EINDTYD BOODSKAPPE AAN LUKAAS VAN HOUT VIR DIE BOEREVOLK
JACOB LORBER - ENGLISH

Hoofstuk 83

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190.

Boodskap No 82 aan Lukaas van Hout op 11 November 2013

Wagter van die huise van Israel, wagter van My kinders, wagter van My Dogters van Sion, en wagter van My volk, skryf My woorde. EK IS wat EK IS, skryf My woorde en waarsku hulle ernstig, ja waarsku hulle ernstig, hulle wat My woorde spreek of skryf met watter gesag of titel hulle ookal besit, skryf hierdie woorde, hierdie ernstige woorde van waarskuwing. Deursoek nou julle harte, deursoek nou julle siele, deursoek nou julle geeste, deursoek ywerig met alle nederigheid, berou en opregtheid, deursoek julle nou en bepaal of julle My wil doen of julle eie wil, in julle voorstelling van My aan My volk. Soos wat Ek My leiers en herders gewaarsku het, waarsku Ek, EK IS wat EK IS julle nou ernstig en Ek, EK IS wat EK IS waarsku julle om die aard en oorsprong te bepaal vanwaar julle spreek en skryf in My Naam, want Ek ken Myne en Ek, EK IS wat EK IS weet wie spreek uit harte van eiegeregtigheid, harte van eie eer en harte van die bose een, want Ek, EK IS wat EK IS ken al julle harte. Stel nou vas, want soos wat Ek die leiers en herders gewaarsku het, waarsku EK IS wat EK IS julle! Maar Ek waarsku julle nie met teregwysing, tugtiging of vermanings nie, EK IS wat EK IS waarsku julle van julle geestelike dood, as julle aanhou om My te verteenwoordig, diegene van julle wat is vals is en My volk in My Naam belieg. Neem kennis, julle valse profete, neem nou kennis, julle valse boodskappers, dat Ek, EK IS wat EK IS nou My Heilige Gees onder julle instuur om julle woorde te draai, elkeen van hulle tot niks. Ek sal, deur My Heilige Gees, julle deur julle valse woorde verraai, soos wat julle My verraai het deur te doen waarvoor julle nooit geroep of aangestel was om in My Naam te doen vir My volk nie. Neem nou kennis en neem ernstig kennis dat My Heilige Gees julle woorde sal verwar, al maak hulle perfekte sin vir julle, sal Ek julle woorde aan My volk verwar, sodat hulle julle sal ken en sal weet van waar julle kom. Gee ernstig gehoor aan My waarskuwings, ja slaan ernstig ag op My waarskuwings! Ek, EK IS wat EK IS, sal toelaat dat julle julleself stil-stil verwyder en sodoende sal julle harte nog oopbly vir My Heilige Gees en My Heilige Gees sal voortgaan binne-in julle en julle tot berou en bekering roep tot My en voor My volk, deurdat julle julle sonde bely dat julle My en My woorde valslik verteenwoordig het. Ek, EK IS wat EK IS sal julle toelaat om dit te doen. Ek, EK IS wat EK IS berei My volk voor vir die donker dale wat voor hulle lê. Geen man, geen vrou en geen kind wat Ek, EK IS wat EK IS nie geroep het om onder hierdie uittog van My volk My woorde te spreek en te skryf, sal onder My volk wees nie, hetsy binne hierdie uittog van My volk of buite hierdie uittog van My volk sal daar geen man of geen vrou of enige kind wees wie Ek, EK IS wat EK IS nie geroep het om onder hulle My woorde aan My kinders te spreek of te skryf nie, aan My huise van Israel, aan My Dogters van Sion, en aan My volk, waar hulle ookal gevind kan word. Ek, EK IS wat EK IS!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205