EINDTYD BOODSKAPPE AAN DIE BRUID
WENDY MACFARLANE

Hoofstuk 51

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91.

Nr 51 - 20.03.2016 om 20h40 (aan Wendy)

"Skryf My Lief-Kind, My Bruid!

Kom nader aan My en julle sal geen vrees hê nie. Die naderende onheil kan julle verbygaan deurdat julle in My verberg sal wees soos 'n swemmer wat deur 'n golf duik om die krag daarvan te ontsnap. So sal Ek julle teen die krag van die onheil beskerm en julle sal drenkelinge tussen die stormsee rommel moet gaan help. Soos wat elke lewensredder weet, moet jy wag totdat die drenkeling uitgeput is voordat jy hulp kan gee. Terwyl hulle nog in eie krag hulself probeer red, sal hulle nie redbaar wees nie. Ek sal julle sê wanneer dit die regte oomblik is, luister net na My Stem.

Dit is voorwaar die "tussentyd" net voor die Begin van die Dae, maak seker julle lampe is vol en hou die ekstra olie byderhand.

Daar gaan van julle geliefdes Huis toe geroep word in hierdie tussentyd, want hulle take is volbring en dit is nie vir hulle om die Tye hier deur te gaan nie. Julle wie getrou voorberei het, julle siele wat deur die grootword stadiums geworstel het en julself bevind waar jul kleed skitterwit is en jul tooisels asemrowend mooi versier, julle wie Ek tot Bruid verkies, is saam met My om hierdie take en dade te verrig en te volbring om soveel kinders as moontlik te red in hierdie laaste oestyd. My Geliefdes, lank bekende en getroue knegte, Saam gaan Ons die oorwinning hier tegemoet. Juig My Bruid! Jou Meester en Beminde is HIER!

Erbarming. Deurdink die Woord, want julle gaan op nuwe manier daarmee vertroud raak.

Ervaar die RUS wat soos 'n warm kleed op 'n koel dag oor jou vel streel en jou omvou. Jou spiere ontspan, jou siel haal diep asem en daar kom vernuwing soos Moeder se kus op jou voorkop. Jy is Tuis! Die dae waarin julle uitgeput gaan voel, is baie en julle sal by My sulke oomblikke kom haal. Bly altyd naby My, wees geborge in My. Julle is Myne, Ek is jul Voorsiener, jul Aanvoerder, jul Geliefde. Glo in My.

Jul geliefdes wie julle vooruit in My Ligryk ingaan, gaan julle vandaar versterk. Hulle het slegs na 'n beter posisie gegaan om julle die beste hulp moontlik te kan gee. Almal van julle is in My Diens. Ek is julle Krag en Vertroosting, met jul pyn en verlange sal Ek julle mee bystaan. My Liefdevolle arms sal julle dra. Weet dat die volgende fase van My Verlossingsplan in werking gaan en dat daar altyd ’n "Wedersiens" sal wees. Ek is die Balsem wat Heling bring. Ek is julle ALLES! EK IS LIEFDE! EK IS!

Moenie persoonlike verlies vrees nie, My Kinders. Ek doen niks alvorens Ek Myne daarvan vertel het nie. Alles hier is tydelik, verganklik. Dit wat in jul harte, jul siele is, is EWIG. Julle het vanuit My LIEFDE uitgegaan en julle sal weer na My terugkeer. Julle rykdomme is hier by My en alles wat vir julle steeds kosbaar is wat aan hierdie materiële wêreld vas is, sal julle met pyn vervul wanneer dit van julle ontneem word. Stoor vir julle rykdomme hier by My, waar mot en roes nie kan kom nie. Ondersoek weer jul harte in die lig van wat wat Ek julle vertel het van jul geliefdes en kom voor My met jul vrae, jul ontnugtering by die besef dat julle steeds verknog is aan iets of iemand anders as Ek. Ek is JaHshua van die Skeppingsleërmagte!

Kom My Kinders, wees sterk, versterk en vol goeie moed. Sien dat die Verlossing Hier is. Wees geduldig My Bruid, enige oomblik nou gaan Ek jou aanraak. Luister na My Stem!

Ek is HIER, EK LIEF JULLE!

EK IS!"

Amein.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205