EINDTYD BOODSKAPPE AAN LUKAAS VAN HOUT VIR DIE BOEREVOLK
JACOB LORBER - ENGLISH

Hoofstuk 82

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190.

Boodskap No 81 aan Lukaas van Hout op 10 November 2013

Luister nou na My, o huise van Israel! Luister nou na My, My kinders! Luister nou na My, My Dogters van Sion, LUISTER NA MY, Ek, EK IS wat EK IS! Het Ek dit nie deur die profete aan julle gesê dat die wêreld gedurende die laaste dae vir My en My Naam sal weet nie, dieselfde Naam wat Ek, EK IS wat EK IS met Moses gespreek het, EK IS wat EK IS? En het Ek julle nie van hierdie dinge vertel deur die hande van hierdie dienskneg waardeur Ek, ja Ek, EK IS wat EK IS, gespreek het van Myself Ek, EK IS wat EK IS en EK IS wat EK IS! Hy wat was voordat daar was! Hy wat is en sal wees en ook na die sal wees, Ek, EK IS wat EK IS wat spreek deur hierdie hande. Ek het julle gewaarsku en hulle gewaarsku wat My skape oppas en hulle wat lei, EK het julle gewaarsku! Julle sal nou My krag sien! Julle sal bewe voor My krag en julle sal ween oor My krag! Ek, EK IS wat EK IS het begin met die sifting soos wat Ek julle gewaarsku het! Ek het julle gewaarsku oor hierdie en baie ander dinge wat gaan kom deur hierdie hande en andere het Ek, EK IS wat EK IS JULLE GEWAARSKU! EK het julle gewaarsku dat hulle binne en hulle buite die kampe van My kinders, sal My kinders en My kampe en My huise van Israel en Dogters van Sion vervloek waar hulle ookal sou wees! Hierdie waarskuwings was om julle voor te berei vir die sifting en die skudding wat nou gaan plaasvind! Ek sal julle skud, o My volk en Ek, EK IS wat EK IS, sal julle plat op die grond voor My bring, in trane en smekinge tot My, om op te hou met hierdie skudding, so verskriklik sal dit wees! Dit moet gebeur! Dit moet gebeur, dit moet gebeur, want My kinders, MY KINDERS! Ja My, Ek, EK IS wat EK IS, MY KINDERS ly omdat julle wat hulle herder is en hulle lei en julle wat julleself blind hou, versuim om My wette te volg en versuim om hulle onder julle uit te dryf deur wie die Satan poog om julle te verslind! Het Ek julle nie gewaarsku teen hierdie dinge nie? Het Ek julle nie lank gelede vertel deur die profete van ouds, deur Myself, Ek, ja deur My, EK IS wat EK IS, toe Ek na julle toe gekom het as JaHshua en die profete daarna, het Ek, EK IS wat EK IS julle nie vertel van hierdie dinge en julle gewaarsku teen hierdie dinge nie? En nou, deur hierdie hande, het Ek, EK IS wat EK IS ook hierdie waarskuwings met julle gespreek, om julle te waarsku om hulle, die bose, uit te werp, hulle wat openlik sondig en weier om berouvol te bekeer, het Ek julle nie deur hierdie hande vertel om hulle weg te dryf van julle af nie! Maar julle het nie na My geluister nie, julle het geweier om My wette te gehoorsaam, julle het geweier om hulle te sien, hulle wat openlik sondig en hulle wat hierdie groot boosheid onder julle doen, laat julle nog toe onder julle! My kinders! My kinders, JA MY KINDERS, roep dag en nag uit na My in lyding van gees en liggaam, as gevolg van hierdie oortreders! Heg julle meer waarde aan hierdie kwaaddoeners as MY KINDERS! WIE IS JULLE, O MAN VAN MAN EN MANNE VAN MANNE OM MY TE TROTSEER IN SULKE SAKE, WANNEER EK, EK IS WAT EK IS JULLE SO RYKLIK GESEËN HET? WIE IS JULLE, O MAN VAN MAN EN MANNE VAN MANNE OM SULKE DINGE TOE TE LAAT TEEN MY KINDERS! Tog, omdat Ek planne het, My planne en My doel vir julle, moet julle nie bevrees wees nie en moet nie bekommerd wees nie, want Ek, EK IS wat EK IS het julle lief. Ek het hierdie dinge toegelaat, sodat almal van julle kan ontwaak vir die gevare, deur boosheid toe te laat deur enigeen onder julle en onder julle kampe, waar hulle ookal gevind kan word. Nou sal Ek meer van My planne en meer van My doel in hierdie sake openbaar. Ek het hulle reeds opgewek wat sal spreek en doen soos Elia, hulle vrees nie om enigeen van hierdie kinders van Satan uit te werp vanuit My kinders, My kampe, My huise van Israel, My Dogters van Sion nie! Onthou, MY HERDERS EN MY LEIERS, EK HET JULLE UITVERKIES! Nou gaan Ek julle teregwys, vermaan en tugtig, sodat My werk in julle voltooi kan word, want groot is die proewe wat julle sal tref wanneer julle My volk sal lei en laat wei deur hierdie en die donker dale wat nog gaan kom! Ja, My leiers en ja, My herders, hierdie teregwysings, vermanings en tugtiging sal groot pyn en nood van julle harte en siele veroorsaak, soos wat Ek julle sal lei na die nederige en berouvolle hart wat julle voortdurend sal moet dra deur hierdie en die tye wat gaan kom, om voort te gaan met die geestelike Jakobsleer tussen My en julle vir hierdie tye wat gaan kom. Berei voor vir hierdie skudding, weet dat dit met die grootste van My liefde is dat dit so moet wees, want wat Ek geestelik vir julle beplan het, is meer as wat julle nog selfs kan begin om te dink, so 'n groot is My planne en doelwitte vir julle! Neem kennis julle, My leiers en neem kennis julle, My herders, weet dat wanneer Ek, EK IS wat EK IS julle klaar tereggewys, vermaan en getugtig het, weet dit, julle leiers en herders, weet dat wanneer Ek, EK IS wat EK IS hierdie taak onder julle voltooi het, die vreugde waarmee Ek julle sal vul en die groot geestelike waarhede wat Ek, EK IS wat EK IS sal beskik vir julle, sal veroorsaak dat die hare van baie van julle koppe wit sal word. Julle sal aan die einde van hierdie toetse geestelik in My teenwoordigheid staan wanneer Ek hierdie en die ander geskenke skenk wat Ek vir julle voorberei het aan die einde van My teregwysings, vermaning en tugtiging aan julle. Soos wat Ek vir julle gesê het, dit sal groot pyn vir julle bring en in groot droefheid sal julle uitroep na My en in groot angs van hart sal julle bekeer van julle dade en julle verneder voor My gedurende My teregwysings, vermanings en tugtiging van julle. Weet en glo dat Ek, EK IS wat EK IS met julle is! Ek sal persoonlik julle hand hou deur die proewe wat julle sal oorkom en EK, EK IS WAT EK IS SAL NIE TOELAAT DAT JULLE VAL NIE, al mag dit dalk so lyk en alhoewel dit sal voel asof Ek julle verlaat het, dink aan My, Ek, EK IS wat EK IS, ja Ek, EK IS WAT EK IS, Skepper van alle dinge, hy wat voortgekom het van die altyd en ewige afgrond van nietigheid, voordat daar suiwer liefde was, toe, nou en vir ewig sal Ek, EK IS wat EK IS saam met julle wees! Julle is My seuns en My dogters! Ja, My straf mag ernstig lyk, maar weet dat aan die einde van My teregwysing, vermaning en tugtiging aan julle, julle ten volle sal verstaan waarom hierdie dinge so moes wees. Hierdie teregwysings, vermanings en tugtiging is om julle in volmaaktheid te bring voor My oë en in absolute suiwerheid van gees, liggaam en siel om My gebooie te gehoorsaam, My wette te gehoorsaam en om My woord en My woorde te gehoorsaam, so kompleet sal hierdie werk van julle suiwering wees! Dit moet so wees, want in die tye wat gaan kom, moet julle altyd en vir ewig bly en voortgaan in My teenwoordigheid, elke oomblik van elke uur van elke dag en nag moet julle in My teenwoordigheid wees om voortdurend My woorde te ontvang van waar Ek hulle ookal sal stuur, en wanneer Ek hulle ookal sal stuur, sommige van My af, direk na julle harte, en sommige van hulle wat Ek na julle gestuur het. So groot sal hierdie suiwering wees, dat julle vir ewig julle oë, julle ore en julle harte op My sal instel in hierdie voortdurende geestelike blik tussen My en julle. Hierdie dinge moet so wees, vir julle wat Ek uitverkies het, as My leiers en My herders om My volk te lei en om altyd ywerig te wees in alle dinge, deur hierdie en deur die tye wat gaan kom. My herders, My leiers, en ja, My kinders, My huise van Israel, My Dogters van Sion, weet dat gedurende hierdie tye van My teregwysings, vermaning en tugtiging van julle, dit sal lyk asof Ek julle verlaat het, wanneer julle julleself bevind in hierdie groot geestelike woestyne sonder horisonne van eensaamheid, hartseer en wanhoop, onthou tog dat Ek by julle sal wees! Ek, EK IS wat EK IS het hierdie geestelike woestyne voorberei vir My om alleen met julle te wees, sodat Ek, EK IS wat EK IS julle harte wyd kan oopmaak om alles te verwyder wat My beledig in julle take wat Ek vir julle voorberei het om te doen, soos wat Ek vir julle gesê het. Neem kennis dat meer woorde van My af na julle toe sal kom deur hulle wie Ek ookal sal kies om hierdie woorde na julle te bring en dan sal Ek My woord aan julle bring, selfs wanneer Ek direk in julle harte spreek, sal Ek, EK IS wat EK IS My woorde aan julle bring! Neem kennis dat Ek julle sal verfris, troos en aanmoedig langs hierdie paaie en julle nooit sal verlaat nie, net soos wat Ek vir julle gesê het! Skryf nou My woorde, ja MY WOORDE, Ek, EK IS wat EK IS, skryf My woorde aan hierdie leiers en hierdie herders en herinner hulle aan diegene onder My kinders wat Ek reeds voorberei het met die gees van Elia, nou en gedurende die tye wat kom, want in die laaste tye het Ek, EK IS wat EK IS baie Elia`s voorberei vir julle. Onthou hierdie woorde, My leiers en My herders, onthou om hierdie Elia`s te bemagtig om My wil te doen tydens die verwydering van hierdie bose en slegte kinders van Satan wat soos honger hiëna`s onder julle is! Hulle wat slegs daarna soek om julle te verteer deur die voortdurende, wellustige begeertes van hulle wellus en die voortdurende, wellustige begeertes van hul bose harte en verbeelding, hierdie bose en slegte kinders van Satan, hierdie kinders van Satan wat is soos wat hulle was in die dae van Noag en wat slegs daarna soek om die boosheid van hul harte en verbeelding voortdurend te vervul. Onthou julle ook soos wat Ek gespreek het deur die profeet Joël, dat Ek die jare sal herstel wat die sprinkaan geëet het. Ek, EK IS wat EK IS!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205