EINDTYD BOODSKAPPE AAN DIE BRUID
WENDY MACFARLANE

Hoofstuk 20

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91.

Nr 20 - 05.01.2016 om 11h50

(aan Wendy)

"Skryf My Dogter, My Bruid

Julle trouheid in julle harte sal vir julle 'n pand wees. Waaragtig en getrou is julle dan verbind aan My. Wees nie besorg oor hoe julle vorentoe sal gaan nie, want kyk, Ek het alreeds vir julle die Pad toeberei.

Waarheid en Lig is julle deel, as julle In My is, en sal julle geen ware nood ervaar nie, want julle IS dan BY MY!

Julle Liefde vir My is kosbaarder as sneeu in a woestyn, en dit sal nooit verraai of verlaat word nie! Vertrou op MY!

Kom, neem die Goue Weg na My Hart en Ek sal julle inwag, in blye ontmoeting sal Ons omhels en nooit weer van Mekaar geskei wees nie!

Julle prioriteite bepaal nog julle fokus en dit hoort anders om te wees, want wanneer jy jou doel voor oë het, sal jy nie links of regs van die weg afwyk wat jou daar sal kry nie. Moenie moed verloor nie! Julle vasberadenheid tel julle ten goede en julle sal jul mikpunt bereik, naamlik eenwording met My! Hou goeie moed!

Salig is hulle wie honger en dors na Geregtigheid, want hulle sal gevul word. Salig is hulle, want vir hulle het die fisiese geen waarde meer nie. Wees soos hulle en dit wat julle nog terughou sal die regte plek inneem. Ondersoek julleself en wees nie spaarsamig met die harde borsel nie. Kry die drek wat vassit uit en reinig julle in helder water van My.

Neem die Maatstaf op en meet julleself daarteen. Nie die gedrukte letters in verdraaide boeke nie, Nee! Kom na My toe en laat My toe om julle te deurlig. Is daar dowwe kolle in julle skerm waar die eie-ek nog vaskleef sodat My Lig nie helder en duidelik reg rondom jou kan skyn nie? Kyk mooi My Kind, die tyd is nou om werk te maak hiervan. Daar gaan later nie kans wees nie en dan gaan jy sukkel om jou medemens te help wanneer die Storm se woede losgebars het.

Wees oordadig in jou Liefde aan jou naaste, jou Liefde vir die Skepping. Laat dit 'n Kenteken wees aan hulle wie nog daarbuite staan. Die warm gloed daarvan sal harte nader lok en jou die geleenthede gee om van My te praat. Hou My bo in julle gedagtes, julle harte en vanuit jul harte sal die fontein oorloop.

Wees nie besorg oor julle Lewens nie, Julle is Geborge IN MY!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205