EINDTYD BOODSKAPPE AAN LUKAAS VAN HOUT VIR DIE BOEREVOLK
JACOB LORBER - ENGLISH

Hoofstuk 104

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190.

Boodskap No 103 aan Lukaas van Hout op 4 Desember 2013

Dogters van My Dogter van Sion, dogters van My volk, My kinders en My huise van Israel, dink nie dat julle vergeet is in My woorde vir My volk, My kinders, My huise van Israel en My Dogters van Sion nie. Julle moet ook nooit dink dat julle ooit deur My, EK IS wat EK IS vergeet is in die woorde wat My Heilige Gees aan hierdie dienskneg gee om vir My te skryf nie. Onthou julle nie dat Ek veral moeders as baie geliefd beskou nie? Onthou julle nie dat Ek in My wette vereis het dat spesiale sorg aan die vroue, moeders en weduwees van My volk gegee word en dat mans veral beveel is om julle lief te hê en vir julle te sorg nie? Weet julle nog nie hoe baie Ek julle liefhet en hoe geliefd julle is deur My, EK IS wat EK IS nie? Almal van julle, ja almal van julle verteenwoordig My as My Dogter van Sion en My bruid. Dit is duidelik geopenbaar deur My woord en deur My Woord word almal verantwoordelik gehou vir hul optrede teenoor julle, My dogters van My Dogter van Sion en dogters van My volk, My kinders en My huise van Israel. Dikwels wandel Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS, julle liefdevolle Vader onder julle. Dikwels besoek Ek julle, beide in julle ontwaakte ure en gedurende die ure wat julle slaap. Dikwels het Ek julle laat weet van My teenwoordigheid. Dikwels het julle die aanraking van My liefde gevoel terwyl julle nog slaap en dikwels het Ek My liefde bevestig deur die vele mense wat Ek na julle toe gestuur het om voor te sorg en om lief te hê. Het julle nie geweet dat Ek onder diegene was wat besoek gebring het aan julle nie? Het julle My nog nie in almal van hulle gesien nie? Kyk na My in alle dinge en kyk na My groot liefde vir julle! Kyk na My en julle sal My sien op meer maniere as wat julle nou dink moontlik is, so sal julle My sien in My liefde vir julle. Onthou, onthou, onthou Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS besoek julle dikwels terwyl julle nog slaap en dikwels besoek My leërskare julle terwyl julle nog slaap om julle harte en geeste aan te raak en om My liedjies van My liefde vir julle te spreek en te sing terwyl julle nog slaap. Onthou julle nie hierdie dinge as julle wakker word nie? Dikwels het julle wakker geword met spesiale woorde van My aan julle in julle harte en dikwels het julle wakker geword met hierdie liedere in julle harte en op julle lippe. Dit was Ek, dogters, ja, dit was Ek, EK IS wat EK IS en dikwels was dit ook My leërskare wat al hierdie dinge in julle harte en liefdevol op julle lippe geplaas het, soos wat julle wakker geword het en soms hierdie woorde herhaal het en die liedjies gesing het wat ons met julle gespreek en gesing het van My liefde. Julle moet nooit dink dat julle deur My, EK IS wat EK IS vergeet sal word nie!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205