EINDTYD BOODSKAPPE AAN LUKAAS VAN HOUT VIR DIE BOEREVOLK
JACOB LORBER - ENGLISH

Hoofstuk 99

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190.

Boodskap No 98 aan Lukaas van Hout op 1 Desember 2013

Het julle geweet dat wanneer julle treur oor die dood van julle geliefdes dat Ek, EK IS wat EK IS saam met julle treur? Dus, waarom treur julle? Ek ken hierdie sterftes, elkeen van hulle en soos wat Ek julle vertel het, is Ek saam met My leërskare teenwoordig by elkeen van hierdie sterftes. By elkeen van hierdie sterftes is Ek, EK IS wat EK IS met julle geliefdes! EK! JA EK, Skepper, Vader, die Heilige Gees, JaHshua en alomteenwoordig in elke deeltjie van die skepping, EK IS! Verstaan julle nog nie dat EK IS Liefde is nie! Dit is hierdie Liefde wat die hele skepping aanmekaar bind! Hierdie Liefde is Ek, EK IS wat EK IS, alomteenwoordig in alles wat is, was en alles wat nog moet wees, IS Ek alreeds! Gedurende hierdie oomblikke tydens die afsterwe van julle geliefde een is Ek teenwoordig in My liefde en dra alles wat julle geliefdes gely het. Hulle het nie alleen gesterf nie! Ek en My leërskare was met hulle gedurende die laaste oomblikke van hul lewens in hierdie wêreld! Ek het hulle huis toe geneem en hierdie sterftes toegelaat vir My planne en My doeleindes soos wat Ek julle reeds getoon het, maar verder as dit, het Ek hulle huis toe geneem om saam met My te wees in My koninkryk om dit te ontkom wat julle binnekort gaan tref! Ek ken die harte van die mens en Ek ken die geloof van die mens en Ek weet hoe ver die geloof van die mens elkeen van julle sal dra gedurende die tye wat kom! Dus is dit Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS, julle liefdevolle Vader, wat mense se harte ken tot aan die einde van hul dae op die aarde en Ek ken die diepte, breedte en wydte van die harte van die mens en hulle geloof in My. Soos wat Ek julle reeds vertel het, Ek, EK IS wat EK IS sal geen las op enigiemand plaas wat meer is as wat hulle in staat is om te dra nie. Dus het Ek hulle van julle af weggeneem, wetende dat hulle geloof in My genoeg was vir My koninkryk, maar dat dit hulle nooit sou deurgedra het in die komende tye nie. Ek besit dieselfde kennis van elkeen van julle se geloof. Ek sal julle slegs so ver neem op hierdie reis, as wat julle in staat is om in die geloof te dra. Dan sal Ek julle huis toe neem na My hemelse koninkryk om saam met My te wees vir ewig. Hou goeie moed, kleintjies wie Ek so liefhet, julle geliefdes is slegs 'n hartklop weg en julle sal weer saam met hulle by My troon verenig word. Almal van ons sal saam sit by die boom van die lewe en die lewende water drink van My wysheid, waarheid en geestelike kennis van daardie riviere wat van hierdie boom af vloei. Dus ja, soos wat julle treur, sal Ek saam met julle treur en onthou, kinders van My, MY KINDERS, onthou, ons sal dikwels saam sit by die boom van die lewe en vir ewig woon in My, My Liefde wat ewiglik geen grense of einde ken nie, EK IS wat EK IS!

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205