaak het van elke geleentheid om nader aan My te kom nie, gaan verslae staan!

Dit sal Manna wees wat Ek sal voorsien aan My Kinders tydens die Dae van Toetsing. Hier neem jy besluite vir hoe dit in daardie tyd met jou gehandel sal word. Kom na My, My kindertjies! Neem My Hand, laat Ek julle neem na die groen weivelde, na daar waar rus is. Wees die skape van My Weide!

Kom JeshaJaH, kom Batseba (Dogter van die Gelofte)! Kom, neem die tou op as anker vir jou volk. Draai die tou om die vellings en help hulle uit die moeras uit! My Genade Onbeskryflik Groot is vir ieder en elke modderbesmeerde kind. Hulle is uitgeput en is op die punt om onder die oppervlak te verdwyn. Geliefdes, kom, sit skouer aan die wiel, kom lig julle volk uit, sleep hulle na die kant toe waar daar lafenis in My is. EK IS die Verkwikker, die Een wie hulle kan terughou van die Dood.

Laat julle Lofliedere opstyg na My, jul Oorwinningslied My ore streel. Sowaar, Ek sê vir julle, elke geredde siel is tot julle voordeel, 'n skat toegevoeg tot julle skatkamers in My Hemele. "


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205