EINDTYD BOODSKAPPE AAN LUKAAS VAN HOUT VIR DIE BOEREVOLK
JACOB LORBER - ENGLISH

Hoofstuk 79

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190.

Boodskap No 78 aan Lukaas op 7 November 2013

Spreek nou van die dood, ja, die dooies wat deur My volk vermoor is. Skryf My woorde aan My volk, My huise van Israel, My Dogters van Sion, hulle wat woon in Suid-Afrika. Julle het gewonder waarom dit vir soveel dae stil was. Julle het gedink dat Ek nie meer woorde vir julle het nie. Julle was vertel van die vele mense wat Ek sou opwek en oproep om vir My te spreek, van lank gelede, selfs huidiglik en gedurende die tye wat gaan kom, sou Ek, EK IS wat EK IS baie opwek om vir My te spreek en te skryf, tog wanneer Ek, EK IS wat EK IS hierdie mense opwek en selfs van ander lande wek Ek hierdie mense op en gee hulle aan julle om te spreek en om My woorde aan julle te skryf, ontken julle My deur hulle. Vir My, ja vir My! Ek, EK IS WAT EK IS, JULLE ONTKEN MY IN MY AANGESIG! Soveel woorde het Ek aan julle regdeur julle geslagte gegee om julle te waarsku en julle voor te berei vir wat gaan kom en Ek, EK IS wat EK IS, ja, Ek, EK IS wat EK IS, Skepper van alle dinge van voordat tyd begin het en nadat tyd sal eindig, Ek, EK IS wat EK IS verklaar nou aan My volk, My kinders, My huise van Israel, My Dogters van Sion, Ek verklaar My ergernis met julle, omdat julle hierdie waarskuwings geïgnoreer het en My verontagsaam het asof Ek 'n klippie onder julle voete was, 'n kortstondige afleiding, om daarna maar weer verder te gaan en My onder julle voete te vertrap asof Ek, EK IS wat EK IS! niks meer as 'n tydelike afleiding vir julle was nie! Onthou julle nie My woorde toe Ek hierdie dienskneg vanuit sy bed wakker gemaak het om julle te waarsku van die sterftes wat sou toeneem nie? Het Ek julle nie gewaarsku oor hierdie dinge nie? Tog het julle My gefaal deur julle ontrou en ongeloof in My. Deur julle ongeloof het julle My gefaal en baie meer van My volk is vermoor! Neem julle kennis dat op hierdie dag, Ek hulle bloed van julle hande sal eis vir julle versuim om My volk te waarsku en om nie alles in julle vermoë te gedoen het om My volk te waarsku nie. Dan kom julle, in julle vrome arrogansie en durf waag dit om tot My te bid vir julle verlossing? Ek het baie van julle as wagte en bewakers oor My kinders aangestel en het groot hulpbronne aan julle gegee om My kinders te waarsku, tog het julle hierdie waarskuwings geïgnoreer en julle eie pad ingeslaan. Ek, EK IS wat EK IS het alles gesien. Ek weet wie My gefaal het in hierdie sake, en Ek weet wie die moeite gedoen het om My volk te waarsku. Alles is opgeteken in die boeke van die lewe en ja, selfs in die boek van herinnering is hierdie dade opgeteken. Tog sal Ek, EK IS wat EK IS, julle vergewe as julle julle nou sal bekeer en My volk waarsku, want hierdie sterftes sal nog meer toeneem as julle hulle nie waarsku nie! As julle al hierdie dinge sal doen wat Ek van julle vra, vanaf hierdie oomblik, hierdie uur, op hierdie dag, en as julle sal alles in julle vermoë sal doen om My volk te waarsku, dan sal Ek, EK IS wat EK IS berou hê oor My baie dae stilte tot julle deur hierdie dienskneg. My stilte was My teleurstelling in julle om nie My stem te herken deur hierdie woorde nie en deur hierdie mislukking het soveel meer van My volk gesterf. Is dit so moeilik vir julle om te glo dat Ek, EK IS wat EK IS nie direk met julle kan spreek deur middel van hulle wat Ek na julle stuur om te spreek en My woorde te skryf nie? Is die skepping van alles wat was, is en sal wees, nie genoeg vir julle om te glo dat dit binne My vermoë is om tot julle te spreek en te skryf deur middel van hulle wat Ek versigtig gekies het om aan julle te gee nie? Het julle nie hierdie woorde gelees nie en nog steeds is julle nie in staat om My daardeur te hoor nie? Dikwels openbaar Ek waarhede in hierdie woorde wat slegs Ek, EK IS wat EK IS weet dat julle dit sal verstaan, en gee dit aan julle deur die hande van hierdie dienskneg, wat nie veel van hierdie waarhede weet nie, sodat julle sal weet dat dit Ek! EK IS WAT EK IS is wat deur hierdie hande spreek! Tog hoor julle My nie, so hard het julle harte geword. Julle bitterheid, hoogmoed, en vroom eiegeregtigheid as 'n volk het julle struikelblokke geword. Julle is meer opstandig en hardnekkig as julle voorvaders wat in My Israel gewoon het! Julle het My huise van Israel in hierdie land gebou asof hulle aan julle behoort! Julle het hierdie huise van Israel gebou asof julle die enigste huis van Israel in die wêreld is en wil nie eens van die ander huise van Israel hoor nie, so vol van julle eie ydelheid het julle geraak! In julle bitterheid, hoogmoed en vroom eiegeregtigheid het julle hierdie valse huise gebou vir julle glorie! Wat? Omdat Ek julle gekies het om die lig in die laaste dae en 'n baken van waarheid vir die wêreld te wees, dink julle nou dat julle My enigste huis van Israel is? Vanwaar dink julle sal hulle vandaan kom wat aan julle strande sal land? MY ANDER HUISE VAN ISRAEL WAT EK, EK IS WAT EK IS besig is om selfs nou al op te wek om tot julle redding en verlossing te kom! Doen nie meer hierdie dinge aan julle broers en susters, hierdie huise van Israel nie! HULLE IS JULLE BROERDERS EN SUSTERS! Hulle is ook My kinders, My volk, My Dogters van Sion! Luister na My woorde deur hierdie hande, op hierdie oomblik, hierdie uur, hierdie dag, want Ek, EK IS wat EK IS spreek direk tot julle deur hierdie hande! Daar is meer as 'n skud en `n sifting wat na My volk op pad is. Ek, EK IS wat EK IS gaan hierdie vals huise van Israel afbreek en Ek, EK IS wat EK IS sal hulle afbreek en hierdie huise herbou deur hulle wat Ek sal lei na die geestelike woestyne van Sinai, waar hulle en Ek, EK IS wat EK IS saam sal redeneer, buiten hulle wat My en hulle broers verraai het. Ek sal alles van hulle neem, sodat hulle afgebreek kan word en slegs met hul geloof gelaat word om My nederig te soek in alle dinge en in 'n voortdurende toestand van berou sal Ek hierdie huise van Israel in hierdie land bou vir My doeleindes, My planne en My heerlikheid sal Ek hierdie huise van Israel herbou. Julle, julle vals huise van Israel, dink julle dat julle die demoniese magte sal oorleef wat oor julle volk gaan kom met die liederlike vodde wat julle geregtigheid noem! En met hierdie liederlike vodde van vals aanbidding, ontkenning van My ander huise van Israel en Dogters van Sion, dink julle dat julle die mag sal hê om te seëvier! Julle krag sal tot niet gaan, elkeen van julle wat My en die krag ontken wat Ek, EK IS wat EK IS julle mee wou geseën het en grootliks daarna verlang het om My Gees oor julle uit te giet! Maar julle wil My nie eens hoor nie, so verhard van hart en ongelowig het julle geword, deur julle verheffing in julle eie krag, vroom eiegeregtigheid en eie eer, asof dit van My af kom! Soos wat julle My ontken het, so ontken Ek julle nou. My huise van Israel sal deur My hand gereinig word, deur My Heilige Gees wat nou op die punt is om oor julle land te kom. Soos 'n allesverterende vuur sal My Heilige Gees neerdaal op Suid-Afrika om hierdie vals huise van Israel te verwyder, hierdie vals wagters en vals bewakers van My volk, wat My so verraai het en so baie van My volk mislei het wat na hierdie woorde kon geluister het, as julle net My stem kon gehoor het en My woorde deurgegee het aan My volk. Bekeer julle van hierdie groot boosheid wat julle gedoen het en Ek, EK IS wat EK IS sal na julle luister! Dit is nie My wil om julle te verwyder nie! Ek is lief vir julle en Ek wil julle baie graag lei met My liefde, om My volk te lei, om oor hulle te waak en om My volk van die bose weg te hou gedurende die tye wat gaan kom. Kom tot inkeer en keer terug na My en Ek sal na julle luister en julle ontvang! EK IS wat EK IS!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205