EINDTYD BOODSKAPPE AAN DIE BRUID
WENDY MACFARLANE

Hoofstuk 15

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91.

Nr 15 - 29.12.2015 om 18h20

(aan Wendy)

“My Kinders, julle moet julle uitermatig verset teen die meesleuring van My teenpool. Nou meer as ooit in die geskiedenis van die mens, is die aanslag teen julle en gaan dit nog verskerp. Moet hom en sy magte nie onderskat nie, maar verberg julle IN MY!

Ek is julle Herberg, julle Skans teen die storms wat deur My Wil oor die aarde gaan woed.

Kristalhelder is MY LIEFDE vir julle. Dit lig jou op en verlaag jou. Dit bring jou tot by My Voete.

Neem nie julle familieband ligtelik op nie. Daar is ’n rede hoekom julle in daardie groep mense gebore is. Ja, om julle te toets en kans te gee om nader aan My te kom, ook is daar ewigheidsredes wat julle dalk nie nou sal verstaan nie. Laat My toe om die sluier effens te lig. Julle sien, omdat julle almal geesteswesens is, is daar vir julle skeppingsredes gegee. Daar is take aan julle toevertrou wat julle nog nie tot voleinding gebring het nie. Die groep geesteswesens wat julle individuele families uitmaak, is so gegroepeer dat julle vaardighede sal opbou wat julle verder sal toerus om julle opgelegde take selfs beter te kan uitvoer. Julle wie so te sê sonder familie grootgeword het, moes weer ander vaardighede aanleer. Alles pas in by My Plan. Wees nie oorweldig deur die gange en sale van Tyd nie, julle is daarvoor geskep soos 'n swaeltjie vir die wind. Kom na My, kom by MY IN. EK IS aan die stuur van My Plan.

My skryfkneg was erg verbaas en opgewonde soos wat sy geskryf het! Dit is goed so! Daar is te veel LEWE om te LEEF om alles binne die kort, hartklop van aardse lewe te kan inpas. Ek het julle LIEF! Kom saam met MY op die Weg van Bruisende Lewe en Ewige Liefde!

Herah!"

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205