EINDTYD BOODSKAPPE AAN DIE BRUID
WENDY MACFARLANE

Hoofstuk 86

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91.

Nr 86 - 04.08.8016 - 08h50 (aan Wendy)

"Skryf My Liefling, My Bruid

Ek was vir 'n lang ruk stil deur die skryfkneg en van julle het verward begin raak, sommige het so effens begin verdwaal raak in die stilte wat julle so ervaar het. My Kinders, Ek was die hele tyd besig om met julle te praat en almal het nie My Stem herken nie. Kan julle sien hoe vêr julle dan nog moet kom, want dit is vir elkeen van julle moontlik om My Stem in julle binneste te hoor, om sodoende kos uit My Hand te kan ontvang.

Moenie moed opgee en verdrietig raak oor hierdie les nie. EK IS jul Vader en ken die Ewighede aan beide kante van hierdie oogwink van jul bestaan. Ek ken jou en weet dat elkeen in die regte Tyd na My sal terugkeer. Wees getrou aan die taak waartoe julle ingestem het, werk daaraan om jul vleeslike lesse deur te kom, te oorkom en word vry in jul siele, tot Lewe geroep in en deur My.

In deemoed moet julle na My draai met al jul tekortkominge, want dit is slegs Ek wie julle daarmee kan help. Dit is slegs in My wat julle oorwinning kan verkry. EK IS jul oorwinning! Gryp My aan en word omvorm, My Liefde sal dit in julle oorbrug wat julle kortkom. Daar is niks wat te groot of te moeilik is vir My nie. Hoe groot of klein is jou geloof?

Daar is onder julle die wie steeds nie losgemaak staan van die strikke wat die vyand van julle siele vir julle gestel het nie. Kom in My Liefdesleer in, laat staan die vingerwysende Geregtigheid in al die vorme en kom binne My Orde. Het Ek nie gesê julle moet maak soos Ek gemaak het toe Ek hier tussen julle gewandel het nie?

Kom en maak erns met hierdie klein jakkalsies wat die wingerd verwoes. Daar kan niks daarvan toegelaat word nie, My Liefling. My Bruid is Rein en heel van Hart, verruklik mooi deur die Liefde wie uit haar straal, getooi in allerfynste wit.

Kom neem julle plek by My tafel en eet My spyse, daarin is Lewe en in oorvloed.

Hoor My Lied deur jul wese dring, EK IS Hier!"

Amein


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205