EINDTYD BOODSKAPPE AAN DIE BRUID
WENDY MACFARLANE

Hoofstuk 48

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91.

Nr 48 - 15 en 16.03.2016 aan Wendy

"Skryf My Liefling, My Bruid

Wee hulle wie wegdraai van My, want die skokgolf nader en gaan hulle heeltemal uitmekaar ruk. Dit is voorwaar 'n pyniging wat Ek hulle graag, baie graag wou gespaar het. Maar hul keuse, hul wil is nie te oortree nie. Tog sal Ek bly roep, bly soebat, want die lyding gaan baie lank aanhou voordat hulle eindelik na My sal draai. O My kinders, My kinders! Hoe graag wou Ek julle nie onder My vlerke bymekaar maak soos 'n hen haar kuikens, MAAR JULLE WOU NIE. Nogtans sal EK die Weg oophou, die rigtingaanwysers oral los, sodat hulle wie in die verskriklikheid tot hul sinne gaan kom, na My sal kom.

Skarlakenrooi is jul sondes, My kinders en tog is dit net Ek wat dit kan bewerk om dit so wit soos sneeu te kan word. Het julle al sneeu tussen julle vingers gehou en dit bekyk, gevoel hoe dit maak, sodra druk daarop geplaas word? Hoeveel pret was daar nie al gewees met sneeuballe rol en die speletjies van mekaar peper met sneeuballe. Sneeu verander vreemdelinge in kamerade, vreugde is aan die orde van die dag! Elke sneeuvlokkie is uniek, hoeveel duisende sneeuvlokkies gaan daar in 1 sneeubal? Rein soos sneeu was Ek jul sondes weg! Die rooi toutjie aan die Tempel deur word wit wanneer die rooi toutjie van die vrygelate sondebok daarby gebring word. Albei wit! Deurdink dit, ook soos wat die as van die sondeoffer verdwyn het, toe die silwer graaf dit by My altaar gaan plaas het. Aanvaar! Aanvaar! Julle wie skuld bely en offers bring, met jul harte, Ek SAL julle aanvaar! Kom My dierbares, My kleintjies wie nog sukkel om te loop. Moet nie moed opgee nie. Kleintjies steier mos maar bietjie rond totdat balans gevind word. Kom leer van My aan My voete en julle sal gou julle voete vind in My realm. My realm het reëls waarby gehou moet word, My Geduld is lank, maar die reëls staan vas. Nee is altyd nee, en ja is ja. Daar is nie iets soos "rebelse tieners" nie, daar is geen rebel in My Ryk nie, slegs LIEFDE!

Bring die kindertjies na My toe, want dit is hulle wie in My Ryk kan ingaan. Geleerdheid is vir julle 'n hindernis, want dit is deur die HART wat julle ingaan. Jul gedagtes wat ’n oorsprong het van dit wat julle geleer is , is vir julle struikelblokke. Dit veroorsaak dat julle mank loop, dat julle sonder hande, voete, oë en ore is. Soos 'n kleintjie, My geliefde, soos 'n kindjie moet jy word. 'n "Groot Meneer", 'n "Ryk meneer", 'n "Slim meneer", nee! Soos 'n kindjie moet julle word voor My en Ek sal julle gebede verhoor. Nog 'n eienskap van 'n kindjie is onskuld en ongekunsteldheid. Ondersoek julself voor My en deurstaan die toets!

16.03.2016

Sirag 1v2 - "Die sand van die see en die druppels van die reën en die dae van die ewigheid - wie kan [dit] tel?

Sand, druppels, dae is slegs uitvloeisels van My Voorsiening aan julle en jul geleerdheid, jul slimmigheid kan dit nie eens bepaal nie. Kom tot die besef van die leuen waarin jul geleef het! Julle twee grootste kriteria vir "aanvaarbaarheid" in jul samelewing is 'n klug. Die enigste kriteria wat werklik tel is jou HART. Kom My kinders, kom kry Wysheid by My en verlaat dit wat julle aangeleer is in hierdie wêreld. Dit is van geen waarde vir julle in die hiernamaals nie.

My Dogter, My Bruid, My kinders, kom neem julle plekke by My voete in en word onderrig in die Waarheid, die Wysheid. Daar is GEEN ander Weg na My behalwe deur die Hart nie!

Soos 'n kanarie in 'n hokkie die myners van ouds daarop gewys het van die teenwoordigheid van giftige gasse, en hierdie diens aan die myners dikwels hul lewens gekos het, so My kinders word My Skepping gebruik en misbruik in diens van jul versugtinge, jul gierighede. Ek weet wie die skuld dra aan watter deel van die onreg aan haar gedoen en dit sal verantwoord word voor My. Ek slaap nie, Ek sien Alles!

Sirag 3v17-31 : Gaan leer van Ootmoed, julle harte bly trots in jul sogenaamde ootmoed voor My. Ek slaap nie, Ek sien alles!

My Genade is groot My Kinders en My Geduld is lank, en dit sodat julle gered kan word van elke kans, elke geleentheid wat gebied en aangegryp word, gered kan word van julself, jul hartstoestand, jul kop gestremdheid, jul gees gebreke. Kom vra My vir die prentjie van hoe julle werklik daaruit sien en Ek sal julle wys. Ek sal jou ook wys hoe om tot volkome gesondheid te keer, na "heelwording". Wees dan nie moedeloos vir die taak wat voor julle lê nie, My Kinders! Gebruik julle nie die voorbeeld van 'n ui op ontvouende heling, om waarhede aan jul te verduidelik nie! Laat Ek dieselfde doen! Hierdie ui, My Kinders, is soos een van daardie wat 'n "ring", 'n "uieblaar" het wat verkleur en ongesond is tussen die gesondes en dit moet vinnig verwyder word, voordat die hele ui verlore gaan. Hou moed, My Kinders, julle nader die binneste deel van die ui wat lyk soos 'n saadhuisie. Julle sou nie tot hier gekom het sonder My nie. Moenie glo julle is verlate nie. Ek is hier, Ek is jul Pa en julle is My Kinders!

Kraakvars en heerlik verfrissend is My Woord aan elke honger siel wie na My smag, My Reën, die lafenis vir dorheid. Gelukkig, welgeluksalig is hulle wie, nadat hulle geklop het, die deur voor oopgemaak is en hulle kan inkom. As julle nie soek nie, sal julle nie vind nie, as jy nie vra nie, sal geen antwoord gegee kan word nie. Kom vra My, My geliefdes. Ek wag vir julle. Kom in ootmoed en Ek sal julle aan My voete onderrig!

Majesteit en Luisterryke Verhewendheid is die plek waar Ek beweeg, en dit is wanneer jul harte begin verstaan wie Ek dalk kan wees in jul beperkte vermoë van verwonderde verstaan, jul geremdheid van die vlees laat nie toe dat daardie hartsgedagtes, daardie flitse van uitgestygde onuitspreeklike, deurligte saligheid van siel en gees tesame in My Teenwoordigheid behoorlik vorm kan aanneem nie. Indien dit waar sou kon wees, sou julle nie verder hier wou gewees het nie, en sou vanself wou oorgaan na My realm, My Koninkryk. Ek sien jul versmagting, My Kinders, My Liefling, My Bruid. Daardie flitse, beelde, word deur My aan julle geskenk, sodat julle nie gemaklik sal raak in dit wat julle al agtergelaat het en van losgemaak is nie. Daar is altyd meer en dieper insig, meer verhewe Waarhede wat Ek vir julle sal gee in hierdie "tussen-oomblik" voordat Ek tot julle kom. Hou moed, hou uit! Ek is HIER!

Julle My Kinders, My Bruid is kosbaar, so kosbaar vir My! My laaste druppel bloed het Ek in Liefde vir julle gegiet om julle los te koop vanuit julle vonnis. Vir julle wie My Offer erken en aanneem, vir julle is daar Lewe in My Ligryke, is daar doelmatige diens in Liefde. Daar is nie leeglêers in My Ryke nie. Begin om daardie gedagte wat aan julle oorgedra is met wortel en tak uit ruk. Is daar nie 'n Volk spreekwoord wat lui, "Ledigheid is die duiwel se oorkussing" nie? Kom My Kinders, word werksaam, dien jul naaste op elke moontlike geleentheid in Liefde voordat hulle vir die hulp kan vra. Dit vereis 'n harts-toestand van aktiewe Liefde, nie ingekeerde, ongeïnteresseerde eieliefde nie, soos hulle wie met toe-oë deur die lewe gaan, want julle sal die hiernamaals blind ingaan indien julle nie nou hieraan begin werk nie.

Gelukkig, welgeluksalig is hulle wie reeds in hierdie lewe streef na ware Kindskap in My Huis. Ek sal hulle hier verwelkom.

Die tye wat aangekom het, moet julle nie toelaat om julle lam te lê nie. Moenie gefrustreerd raak oor vaardighede wat julle nog nie het nie. My Bemagtiging sal julle alles gee wat nodig is, wanneer julle dit nodig het, betyds. Herken die lering vir julle siele wat nog ontbreek en stel die laaste dingetjies reg voor My. Kyk op, My Kind, Ek is HIER!

Die geskrifte, verhale, Tye vanaf Adam loop op 'n punt uit in die Hier en Nou. Ses dae het Ek gearbei en al My werk gedoen en die Sewende Dag het Ek gerus. Hulle wie IN MY is, sal saam met My RUS. Laat daardie waarheid in julle ontvou. Vra my daaroor en Ek sal julle onderrig. Net Ek kan dit vir julle in jul hart, siel en gees oopmaak. EK IS.

My liefling, My Bruid. Hoe skitter wit en Rein is JY nie!

Ek is HIER!

EK IS"

Amein


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205