EINDTYD BOODSKAPPE AAN DIE BRUID
WENDY MACFARLANE

Hoofstuk 7

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91.

Nr 7 - 14.12.2015 om 20h00

(Aan Wendy)

"My Kinders, Ek wil julle herinner dat in die tuin van Getsémané dit My Liefde was wat My daar gehou het. Die prys vir julle vryheid was My Bloed, elke druppel daarvan. . . Nou wil Ek by julle weet, gaan julle bereid wees om dieselfde prys te betaal, selfs vir iemand wat sondig en verlore is? Neem die telstok en keer die uit wie aan My Apartgestel is. Draai dan om en betrag hulle, die ander 9 uit die 10. Wat sien jy?

Vir hulle het Ek ook gesterf. Ja, Ek het vir My kneg Jeremia gesê om nie vir die wederstrewige volk te bid nie, Ek was soos julle sê, "Vol tot bo uit". . maar Ek het nog steeds vir hulle gekom, nie as Regter nie, maar as Verlosser. Dit is immers die betekenis van My Naam, Yahashua, of Yashua. Die Engelse lied, "Therefore with JOY sal ye draw Water from the Well of Salvation." Daar is jaarliks met Pasga, tydens die Drankoffer, water in 'n silwer beker gaan haal vanuit die Bad van Siloam (Salem). . . "The Water of Salvation" . . Die Waters van Verlossing . . Die Tempeldiens ingestel soos My kneg Moses dit gesien het op die Berg Sinai.

As Ek van julle sou vra om vir selfs een van hierdie 9/10des jou lewe te offer sodat hy of sy gered sal word, sou hulle kies om jou offer te gebruik en vir hulle 'n "free pass", 'n "get out of Jail free" kaartjie te gebruik. . . Sal jy dit doen? Hoe voel dit? As hulle jou offer versmaai en as niks beskou nie? Al jou Liefde, elke druppel bloed en hulle sê, "nee dankie, ek gaan agter 'n idool aan.". Hoe groot is jou Liefde?

Die antwoord, My Liefste Kinders is dat jy nie nie eers kan begin dink daaraan nie, want jou Liefde is nie My Liefde nie. Al hoe jy dit sou kon regkry, is slegs omdat dit My Liefde IN jou sal wees. Daarom, My Kinders, bid tot My en vra My vir Liefde. Wanneer jy tot die besef gekom het dat jou liefde yskoud is in vergelyking met My Liefde, het jy by die Deur gekom. Stap deur en kom in My Teenwoordigheid, My Nabyheid sodat My Liefde in jou kan ontbrand, en net soos die bos voor Moses nie uitgebrand het nie, sal julle ook nie kan uitbrand nie, want Ek behoed en bewaar julle! Moenie vashaak in die besef dat jy sondig en ontoereikend is nie. Ja, in jouself is jy en sal dit altyd wees, maar, maar, maar . . IN MY . . O My Kind! Voorwaar, Ek sê weer vir julle, julle kan nie in jul wildste drome en verbeeldingsvlugte eers naby kom aan Dit wat Ek en Jy saam gaan doen nie!

Miskien het jy vergeet dat Ek jou alreeds gedurende elke oomblik van alle eons inwag . . Nooit was jy alleen of verlate gewees nie. Kom My Kind, versterk jou knieë en jou lam arms en Ek sal jou die pad wys om op te gaan. Vertrou jy My? Glo jy My?

Ja, die dal het skaduwee, maar Die Lig in jou jou verdryf elke donker, elke verdorwe en gevalle gees. Niks daarvan kan bly staan in die Ewige Lig nie, kom, wees gevul met daardie Lig, die Lig wat Liefde is . . Kom wees My Liefde vir hulle, die 9/10des en dalk sal 'n karige paar van hulle na My begin smag - Maar jy, My Oogappel, My Beminde, is Ewig Myne en niks sal dit ooit kan verander nie. Geborge in My . . Twee wat Een geword het!"  Amein

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205