EINDTYD BOODSKAPPE AAN DIE BRUID
WENDY MACFARLANE

Hoofstuk 76

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91.

Nr 76 - 18.05.2016 om 19h40 (aan Wendy)

"Skryf My Dogter, My Bruid,

Julle gaar nog dinge in die holtes onder julle arms op, dinge wat julle nie wil laat los nie. Knyp julle jul arms teen jul lywe vas. Ek wil julle so help, My kinders. My Liefling, My Bruid, julle kan nie tot effektiewe hulp wees as julle nie vrye beweging van julle arms het nie. Hef julle arms op na My en laat dit waaraan julle vashou, op die grond val. Dit gaan vir julle van geen nut wees nie en julle gaan beroof wees van die saligheid van eenwording en vrouwees. Besef die prys wat julle sal moet betaal vir die kleinighede wat vir julle nog van soveel belang is en tog geen ewigheidswaarde vir julle inhou nie. Inteendeel!  Daar is vir elkeen van julle 'n spesiale taak, My Liefling en Ek sal julle toerus met alles wat julle sal nodig hê om dit te kan doen wat Ek van julle verlang. Kom wees oop en vry in My teenwoordigheid en Ek sal jou toerusting aan jou begin verduidelik. Ek berei elkeen van julle voor en julle sal bemagtig wees wanneer julle daar toetree. Wees sterk, wees minsaam, wees doelgerig en LIEF vir My. Hou altyd jou oë op My, Ek sal julle nooit ooit verkeerd lei nie. Julle is My Hart se punt, My Geliefde, die EEN na wie Ek verlang met brandende, vurige LIEFDE!  Laat alles lê wat julle nog aan hierdie lewe vasmaak, verknogthede en rieme waarmee julle vasgehou word wat My nie Eer of Dien nie. Los alles in My Hand en Ek sal vir julle die Weg oopmaak. Gelukkig en Salig is hulle wie reeds hul vryheid IN MY ontvang het. Waarlik is jul vrygekoop! 

Geliefdes, Ek wil nog iets aan julle openbaar. Ek is die Een wie aan julle jul nuwe liggame gaan gee, elkeen hernu, herstel tot dit wat dit sou gewees het heel aan die begin. Daarmee saam gaan julle, My Bruid, dit ontvang wat die eerste ouerpaar op Aarde verbeur het toe hulle hul eie weg geneem het. Sou hulle gekies het om aan My gehoorsaam te wees, sou daar 'n inniger en meer verhewe verhouding tussen Ons gewees het. Dit My Bruid, is vir julle beskore, en meer!

Waaragtig en Getrou is My Woord. IN MY is GEEN Duisternis, IN MY is daar Rus. Kom IN en Jubel in die Sabbat, My Sabbatsrus!

Voorwaar, daar is geen sonde wat nie uiteindelik na die Lig sal kom nie.  Dit is jul keuse hoe lank julle in die Duister van jul hardnekkige keuses gaan bly vasbyt. Laat staan die remme, die brieke, die toue wat julle steeds vashou in jul plek van siele-angs, terwyl jul harte glo die 'geluk' het julle dubbel en dwars getref. Besin oor elke deel van jul lewens en sien waar die strikke julle reeds gevang het, sien ook waar die is wat nog op julle wag. Die pad wat julle op is, word al hoe gladder en dit kantel ook al meer na die Afgrond. My kinders, My kinders, laat staan die laste van die materiële en kom voor My in ootmoed. Alles in die materie gaan vergaan wanneer Ek die Aarde gaan nuut maak en dit wat julle steeds nie wou los nie en wou saamneem, gaan saam met julle gekluister word. Almal kry weer die geleentheid, deur My bewerk in My Ewige Barmhartigheid, om weer tot My te kan roep, My te kan aanroep nadat hul weer vrygekom het. Kom ROEP MY NOU AAN terwyl Ek nog te vinde is en Ek sal jou uitred soos 'n smeulende stomp. EK IS jul Skepper, alles het vanuit My gekom, alles SAL na My terugkeer. Selah. 

My Kinders, moet geen kwelling in jul innerlike toelaat nie. Daar is van julle wie reeds met My take begin het en julle het al begin sien hoe Ek julle elke oomblik naby is. Soos wat julle geloof selfs groter en sterker in My word, gaan Ek julle ook groter take gee om te verrig. My Vrede is jul deel en julle sal My Stem in jul harte hoor. EK IS in die Briesie wat oor die gesig van jou hart waai. EK IS in die sproeireën wat jou verkwik. EK IS in die voëlsang, die dansende blommeprag soos My Gees jul lei en rig. Ek is jul Oprigter. EK IS jul Bemagtiger. Leef gefokus op My en Ek sal vir die res van jou taak sorg, vir dit wat jy nodig gaan hê om ’n sukses daarin en daarmee te hê! 

Jul hoor gedurig van "die Swaard van My Mond"; dit is My Woord. Julle, My Kinders, moet julle verdiep in My Woord. Laat jul harte onderrigbaar wees en Ek sal julle leer.

In My is daar Volheid, is daar Saligheid vir EWIGHEID van Ewighede.

Ek is jou LIEFDE, jou Lewe, jou Lig. Kom na My, Kom IN MY en Ek sal julle reinig van al jul vuilheid, as Kinders in My Huis!

Ek is Jou LIEFDE, Jou Lewe, Jou Lig, My Beminde. Hou aan, hou vas! Sien hoe julle begin skitter!

Ek is Lief vir julle!

EK IS"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205