EINDTYD BOODSKAPPE AAN DIE BRUID
WENDY MACFARLANE

Hoofstuk 5

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91.

Nr 5 - 13.12.2015 om 13h00

(Aan Wendy)

"Sekerlik sal Goedheid en Guns jou volg, al die dae van jou lewe. . .”

Gee deur daardie kruk vir hulle, omdat niemand sal kan staatmaak op tegnologie vir voeding nie. Vir nou is dit 'n vergunning en toelaatbaar om nog met 'n bottel gevoer te word. Die tyd kom binnekort nader waar dit nie meer beskikbaar gaan wees nie. Julle moet daar kom waar julle vaste kos vanuit My Hand kan ontvang. My Gees van Waarheid openbaar aan julle die verborge, die ryk minerale en vitamiene wat julle siel nodig het om te floreer. Dit gee Sy wanneer julle tot Haar nader, julle nederig kom leer. Dit kan ook net begin wanneer julle stil word. Die stilte vind julle wanneer julle julself Apart begin hou van die wêreldse, die vleeslike.

Beide Elia en Moses het gevra om My Aangesig te sien, so lief het hulle My gehad. Aan albei het Ek dieselfde getoon. Die Storm, Die Vuur en Die Sagte Bries. "Nie deur krag of deur geweld nie maar deur MY GEES, sê JaHWeH van die Skeppingsleërmag."

Sonder om deur die Gees wedergebore te word, kan jy nie in My Koninkryk inkom nie. Hoor dit mooi. Hoor, hoor dit baie mooi. Moenie soos die maagde wees wat nie voorberei het nie, nie werk gemaak het van die vergunningstyd wat Ek vir julle, My Kinders uitgekoop het nie. Sowaar as die klank van die deur wat toeslaan jou gaan ruk tot in jou siel, sal jy die een wees wat dan te laat sal besef jy het verbrou, jou kanse weggespeel.

Hoor My Roepstem! Slaan ag op die Briesie wat oor die gesig van jou hart waai en jou tot die Lewe roep! Skud jou los van die spinnerakke en stofmyte wat verdik oor jou lê! Weet jy nie jy is net hier vir 'n kort oomblik nie. Julle is gefassineerd, verstar deur Tyd wat Ek gemaak het om vir julle ’n leerskool en toetsgrond te wees. Aan elkeen is net soveel sekondes van lewe vergun om julle vlees te oorkom en die gees aan te gryp! Sekondes . . . Luister na 'n horlosie en in die stiltes tussen die sekonde maat en besef die groot en ewige uitloop daarvan. Soos wat sandkorrels tussen jou vingers deurloop, kan jy die wat verby is nooit weer terugkry nie. In My natuur gee Ek soveel voorbeelde, soveel waarskuwings om Erns te maak met die heil van jou siel.

“Sekerlik sal Goedheid en Guns jou volg, al die dae van jou Lewe...."

Amein


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205