EINDTYD BOODSKAPPE AAN DIE BRUID
WENDY MACFARLANE

Hoofstuk 17

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91.

Nr 17 - 31.12.2015 om 12h55

(aan Wendy)

"Moenie weemoedig word nie My Dogter, My Bruid, wanneer verhoudings opbreek en gemoedere hoog loop oor dit wat Ek jou gee om te skryf (U het my gewaarsku om nie links of regs te kyk nie. Ek verstaan).

Neem nou byvoorbeeld jou serp waarvoor jy so lief is, Ek het dit aan jou gegee en hou daarvan dat jy dit so uitbundig dra. Serpe is nie vir almal nie, sommige reaksies op serpe is skerp negatief, want dit gaan oor hul verwysingsraamwerk (Ek weet Pappa, baie baie dankie vir die serp!). Nou, sal Ek dan wil hê dat almal ewe veel van serpe hou? Nee. Hoekom wonder jy dan dat sommige mense uitbundig nuwe dinge aangryp en ander eers mooi wil deurdink en herkou? (Ek weet dit ook, Pappa). Ek weet jy weet, My Dogter. Ek wil jou herinner dat ’n mens in uitbundigheid soms halsoorkop kan wees en in deurdink en in herkou ’n mens kanse vir die nuwe kan verpas. Leer om altyd jou oë slegs op My gevestig te hou. Ek sal jou nie verkeerd lei nie, Ek sal jou nie laat val nie.

01.01.2016 om 06h15

Dit is die begin van 'n nuwe jaartal vir julle en baie het My gisteraand opgesoek oor die jaar wat kom. Dit is goed en reg. Hierdie jaar gaan vir julle bring wat julle volk nog nie voorheen beleef het nie en slegs hulle wie totaal in My geborge gaan wees, gaan soos eende op die stormwater kan dryf. Julle moet so wees sodat julle jul naaste kan help en so My Take verrig.

Die tye wat Ek My knegte Nicolaas en Johanna gewys het, is op hande en daar is 'n somberheid wat soos 'n waas die landskap vooruitloop. Ek wil hê dat julle bewus moet wees daarvan, want dit is nou die tyd wat julle gaan moet begin werk om die "voorgevoel van naderende onheil", wat sommige mense kan aanvoel, te gebruik om hulle nader aan My te laat beweeg. Daar is hulle wie dit kan aanvoel, Ek sal julle elke geleentheid gee. Wees reg, voorbereid om My Woorde te spreek in LIEFDE. Hulle wie so vêr heen is in hulle waan van eiewysheid en eieliefde is "salig" onbewus hiervan.

Versterk julle knieë, My Bruid. Ek gaan aan elkeen spesifieke gawes gee wat hulle nodig sal hê om My Take en Dade te verrig. Ek gee die toerusting, julle is in My Diens. Moet dit nooit uit die oog verloor nie! Ek sal julle verantwoordelik hou.

Haal diep asem, blaas julle longe volledig uit. Word kalm. Die Tyd waarop die Hele Skepping gewag het, is hier. En julle is hier, in My Diens vir ’n baie besonderse werk. Dit gaan soms gevaarlik blyk te wees, die plekke waar Ek julle sal instuur, maar wees baie seker dat EK IS by julle is en sal wees en dat julle beskerming My Taak is. Wees vreesloos!

Kom, My Kindertjies, kom nader aan My en slaan julle arms om My en druk julle koppe teen My vas! Neem julle Krag, Liefde en Lig van MY.

Hou julle ore oop en julle oë op My en julle SAL triomferend hierdeur kom! My Bruid, Sy is vreeslik om te aanskou, 'n Leërmag in beweging met vlieënde Vaandels! Wie kan voor Haar staan! KOM MY BRUID! KOM!"

Amein

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205