EINDTYD BOODSKAPPE AAN DIE BRUID
WENDY MACFARLANE

Hoofstuk 58

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91.

Nr 58 - 07.04.2016 om 06h10 (aan Wendy)

"Skryf My Lief-Kind, My Bruid,

Dit is goed dat julle tot ’n groter besef kom dat die "wêreld" nie werk soos wat aan julle geleer is nie. Dit wat aan julle vertel is, is nie eens 'n sandkorreltjie grote nie en is meestal verkeerd. Julle, My Kinders, leef al vir ewighede en gaan nog vir ewighede lewe. Van julle begin dit nou al snap en die nuwe doelgerigtheid en passie is vir My verblydend! My Kinders, My kinders, hoe lank nog voor julle julself op My werp, die EEN wie julle geskep het? Om te begin besef jy het nie net hierdie lewetjie nie en dan nog nie, met alles wat jy tans het, jouself aan My oorgee nie, skaad jy jouself en laat jy kanse verbygaan om in bruikbare Diens tot My te staan.

Kom na My, julle wie nog 'n tekort aan LIEFDE het en Ek sal julle in oormaat gee. Daarsonder sal julle nie julle take kan volbring nie. Ek wil dat julle weer julself voor My Voete bring, My Kinders, julle wie saam met My Leërmagte gaan veg. Kom werk saam met My jou opdragte deur en laat My Lig skyn in elke hoekie van jou hart en jou niere. Moenie toelaat dat die Duisternis insypel en maak dat My Lig van jou hart afgesny word nie. Sonder My by jou, IN JOU, kan jy nie in My Orde wees nie, nie My Stem hoor nie en dan sal julle in die diens van My Teenpool wees. Ek weet, Ek weet My Kind! Die ontsteltenis, die verontwaardiging oor wat op hierdie oomblikke aan die gebeur is. Onthou altyd dat julle in My Diens staan en geen van die Duisternis kan wees waar My Lig is nie. Bewaar julle harte dat julle nie die kroon ontneem word nie. My Teenpool glo nog Ek kan verslaan word. EK IS Skepper en Heerser van die Heelal! EK IS Lankmoedig en Barmhartigheid. Hierdie Skeppingsera, hierdie Week het tot einde gekom en dit wat nou moet kom, gaan gebeur sodat daar ’n Sabbatsrus kan wees sonder die teistering van My Teenpool! My Hele Skepping smag alreeds lankal daarna. Hou vas, My Kinders!

Daar is voorwaar baie te vertel oor dit wat kom, My Kinders, maar julle is steeds nie gereed om dit te kan aanhoor nie. My fluisteringe aan sommige van julle het julle al begin hoor en op ag geslaan. Hulle kan ook nie begin vertel nie, oor dieselfde rede. Kom, My Kinders, kom nader aan My en lê julle hardnekkige, wederstrewige harte voor My neer. Julle sit nog met vooropgestelde idees van hoe Ek te werk sal moet gaan, volgens julle opinie. Hoor mooi, jou opinie oor hoe en wat Ek wanneer doen, tel nie voor My nie! Slegs My Wil, altyd! Kom luister by My hoe Ek sake sal en gaan uitwerk. Hierdie is My Skepping, op My Tydtafel, en Ek het geen adviseurs nodig nie. Moet julle nie aanmatig nie.

Kom, wees KINDERS in My Huis en kom in die regte Orde in. Alles wat buite My Orde is, sal Ek as boumateriaal gebruik wanneer Ek die wêreld herskep. Julle sal vir die Sabbatsrus My saligheid aanskou, My nuwe maaksels waaraan My Kinders nie eens kan begin dink nie. Daar sal geen verskoning wees dat julle nie die oproep tot Kindskap kon gehoor het nie. Ek praat in en deur baie van My Kinders om die Uitnodiging ver en wyd uit te stuur. Wees gehoorsaam en kom nader aan My! Soos 'n hen haar kuikens onder haar vlerk wil beskerm, so wil Ek julle in die komende dae beskerm. As julle weier om "kuikens" te wees, hoe kan Ek dit vir julle doen? Hoor die Roepstem van die Herder!

Salig en Gelukkig is hulle wie nie skroom om alles daar te laat en hulle in My te kom verberg nie. Iemand wie die Lig gesien het, kan nie weer die Duister kies, tensy hulle van die Duisternis is nie. Die brug wat Ek gemaak het vanuit die Doderyk, is steeds daar, maar siele se eie keuses hou hulle in die Doderyk. Kom, My kinders, kom kies die Lig, kies vir My en Ek sal jou skoonwas van alle sonde! Kyk, hoewel jy rooi van sondeskuld is, was Ek jou witter as wol! Net Ek kan dit doen, net Ek sal dit vir jou kan doen, kies My! En LEEF!!!

Daar is voorwaar net Goedheid en Guns wat julle, My Kinders, My Bruid sal volg al die dae van julle aardse lewens en die Ewighede daarna. In My Huis is daar oorvloedige LIEFDE, LIG en LEWE. Kom Leef in My Huis en verlustig julle in My. Ek sal julle gee die begeertes van julle hart. Kom neem My Wil op en sien hoe die seëninge om julle gaan vermeerder! EK IS julle Redder, EK IS julle Voorsiener, EK IS ALLES!

Kom, My Geliefde Bruid, maak die laaste dingetjies reg. Kyk, My Hand is op Jou Deur!

Ek IS Lief vir julle!

EK IS"

Amein


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205