EINDTYD BOODSKAPPE AAN DIE BRUID
WENDY MACFARLANE

Hoofstuk 56

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91.

Nr 56 - 01.04.2016 (aan Wendy)

"Skryf My Liefling!, My Bruid!

Julle is nou voor Pasga en wil Ek julle herinner aan die maaltyd wat Ek met My dissipels geniet het die aand voor Pasgamaal geëet word. Pasga, die maal wat Ek geword het vir My Kinders. Die laaste stukkie gisbrood het Ek vir Judas gegee voordat Ek hom aangesê het om dit wat in hom is, te volbring. Dit was soete samesyn nadat Judas weg is en ons het mekaar versterk. Hulle het nie mooi besef wat aan die gebeur was nie. My Engele was daar saam met ons, hoewel My dissipels hulle nie kon gewaar nie. Vir My Engele was die aand en die daaropvolgende dag een van uiterste pyn en hartseer, wanhoop en magteloosheid. Hulle het geweet wat kom en kon niks doen om My te help nie. My Dienende Geeste kon My nie bedien nie, nie vir My veg nie, My nie red nie. Ek moes hierdie deel van die Plan Self doen. Net Ek kon! Hulle het My versterk waar hulle kon. Om hulle so hartverskeurend te sien het My Hart net nog groter laat swel. EK HET JULLE ALMAL SO BAIE LIEF!!

Ek wil dat julle die dieper betekenis van Brood en Wyn begin verstaan, My Kinders. Dit is nie net die meel en water en sout van die ongesuurde brood nie, daar is GEEN GIS DAARIN nie! Onthou julle dat Ek gewaarsku het om op te pas vir die suurdeeg van die Fariseërs?  Gis is lewende organismes wat leef van die meel en verander alles om daarmee opgeneem te wees, ge"infekteer" te word. Die Leuen, My Kinders, is daardie soort gevaar vir julle. Ek het ook gesê julle moet vlug van die wat verkeerd, besoedel is en die goeie doen en aanhang, dit wat opreg, suiwer en apartgestel is aan My. Afgesonderdheid aan My is iets wat in jou hart, jou siel waar moet wees. Julle kan in 'n grot gaan woon maar van watter nut is julle dan? Julle moet apartgestel wees en Diensbaar wees anders hang julle slegs 1 van die 2 Wette aan. Kom My Kinders, laat Ek julle harte onderrig! Daar is baie meer wat Ek julle hieroor sal inlig, maar Ek wil hê julle moet kom en My teen My Bors druk soos My Johannes gedoen het! Daar kan Ek tot julle Waarhede fluister, openbarings gee. Brood is nie net Brood nie!

Net so is die Wyn nie net wyn nie. Dit is ook 'n skadubeeld, 'n minderwaardige een, 'n waas van wat My Bloed werklik is en vir julle beteken, hoewel julle geen idee nog daarvan het nie. My LIEFDE en My KRAG is verenig in My BLOED, Dit is LEWE! Kan julle die diepere betekenis daarvan begin sien? Kan julle die uitwerking daarvan sien, die Toekoms tussen newelagtige wolke dalk gewaar? O My Kinders, My Kinders! Nog nie een van julle het die diepte, wydte, hoogte, lengte en dimensies kon indink van wat My Bloed kan, en nog gaan vermag nie, saam met julle My Kinders, My Bruid. My Bruid, vir Jou is daar 'n spesiale deel wat Ek slegs aan julle sal openbaar wanneer Ek by julle inkom. Hou vas My Bruid, Ek sien julle trane van verlange, julle moedige glimlagte. Ek sien hoe julle groei en blom in die 7 Deugde. My Liefling, My Bruid, hou net vas, EK IS HIER!

My Genade is vir groot en klein, oud en jonk, arm en ryk in julle oë. Het Ek nie gesê julle moenie een bokant die ander stel nie? Almal is gelyk voor My, nie een van julle, My Kinders, is beter of slegter as jou broer of suster nie. Dit is omdat Ek julle Waarde ken. Julle kom vanuit My en is almal op julle pad terug na My. Hulle wie hardnekkig vashou in hulle wil om nie voor My te kom buig nie, moet eers 'n lang, hartseer en alleen pad loop voordat hulle tot My sal roep. Hulle is nie vir julle tot vyand te verklaar nie. Hulle benodig julle gebede in Liefde sodat hulle nie daar verlangsaam nie. Ook dat hulle gou na My sal uitroep, want die Tyd van Kluistering nader en daar sal vir geeneen, wie nie IN MY is, uitkomkans wees nie. Laat julle gedagtes hulle van Liefde en goeie wense bedien, sodat hulle3 na My sal draai.

Kom My Kinders, My Bruid! Ek is HIER om met julle FEES TE VIER! Apartgestel is hierdie Tyd! Ja, APARTGESTEL!

KOM IN NA MY!

EK IS! "

Amein!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205